Browse Results

Showing 1 through 25 of 694 results

'N Sigeuner se Kersfees Soen

by Dawn Brower

Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil. Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket. Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.  

'N VLERMUISIE VIR KERSFEES (Afrikaans Edition)

by Annico Van Vuuren

Annico van Vuuren se hartroerende verhaal oor die lief en leed van Burg en Loelie is ‘n moetlees vir elke storieliefhebber! Burg is self gewond, maar bring sy gewonde makker deur die vyand se spervuur na veiligheid – tog bly die lewe en sy eie mense hom stief behandel. Of so ervaar hy dit altans. Ná sy ma se dood probeer Maria die groot leemtes in sy gemoed vul – maar Maria is self vol vrese en dra dit ook nog op hom oor. ‘n Nuwe katastrofe tref hom by die mense waar hy bly, en terug by die huis is sy pa weer getroud: net, hy en ma Griet kan geen aanklank vind nie. Dis ook nie die einde van die ‘boosheid’ wat hom ry nie. Soos ‘n tolbossie word hy tot op Wilgersdrif gewaai – waar hy in die bank begin werk en matriek deur ‘n korrespondensiekursus slaag. Toe, twee dae voor Kersfees, kom haal ou weduwee De Beer soos elke jaar haar pêrels uit die bank se bewaarkluis – en toe is sy wêreld weer opnuut onderstebo. Burg en sy afgeleefde blou Volksie beland daarná op ‘n mallemeul van spanning en avontuur wat al doller begin draai. Daar is ook nie vir hom afklimkans nie, want by elke moontlike stilhouplek skuil die polisie, drie jong bankrowers en ‘n ouerpaar wat wag dat Burg ‘n losprys vir hulle ontvoerde Loelie – vier, amper vyf – moet eis. Eers toe Burg met die wysheid van Loelie se ogies begin kyk, en ‘n vlermuisie as Kersgeskenk van haar kry, kan hy sy eie hart gee en van die mallemeule afklim. ‘n Vlermuisie vir Kersfees is ‘n moetlees vir jonk en ook vir oud – van alle ouderdomme! waar die spanning boogstyf staan – maar ook ‘n leesavontuur wat die leser tot die besef bring: ‘n mens hoef nie te praat nie: jy kan maar net jou mense liefhê.

'N VREEMDE STRIK

by Susanna M Lingua

Yvonne Duval staan voor 'n kruispad: trou sy met Ryan Bergamn, casinobaas, magnaat en wildvreemdeling, word haar stiefpa van sy dobbelskuld onthef. Stem sy nie in nie, gaan Erik tronk toe. Ryan kan alles met geld koop ... maar ken hy die prys van 'n vrou se liefde?

'n Aand in Tussenwêreld: Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring (Tussenwêreld #1)

by Owen Jones

'n Aand in Tussenwêreld Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa. Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het. ‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld. Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!

'n Alfa se Domein

by Aj Tipton Ella Du Plooy

'n Biljoenêr ysbeer-verwisselaar draai die hitte oop in sy betowerende yshotel. Biljoenêr verwisselaar Ben Broyles word geteister deur sy tragiese verlede. Hy bou 'n betowerende yshotel as 'n toevlugsoord vir die bonatuurlikes in 'n gevaarlike wêreld. Wanneer die bose kabouters wat verantwoordelik was vir sy familie se moord by die hotel inboek, is Ben vasberade om hulle te keer voordat hulle alles vernietig wat hy opgebou het. Met sy hotel en lewe op die spel, moet Ben sy vyande stop voordat dit te laat is. Sally is die kurwerige en bekwame bestuurderes van die Wondernasium Yshotel wat dink dat sy alles kan hanteer. 'n Hele mengelmoes van bonatuurlikes wat vuurballe skiet in die voorportaal? Hanteer. Gaste wat prober die ander gaste opeet? Geen problem nie. Maar daar is een ding wat Sally nie kan hanteer nie: Haar begeerte vir haar baas. Wanneer 'n stomende ontmoeting in Ben se kantoor haar hele wêreld onderstebo keer, moet Sally besluit of sy die towerkrag in haar wil omhels of wegvlug van haar ware self. Dit is 'n paranormale romanse vir volwassenes wat sexy verwisselaars, plofbare towerkrag en 'n werkplek romanse insluit wat so warm is dat dit selfs die koudste hart sal smelt.

