Browse Results

Showing 126 through 150 of 607 results

150 Aanhalings Oor Sukses En Die Lewe

by Liezl Dreyer Wael El-Manzalawy

"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.

Destiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie

by Liezl Dreyer Teddy Rose O'Malley

Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.

Die Bewaarder se Towerboek

by Liezl Dreyer Rain Oxford

Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie. Toe hy 'n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.

Bloed Demoon: Wraak

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.

Bloed Maan Oor Afrika

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Afrika, 'n plek waar bygeloof en toordery diep loop, 'n plek van skoonheid, maar waar die dood in die skadu skuil. 'n Land gehul in misterie met antieke oortuigings wat prut net onder die oppervlak - gestel om te bots op 'n pad met moderne Westerse idees. 'n Onskuldige daad ontsluit 'n gruwel wat in die Afrika-nag loop ... onder die volmaan ... en niks is veilig. Piet van Zyl, safari eienaar, bevind homself ingetrek word in 'n wêreld van waarsêery, en kom van aangesig tot aangesig met 'n riller wat teruggekeer uit die graf. Met die ondersteuning van Veronica Strydom, en haar uitgebreide kennis van Afrika-kultuur, moet hy die nag bevry van die gruwel, of sterf deur te probeer.

Bloed Spoor in die Donker

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees. Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.

Die Duiwel in Eden

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Wanneer die Afrika nag op sy donkerste is, jag hy juis die mense wat hom jag. Piet van Zyl, safari jagter, moet sy vrou, Peggy verlaat, alleen op hulle kleinhoewe. Hy moet 'n moordenaar wat skuil in die skadu konfronteer, wat die duiwel genoem word deur die vreesbevange mense waarop dit jag. 'n Vinnige pas aangee riller wat jou op jag sal neem vir 'n mensvreter, en jou die nag inlei van waar jy dalk nie kan terugkeer nie.

Die Rook wat Donder

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Piet en Peggy, saam met hulle baba dogter, Heather, staan op die punt om 'n gas te kry by hulle safarikamp huis ... Die versorging van hulle vriende se dogter vir 'n paar dae sal maklik wees. Piet, die grof en harde safari eienaar, het Oom Piet geword vir die klein Debi van die dag af wat hy haar veilig uit die wrak van die vliegtuig gebring het waarin haar ouers verongeluk het. Terwyl die donderweer rol oor die Afrika hemelruim, en 'n waarskuwing stuur aan diegene wat sou omgee om ag te slaan op die magtige Zambezirivier wat vorentoe beweeg soos 'n stootskraper, met niks om dit terug te hou nie ... Kan Piet die kind red van die woedende waters van die magtige Zambezi voordat sy oor die valle stort met die tuimelende waters en bose rotse onder?

In Die Duisternis

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Piet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom. Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.

Laguns Die Eensame Meermin

by Petro Ebersohn Dan Alatorre

'n Heerlike prenteboek met oulike sketsies. Laguna die Eensame Meermin vertel die verhaal van 'n eensame. jong meermin wat aan 'n manier moet dink om gestrande seerowers te red. Deur ander te help, maak sy nuwe vriende.Ideaal vir ouers om aan voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is, om aan hulle ouers voor te lees! Dit sluit voorstelle in vir ouers om lees pret te maak vir hulle kinders.

Geagte Skrywer

by Petro Ebersohn Matthew W. Grant

Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.

Projek Apex

by Elaine Michael Bray

Wat as die mens se eerste kennis die resultate van sy eie verwoesting beteken? Van die beste verkoper van die Whisper Trilogy kom die nuwe boek. Richard Draven is 'n wetenskaplike wat geintreseerd is in die helende einskappe van spesies en die oordrag aan die mensdom. toe hy 'n nuwe aapspesie ontdek met regenerasie vermoeë, het hy geen idee wat se kettingreaksie sy verslag tot gevolg sou hê nie. ses jaar later, is Draven se navorsing in die praktyk gebruik.Die regering het 'n virus gemaak wat op die mens gebruik is. Sy funksie- om die weermag sterker, vinniger en beter te maak om die konflik globaal te verbeter. iets was egter nie pluis nie. verskeie verslae en getoon dat die virus 'n snaakse uitwerking op die mense het wat daaraan bloodgestel is, en het die mense in beheer baie senuweeagtig gemaak. Soos die Apex groep kontak verbreek en nie meer bevele gehoorsaam nie, en die regering onraad vermoed. Joshua Cook was die alpha, die eerste wat aan die virus bloodgestel is en suksesvol gebind het. Joshua was moeg vir die mensdom, moeg vir hulle vernietigende natuur. Hy het 'n plan, een om die bord skoon te maak en die minder gegoede inwoners van die aarde te vee, en dan te vervang met sy eie volk. Soos die diepte van Joshua aan die regering duidelik raak is hulle genoodsaak om hulle tot Richard Draven te wend om 'n mannier te kry om Joshua se groeiende weermag te stuit voor hy die mensdom van die aarde kan uitwis. In die tradisie van skrywers soos Micheal Crichon, Joe Hart en James Patterson, is Projek Apex 'n spanningsvolle, globale riller, wat plaas vind oor verskeie lande met gevlegte tydlynne, van die regeringstaat Washington, tot die gopse van Mumbai en die brandende hitte van die Irakkiese woestyn, Projek Apex bied kleurvolle kerakters, met hulle eie motivering en hoofreded wat 'n storie vertel van menslike konflik wat tydens 'n globale gebeurtenis terugval na die primitiewe wat onderdruk was deur gemeenskap sos die wêreld om hulle verkrummel

