Browse Results

Showing 76 through 100 of 607 results

Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)

by Marijke Greeff Miriam Telanie

Na 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.

Haar vreemde besoeker (Afrikaans Edition)

by Bep Du Toit

Ingrid kan uiteindelik nie met die man trou wat so onwillig was om te trou nie. Sy word oornag die voog van haar suster se twee kinders. Maar hulle het ’n ryk en aantreklike oom …

Kortpad na haar hart (Romanza)

by Jolene De Koningh

Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie ... maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier’s moeilikheid, want haar hart roep na syne.

Eenkantman (Afrikaans Edition)

by Jolene De Koningh

Rulanda Muller, 'n toegewyde beroepsvrou, besef sy wil tog 'n man he, spesifiek vir Chris Weyers - ouer, wyser, wat nie bedreig voel nie. Hy reken hy's te oud vir haar, en sy venynige tweelingdogters gryp ook in.

Liefste kollega (Afrikaans Edition)

by Joléne De Koningh

Daar is ’n vonk tussen haar en haar nuwe baas en Ani weet haar hart is in gevaar. Wanneer Igna haar volgens ’n ou Suid-Amerikaanse wyse vra om te trou, het sy tien dae om hom die jawoord te gee …

'n Nuwe begin

by Christine Le Roux

’n Jong vrou ly ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aangename persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

Romanse in Beserinstyd (Romanza)

by Cecilia Nortje

Toe Annalize hoor sy het ’n breingewas en het net twee jaar om te leef, besweer sy haar vrees vir die dood met ’n voorneme om voluit te leef. En sy laat toe dat sy vir ’n mansoek-realiteitsprogram ingeskryf word.

Bloedbande: Elke huis het sy kruis

by Jeanette Stals

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie. Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Katoog

by Jeanette Stals

Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?

Vermis

by Jeanette Stals

Toe ’n Londense ma en pa een oggend in Stellenbosch opstaan, is hulle dogter net weg uit haar kamer in die gastehuis waar hulle tuisgaan. Tieners doen sulke goed. Hierdie een is nie ’n uitsondering nie, al is sy ’n belowende violis. Maar dis gou vir speurder-sersant Luna Joubert duidelik dat hierdie meisie teen haar wil hier weggeneem is en nie gaan terugkeer nie. Dit is net die begin van ’n nagmerrie vir die twee ouers en die meisie. Luna maak nie op instink staat nie – altans, nie net daarop nie – maar iets omtrent die ouers se beste vriend in hierdie stad is ook nie pluis nie. Of is dit met die vriend en die ma wat die fout is? Hoekom het die verdwene meisiekind se ouers nie geweet van haar nagtelike besoekie die aand voor sy weggeraak het nie en het hulle inderdaad nie geweet nie? Toe moetiemoorde en seksslaafhandelaars genoem word, blyk dit die werklikheid kan veel erger as bespiegelings wees ... Jeanette Stals het ná ligter romans haar hand beproef aan die speurroman. Vermis volg op Katoog, waarin Luna haar verskyning gemaak het. Die volgehoue spanning en aksie in Stals se speurromans hou haar leser gevange van begin tot einde.

Om Weer Te Droom

by Elsa Winckler

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Omdat alles sin maak by jou (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir ’n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin.

Omdat jy my gesoen het (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.

Ware noord

by Elsa Winckler

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Die dooies praat nie

by Michelle

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: hoe diep wil hy betrokke raak?

Kanåan

by Sophia Kapp

Sy is 'n rykmansdogter uit die Engelse elite in Johannesburg; hy is 'n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar wanneer Catherine se lewe in duie stort en sy alles verloor wat sy geken het, is Chrisjan daar om vir haar 'n heenkome te bied. Op Kanaän word sy gekonfronteer met die wreedheid van die natuur, die vooroordeel van die Afrikanergemeenskap en die onverdraagsaamheid van mense wat anders dink as sy. Maar sy leer ook die kosbaarheid van die lente ken, van die goedheid van vriende, en boweal van die liefde wat so stil in haar kom groei het. Al wat sy nie weet nie, is hoe om die verlede ongedaan te maak sodat sy hierdie liefde waardig kan wees. Ná verskeie topverkopers op haar kerfstok is Kanaän Sophia Kapp se eerste historiese roman. Onreg teenoor vroue wat sentraal gestaan het in haar vorige werk, brei in Kanaän uit na vooroordele gegrond op ras en geloof, na die pyn wat mense mekaar kan aandoen maar ook na die wonderwerk van goedheid wat genees.

