Browse Results

Showing 601 through 607 of 607 results

Een Nag in Die Paradys

by Maisey Yates

CLARA PARSONS kyk na die grootliks ongeëte koek. Drie lae met blou versiersel wat net ’n paar uur gelede perfek glad was voordat twee mollige handjies hande vol uit die kant gegrawe het. “Dis die mees oordadige koek wat ek nog ooit op ’n eenjarige se verjaardagparty gesien het,” sê Zack, en betrag die krummels wat die kombuisvloer vol lê. “Ek dink nie Colton het die helfte daarvan geëet nie. Hy het meestal daarmee gemors.” “Dis wat ’n kleintjie doen, Zack.” “Hy slaap. Ek dink ons het hom in ’n suikerkoma gesit. In elk geval, mens kry seker net een eerste verjaarsdag. Jy kan dan net so wel laat waai.” Clara kyk weer na die koek. “Dit laat my dink aan ’n ander koek wat ek gebak het en wat nie regtig geëet is nie. ’n Troukoek.” “Ek is steeds baie dankbaar daardie een is nooit gebruik vir die doel waarvoor dit bestem was nie.” “O, ek ook. Want dan het ons nie ons troukoek, of ons troue, gehad nie.” “Of ons seun,” sê Zack. “Alles in ag genome, was dit dus ’n taamlik belangrike ongeëte koek.” Zack kom nader en trek haar teen sy lyf. Dan laat rus hy sy voorkop teen hare. Soos altyd wanneer sy na hom kyk, gaan staan haar hart ’n oomblik. Dit was so van die oomblik dat sy hom ontmoet het. “Heelwat het sedert daardie dag verander,” sê hy en druk ’n soen op haar lippe. “Sommer baie,” stem sy saam. “Weet jy wat het dieselfde gebly?” “Wat?” “Jy is steeds my beste vriendin.” Sy soen hom, hierdie keer inniger en haar borskas swel van liefde. “Jy is ook my beste vriend.”

Een nag se waagstuk (Modern) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

“DIT was ’n pragtige troue,” sê Leah. “En dit het uiteindelik plaasgevind,” voeg Ajax by. “Jy is so sensitief soos ’n stomp voorwerp,” sê Leah terwyl sy breed vir haar man glimlag. Ajax haal sy skouers op en draai na Alex wat ’n pak aanhet, sy das losgeknoop en sy twee maande oue seun in sy arms. “Is ek onsensitief, broertjie?” Alex haal sy skouers op en kyk na sy seun. Liam het vrede daarmee dat sy ouers so pas getroud is. Alex se hart swel van liefde en trots, bly dat sy seun soveel familielede het wat hom liefhet. “Ja, maar dis deel van jou sjarme.” “Moenie hom aanmoedig nie, Alex,” sê Leah. Rachel keer terug, ingehaak by haar pa. Hulle het nou net klaar gedans en Rachel straal behoorlik. Haar lyf is voller as voor die geboorte, haar wange rond. Hy is mal daaroor. “Hoe lekker,” sê Joseph Holt, “om al my kinders en my kleinseun saam op een plek te hê.” Alex se hart klop warm. “Ja, dit is.” “Kan ek my kleinseun vir ’n oomblik steel?” vra Joseph. “Ek verruil jou bruid vir hom.” “Reg so.” Hy oorhandig Liam aan die ouer man, neem Rachel se hand en lei haar op die dansvloer. “Hierdie troue is baie meer jy,” sê hy en kyk na die eenvoudige dekor. Na die helder kleure. Dit spreek van geluk. Net soos sy vrou. “Ja,” sê sy. “Maar saam met jou is ek ook baie meer myself.” Hy soen haar neus. “Ek is bly. Dis wonderlik wat kan gebeur as ’n mens liefde begin verstaan. Wanneer jy woede daarmee vervang.” “Ek is bly jy het, Alex, want jy het soveel liefde om te gee.” “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie,” sê hy, sy vrou in sy arms en sy seun naby. “Dan het ons ’n nuwe doelwit,” sê sy. “Wat is dit?” “Om elke dag selfs meer geluk te vind.” “Saam met jou, Rachel, sal dit nie moeilik wees nie.”

Sing Ons Nou Van Kersfees

by Michael D Young Petro Ebersohn

Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.

Fluistering in die Wind

by Paul Zunckel

Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.

Sara se kano

by Anita Van Zyl Rachel Greer

Leesboek: Langer Paragrawe

Sisanda se geskenk

by Anita Van Zyl Jiggs Snaddon-Wood

Leesboek: Hardop Lees

Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

by Jm Van Zyl

Bella het nie verwag dat die weeshuis so vreemd sou lyk nie, net soos sy ook nie verwag het dat al die stories wat Ouma haar vertel het waar sou wees nie, of dat die onsigbare monster wat hulle bekruip regtig bestaan nie...

Refine Search

Showing 601 through 607 of 607 results