'n Amerikaner in Rome

by Claudio Ruggeri

Die lewe is gemaak vir ontmoetings, in hierdie boek word daar van een so ontmoeting vertel. Dit is 'n eenvoudige storie, een wat tydens 'n somermiddag oor die tafels van 'n kroeg gehoor kan word

'n Baie lang man

by Cornelius Gulere Catherine Groenewald

Leesboek: Vlak – My Eerste Sinne

'n Eier vir bruidskat

by Wiehan De Jager Talita Raal

Leesboek: Hardop Lees

'n Feë verhaal

by Katrina Bowlin-Mackenzie Liezl Dreyer

'n Skaam meisie sit alleen met feëtjies as haar enigste vriende, todat hulle haar leer om te glo in haarself. Baie kleur en lewendig.

'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse

by Geoff Wells Vicky Wells Corlia Jones

" 'n Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse " is ‘n samevatting van inligting wat nie net die wonderlike voordele van die insluit van versapping, rou kosse en Superkosse in jou dieet beklemtoon nie, dit bevat ook meer as 30 lekker en maklike resepte om te volg. Dit is die eerste stap op jou reis om die beste opsies vir 'n gesonde lewenstyl te vind. Die skrywers, Geoff en Vicky Wells, het reeds hierdie reis begin en sien merkwaardige resultate. Hulle is bewus daarvan dat daar 'n toenemende groep mense is wat op soek is na natuurlike oplossings vir hul gesondheidsprobleme en het probeer om 'n aantal oplossings uit hul eie ervarings te verskaf. Die items wat aanbeveel word, kan maklik gevind word in enige plaaslike boeremark of kruidenierswinkel. As jou inkopies behoorlik beplan word, sal dit nie jou inkopiesbegroting onder druk plaas nie. Beide die inligting en lekker resepte in hierdie boek is 'n moet-hê vir enige individu wat optimale gesondheid wil bereik. Dit dien ook as 'n verwysing vir diegene wat net die voordele van versapping, rou kos en Superkos-dieet begin ondersoek. Nou is altyd die beste tyd om jou reis te begin na 'n fikser, langer, gesonder lewe. Hier is net 'n paar opskrifte uit ons gekoppelde inhoudsopgawe Wat Is Versapping? •Tipes versappers Wat Is ‘n Rou Kos Dieet? •Eet Ek Niks Anders As Rou Kos Nie? Wat Is Superkosse? •Sommige Hoogs-Gegradeerde Superkosse Wat Is Die Voordele Van Versapping? •Versapping Help Gee Jou Immuniteitstelsel 'n Hupstoot •Versapping Help om Jou Verteringstelsel Skoon te Maak •Versapping Help Jou om Gewig te Verloor •Versapping Gee Jou Meer Energie •Versapping Help om Jou Vel te Verbeter en Hou Jou Jonk Lyk •Versap

'n Klein Saadjie: Die verhaal van Wangari Maathai

by Nicola Rijsdijk Monique

Leesboek: Langer paragrawe

'n Kristal Engel

by Dawn Brower

’n Dronk belofte van verlowing het Thor se familie teen hom gedraai. Sal Thor Pia se vergifnis verdien en hulle weghardlopende kinders betyds vir Kersfees vind? Na 'n nag van kaarte en drinkery, was Thor se skeurende hoofpyn die minste van sy bekommernisse. Wanneer 'n boodskapper opdaag met 'n kontrak vir hom om te teken, ontdek sy vrou Pia hy het ingestem om hulle seun aan die graaf van Devon se dogter te verloof. Pia is verby woedend en eis dat hy dit regmaak—of anders. Nadat hulle die argument tussen hulle ouers gehoor het, besluit die tweeling Liam en Lily om weg te hardloop uit protes teen die kontrak. Thor en Pia gaan op soek na hulle opstandige kinders voordat iets verskrikliks met hulle gebeur. Sal Thor Pia oortuig om hom te vergewe en die tweeling voor Kersfees te vind, of sal hulle gesin vir altyd uitmekaar val?