As dit voel soos liefde

by Didi Potgieter

Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél … Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie. Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag. Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie. Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Wêreld van Wolwe: Tweede Asem

by Fanie Viljoen

"Dis weird om te weet jy is ʼn weerwolf. Maar dis ook cool." Joshua Reinders se lewe het ʼn wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ʼn weerwolf. Maar dit bring ook ʼn nuwe probleem: Sy pa mag glad nie daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ʼn weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos die gruwelike wolf wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla ʼn groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry.

Elmar Steyn

by Die Kaapse Vlinder

Storie oor die Kaap

Liefde in die tyd van Corona (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

E-rotika liefdesverhaal.

Marlet se droomman

by Bets Smith

Haar droomman loop haar lewe in sonder dat Marlet dit beplan het. Hy is alles wat sy ooit wou hê. Maar hy weet nie van die donker geheim in haar lewe oor waar sy vandaan kom nie. Al wat hy van haar weet, is dat sy suksesvol en kreatief en vir hom die dierbaarste ding is. Dit skok haar dat hy ook nie is wie sy gedink het hy is nie. En dat hy blykbaar meer van haar weet as waarvan sy bewus was. Met haar liefdesdrome sowel as haar professionele drome aan skerwe, bly daar nie vir haar veel oor nie. Maar 'n droomman gee nie so maklik iets kosbaars prys nie.

Omdat jy jy is (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oë nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap …

Amper 'n bruid

by Magdaleen Walters

Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

As Liefde Ontwaak (Satyn)

by Elsa Hamersma

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te help nie ... Maar sal Meyer ooit die tragiese dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?

Die Skarlaken Ruiters (Sahara Avontuur Reeks) (Afrikaans Edition)

by Meiring Fouche

Kaptein D’Arlan van die Franse Vreemdelegioen en twintig van sy uitgesoekte manskappe is op pad om ’n medalje aan ’n ou Arabier in die Sahara woestyn te gaan oorhandig. Die rede, omdat die betrokke Arabier se stam al vir sewentig jaar lank in vrede saamleef met die Vreemdelegioen. Op pad soontoe sien hulle in die verte hoe ’n kameel karavaan aangeval word deur honderd-en-vyftig legioensoldate. Asof die feit dat dit Legioensoldate was, nie erg genoeg is nie, tel Teuns Stegmann, die blonde Suid Afrikaner in die legioen iets in die sand op, wat die raaisel net verder verdiep. By die oase van die Arabier wat hulle moet vereer, word hulle aangeval deur die vredeliewende Arabiere en ontdek dan dat hulle jong vrouens, mans en kinders deur legioensoldate weggevoer is. Groot verwarring heers en D’Arlan besluit om eers die nag daar deur te bring, voor hy die saak verder gaan probeer oplos. Gedurende die nag word hy en sy manskappe egter deur die ander legioensoldate oorrompel en na ’n geheime tente dorp, in die middel van die woestyn geneem. Daar word hulle deur ’n Duitser onder hipnose geplaas en so gedwing om Arabiere opleiding te gee met ’n geheime wapen. Kort voor lank daag El Karima, die wit vorstin die Doelaks op en neem almal na haar hoofstad Doetra. Sy is nog steeds verlief op manskap Teuns Stegmann en weens sy hipnose trakteer sy hom in haar paleis, terwyl sy medesoldaat opleiding gee aan die Arabiere. Weens die “verraad” van die legioen wat Arabiese stamme aanval en hulle mense ontvoer, besluit al die Arabiese stamme om saam te staan en trek hulle op in hulle duisende na die fort Dini Salam, wat hulle omsingel. Kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam kry op ’n snaakse manier ’n boodskap van sy kaptein se verraad met die Arabiere en moet hy hom en sy fort dringend voorberei vir die aanval wat gaan volg, om hulle almal uit te wis. Teuns Stegmann word genadiglik verlos van sy hipnose deur een van sy vriende en besef dan dat hy so gou as moontlik moet uitkom by fort Dini Salam, om die kolonel daar te waarsku van die toedrag van sake. Met sy dapperheid en vindingrykheid kry Teuns dit uiteindelik reg om met sy manskappe te ontsnap vanaf Doetra, maar die legioensoldate wat hulle vantevore ontvoer het en ook El Karima se Doelaks is kort op hulle hakke. Op hul jaagtog om eerste by Dini Salam te probeer uitkom, ontdek hulle iets in ’n grot wat almal groot skok van verbasing. Intussen word Dini Salam aangeval deur sowat twintig duisend Arabiere en moet kolonel Le Clerq en luitenant Juin alles in hulle vermoë doen om die een wrede aanval na die ander te probeer stuit. Hulp vanaf die hoofkwartier word geweier en dit wil voorkom of fort Dini Salam verdoem is tot ’n nederlaag, maar dan gebeur daar iets baie eienaardigs onder die Arabiese hordes wat om fort Dini Salam saamgetrek is ...

Refine Search

Showing 76 through 100 of 607 results