Browse Results

Showing 1 through 25 of 602 results

10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd

by Katrina Kahler

Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind.  Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem.  Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie.  ’n Wonderlike boek vir jong kinders!

100de Maniere vir jou om geld te verdien

by Bernard Levine Elmarié

Hierdie unieke boek wys jou honderde verskillende maniere waarop jy geld kan verdien. As jy 'n ekstra tweede inkomste wil ontvang….As jy meer geld elke maand in jou bankrekening wil sien….Dan is hierdie boek 'n lewensredder. Daar is soveel maniere waarmee jy in jou vrye tyd geld kan verdien en dinge te doen waarin jy goed is en wat jy liefhet. Daar is iets hier vir almal! Baie van hierdie wettige inkomstegeleenthede sal kontant in jou beursie sit, sonder dat jy jou huis hoef te verlaat. Om 'n gereelde kontantvloei in jou lewe te kry, het jy die kennis en wysheid nodig om te weet wat jy moet doen om dit vir jou te laat gebeur. Jy moet weet wat is die name van die maatskappye wat jou sal betaal. Jy het verskeie strome van inkomste en bronne van lopende kontant nodig, wat in jou bankrekening inbetaal word. En daar is meer as net een manier om geld te verdien. Die geheim van sukses is wat jy self daarvan maak. Jy is net 'n paar minute weg om te begin om gereeld dollars in jou bankrekening te ontvang. So waarvoor wag jy....Hierdie unieke boek sal jou honderde verskillende maniere en idees gee hoe jy 'n deurlopende vloei van ekstra inkomste in jou lewe sal kry!…. kies die geleenthede waarvan jy die meeste hou en laat jou inkomste begin!

150 Aanhalings Oor Sukses En Die Lewe

by Liezl Dreyer Wael El-Manzalawy

"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.

Aangaande Astrid

by Jean-Marie Kassab Zelna Naude

Geskryf in die eerste persoon, praat die roman oor die ontmoeting tussen die verteller, Francis en 'n vreemdeling, 'n vrou wat Astrid genoem word, op 'n strand. Francis is 'n desperate, onlangse bankrot biljoenêr wat kontak met sy familie verloor het, juis omdat hy daarna streef om ryk te word. Hy ondergaan deur die verhaal 'n persoonlike ontleding van sy geleidelike transformasie in 'n wrede werkalkoholis net om onbewustelik 'n ernstige pa te wees. Hy praat regdeur die roman duidelik oor sy angstig soeke na geluk wat hy tot dusver nie kon vind nie. Astrid, deur middel van sensitiewe en slim dialoog, help hom om sy hartseer te oorkom en om vreugde te vind op plekke waar hy nooit gesoek het nie. Francis word geleidelik verras deur die uiterste wysheid van hierdie vrou en haar aansteeklike "Joie-de-vivre" en eers in die laaste paar bladsye, weet hy dat sy 'n weduwee is, 'n weeskind, en dat sy haar oë verloor het in 'n ongeluk, en tog is sy gelukkig, ten spyte van haar beproewing. Francis se probleme word skielik futiel. Die boek eindig met 2 briewe, een van Astrid aan Francis gestuur om hom in te lig dat sy haar sig herstel het, danksy 'n onbekende kornea-skenker. Die tweede brief word deur Doris, Francis se vrou, aan Astrid gestuur om haar te vertel dat Francis oorlede is aan 'n hartaanval, maar dat hy "gelukkig" gesterf het, danksy haar hulp daardie dag op die strand, en dat hy [Francis] die onbekende skenker is. Samevattend het Astrid hom gehelp om te sien wat hy nie vir homself kon sien nie. Hy bedank haar deur sy kornea te skenk.

Aardrykskunde Graad 4

by Siyavula

A South African grade 4 textbook

Aardrykskunde Graad 4

by Siyavula

A South African textbook.

Abel en sy sussie se pop

by Eyobi Kitaw Fanie Viljoen Magdaleen Du Toit

Leesboek: Langer paragrawe

Abike se Dag

by Andries Du Plessis Catherine Groenewald

Leesboek: Hardop Lees

Afkop

by Fanie Viljoen

Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 2

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 1

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 1

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 2

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 3

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 4

by Siyavula

A South African textbook.