'n Mens kan nooit genoeg dankie se vir Jesus nie

by Bernard Levine

Hierdie boek maak die leser weer attent op Jesus en Sy goedheid en genade. Dit bring 'n vars blik op die eenvoudige ingesteldheid wat 'n mens op die lewe behoort te he, om sodoende 'n geseende lewe te kan geniet.

'n Nag van Angs: @@@center@@@REËNBOOGRANT MAATS: 'N NAG VAN ANGS 4 (Reenboogrant-maats Ser.)

by Maritha Snyman

Sunette is moeg daarvoor om te wonder of Pierre van haar hou. Sy weet Johan stel in haar belang, en hy's nogal oulik. Daarom is Sunette baie opgewonde toe haar eksperiment gekies word vir die wetenskapkompetisie. Sy en Johan en Tina moet die streekuitdun bywoon, en dit beteken sy kan saam met Johan agter in juffrou De Wet se oulike nuwe Volksie ry. Maar op pad van die kompetisie af, loop dinge lelik skeef...

'n Nuwe begin

by Christine Le Roux

’n Jong vrou ly ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aangename persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

'n Nuwe bruidegom

by Alma Carstens

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie.

'n Vrou soos Madelyn

by Elmar Steyn

Liefdesverhaal

'n Warm Saterdag

by Fanie Viljoen Nombulelo Thabane and Tessa Welch

Leesboek: My Eerste Paragrawe

'n Week se Italiaanse kookgenot

by Claudio Ruggeri Clarien Kurzepa

Maklike en smullekker tradisionele Italiaanse resepte geskryf deur 'n Italianer wat deur sy ma se heerlike kos geïnspireer is.

'n Wereld sonder hom

by Christine Le Roux

Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.

10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd

by Katrina Kahler

Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind.  Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem.  Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie.  ’n Wonderlike boek vir jong kinders!

100de Maniere vir jou om geld te verdien

by Bernard Levine Elmarié

Hierdie unieke boek wys jou honderde verskillende maniere waarop jy geld kan verdien. As jy 'n ekstra tweede inkomste wil ontvang….As jy meer geld elke maand in jou bankrekening wil sien….Dan is hierdie boek 'n lewensredder. Daar is soveel maniere waarmee jy in jou vrye tyd geld kan verdien en dinge te doen waarin jy goed is en wat jy liefhet. Daar is iets hier vir almal! Baie van hierdie wettige inkomstegeleenthede sal kontant in jou beursie sit, sonder dat jy jou huis hoef te verlaat. Om 'n gereelde kontantvloei in jou lewe te kry, het jy die kennis en wysheid nodig om te weet wat jy moet doen om dit vir jou te laat gebeur. Jy moet weet wat is die name van die maatskappye wat jou sal betaal. Jy het verskeie strome van inkomste en bronne van lopende kontant nodig, wat in jou bankrekening inbetaal word. En daar is meer as net een manier om geld te verdien. Die geheim van sukses is wat jy self daarvan maak. Jy is net 'n paar minute weg om te begin om gereeld dollars in jou bankrekening te ontvang. So waarvoor wag jy....Hierdie unieke boek sal jou honderde verskillende maniere en idees gee hoe jy 'n deurlopende vloei van ekstra inkomste in jou lewe sal kry!…. kies die geleenthede waarvan jy die meeste hou en laat jou inkomste begin!

150 Aanhalings Oor Sukses En Die Lewe

by Liezl Dreyer Wael El-Manzalawy

"Mislukking kan jou vernietig as jy swak is, maar as jy sterk is kan jy mislukking vernietig" -Wael El-Manzalawy Een aanhaling kan 'n hele hoofstuk opsom. Hierdie boek bevat sowat 150 aanhalings deur talle internasionale denkers.

ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)

by Hannah Howe

Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring.  Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks,  voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou.    Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop.  En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie. 

Refine Search

Showing 1 through 25 of 694 results