Die Weerwolf van die vloot

by Elaine Jonathan P. Brazee

Privaat Eerste klas Aiden Kaas het by die Mariene aangesluiot vir al die verkeerde redes. Na ontplooing na Irak op negentien, wou hy net sy toer klaar maak. Maar nadat hy deur 'n waarskynlike mal majuhideen gebyt is, ly hy aan 'n seldsame siekte , een met nagevolge wat hy nie in sy woldse drome sou kon voorspel nie. En die siekte het hom aan groter gevare bloodgestel as wat sy onplooing ooit kon. Aiden besef wat dit beteken om 'n man te word, en hoe hy tot verhaal moet kom met wat hy geword het. Waarskuwing: Boek bevat dele met geweld en seks.

Oorkant die Straat

by Kurt Ellis Kate Boyes

Storybook

Sy is veilig

by Emma Van Der Walt

My stryd teen die seksbedryf en mensehandel om God se dogters te red Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou van God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to Love. Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van dié euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied. Emma en haar span werk sy aan sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef. Sy is veilig word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie. Suid-Afrika se berugtheid as die bron, deurgang en bestemming van mense- handel is deeglik gedokumenteer deur navorsers, joernaliste en stenograwe wat slagoffers se ontstellende getuienis in howe transkribeer. Dit is op hierdie gevaarlike speelgrond wat Emma haar verskyning maak. Met haar oë op die kruis gerig en haar voete vas op die grond, stuur sy doelgerig voort. – MARCEL VAN DER WATT, Ph.D., Voormalige Valke-ondersoeker van sekshandel, Navorsingsgenoot: Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, Universiteit van die Vrystaat Iemand het op ’n keer gesê: “Sonder bewustheid is daar geen verandering nie.” Ná die lees van hierdie boek, kan niemand onkunde pleit nie. – YVONNE RETIEF, skrywer van Genesing vir trauma

Misdaad oor Grense: Tommie Franken (Afrikaans Edition)

by Lukas Engelbrecht

Verhaal oor 'n Dwelm Smous.

DIE POORT: boek 1 – BEWAKERS

by Nelia Engelbrecht

"Die poort is oop." Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar lewers in 'n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. "Jy het haar ook gesien," sê sy. "Hulle het haar kom haal." Sy trek haar ogies nog kleiner "Die stomme baba Hy gaan nou sonder ʼn ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. 'n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. "Ek weet nie wat Tannie ..." 'Jy wéét," val sy my in die rede. "Jy sién. Nes ek." Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 2 – REISIGERS

by Nelia Engelbrecht

Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit? Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 3 – HELERS

by Nelia Engelbrecht

Dan glimlag Leonardo. "Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het. ek sal moot na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is." Hy begin wegstap. "Kom jy, Kali?" roep hy oor sy skouer. "Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lug ha we toe ry nie." Ek soen Zak sag op sy wang. "Ek mis jou al klaar." Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. "Kali, ek is het vir jou en ek sal nie toelaat dat iets ..." Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug ... of iemand tussen ons kom nie." "Niks sal ooit tussen ons kom nie. Zak." is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

DIE POORT: boek 4 – KRYGERS

by Nelia Engelbrecht

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het. het ek mag oor jou." Hy kyk minagtend na Leonardo: “Julle emosies is julle swakheid: julle ondergang." Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. 'n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig Ek knip my oë en die pers verdwyn. "Om vir mekaar om te gee. maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is me 'n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry me.' Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit 'n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewaker-kring vir altyd kan vernietig.

Die pratende sak

by Tariek Erasmus Wiehan De Jager

Leesboek: Langer Paragrawe

Ek en my groot familie

by Elzanri Esterhuizen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Sinne

Die eerste man en eerste vrou

by Ezelle van den Berg Jemma Kahn

Leesboek: Langer Paragrawe

Refine Search

Showing 126 through 150 of 607 results