Afrikaans Huistaal Graad 9

by Siyavula

A South African textbook.

Afspraak met moord (Afrikaans Edition)

by Jana Marx

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg. Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was. Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank? Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Afvoer

by Edward Hendriks Adri De Necker

Moeg en teleurgesteld oor die lewe probeer Janne om in die bad te ontspan. Een-en-veertig jaar. Wonend in ‘n klein woonstelletjie. Verlate deur haar vrien. Die bliksem. Haar bene is slap, daar is te veel grys in haar hare. Om nie van die plooi op haar gesig te praat nie. Te oud om nog kinders te kon hê. Wat als gegee sou word om die horlosie te kon terug draai. Om die lewe ‘n ander wending te laan neem. Soms , net soms kom wense waar. Sien jy die stortputjie, waardeur die water in die afvoer kolk? Konsentreer jy op die beweging van die water. Gee jouself voor en laat jouself meevoer na die badkamers van jou verlede. Maar pasop vir wat jy doen. Jou keuses kan verreikende gevolge hê.

Aga verloor sy strepe

by Francois Keyser Elrika Keyser

Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Agtervolger: @@@center@@@AGTERVOLGER

by Johan Van Lill

Die pragtige Bolandse berge wink vier jong vriende om die naweek op 'n staptog daar deur te bring. Alles verloop glad en die viertal is skynbaar vrolik tussen die berghange op pad na hulle slaapplek. In die berge - en in die vier jong harte - skuil egter geheime. Ook die spookagtige bouval waar hulle slaap, bewaar sy eie geheime. En is daar werklik 'n geheime agtervolger op hulle spoor? Dinge verwikkel dramaties na 'n hoogtepunt: 'n reddingspan moet die vier te hulp snel, die geheime word ontrafel, romantiese harte word blootgele - en die berg eis vergelding vir misdade van die verlede. Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: inligting oor die outeur; 'n opsomming van die verhaal; woordverklarings van moeilike woorde; vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte; antwoorde vir die vrae; en 'n glossarium met letterkundige begrippe.

Al die prettige dinge is hier! Onthou jy?

by Bernard Levine

Onthou jy? Rock n roll en Elvis Presley, die hula hoop, Superman en Batman strokiesprente, Lucky packets, Levi jeans, Secret 7, Monopoly, Old McDonald, Barbie en Ken, Old Spice en Meccano stelle?

Alfa Erfgenaam

by Aj Tipton Juliet Perie

Die biljoenêr beer sal enige iets doen om sy smaaklikke geliefde te beskerm. Aantreklikke biljoenêr wisselaar Orson het alles behalwe sy vryheid. Sy pa, die stam-famielie se Alfa, dwing Orson om met 'n vrou te trou wat hy nie lief het nie, om die verkeie stamme se eenheid sterker te maak. Wanneer hy Casey ontmoet, die pragtige, vol figuurde vrou van sy drome, nooi hy haar na sy luukse huis in die woud. Het hy uiteindelik sy inspirasie gevind om te veg vir sy vryheid...en vir liefde? Casey droom daarvan om haar deeltydse speysenier onthaale in 'n regte besigheid te verander. Sy is amper so lief daarvoor om mense te voer as om wat sy dit haat om vertel te word dat sy nie goed genoeg is oor haar grote. Waneer die misterieuse en seksie Orson in haar lewe in loop verander alles. Weg gevoer in 'n wêreld van uitstaande luuksheid en stryende bere, kan Casey oorlewe in die opwindende lewe van haar nuwe liefde? Die novelle het alles, smaaklikke kos, hartverskeurende wisselaar gevegte en 'n liefde so warm jy sal brand. Die SELFSTANDIGE novelle is deel van die "Beer wisselaar biljoenêr" reeks wat in enige volgorde gelees kan word. Elke boek is kompleet en jy hoef nie te wag om uit te vind wat gebeur nie. Dit eindig soos dit moet: gelukkig vir altyd.

Refine Search

Showing 1 through 25 of 602 results