Browse Results

Showing 101 through 125 of 694 results

Bybel vir Beginners: 'n Basiese Gids vir Beginners

by Brian Gugas

Regdeur die jare het mense na die Bybel gedraai vir leiding en hoop. Die Bybelstudie boek dien as ‘n padkaart vir die beginner om waardeuring te ontwikkel vir die Bybel en dit deel te maak van hulle daaglikse lewe. Al 66 Boeke van die Bybel word in detail gedek, insluitend:  • Skrywer van elke boek en die tyd waarin dit geskryf is. • Sleutel temas van elke boek  • Opsomming van die boodskap in elke boek  • ‘n Toewyding  vir die oorweging en verdure ondersoeke  Verdiep in die stories, profesieë en boodskappe van die Bybel en oorweeg tennuwe die inspirerende krag, genade en helende krag van God en Jesus Christus. Genadig en inspirerend, Bybelstudie Gids vir Beginners bring die leser terug na die basis en maak ‘n pad oop vr ‘n direkte verhouding met die lewende Woord van God.

Bêre nooit jou droom

by Ella van der Mescht

Roman

Cecilia se Verhaal

by Debbie Manber Kupfer

Cecilia is op soek na 'n nuwe mens, maar sal sy die regte een vind. Sy hoor hulle is baie moelik om op te lei. 

DANIE DREYER se dinosouruseier en ander alfabetpret

by Jaco Jacobs Maja Sereda

Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier – die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy 'n reusagtige troeteldier! Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae zoem! Heerlik, humor, vreemde versies en prettige prente – hierdie alfabetboek is voortreflike vermaak!

DIE MEESTE STERRE IS LANKAL DOOD

by Johann De Lange

Op die verste einder lig die son soos die koperhingsel van 'n hek + kom stadig uit sy slome los, 'n swerm duiwe stuif op uit 'n bos soos skraal boekrûe. Pen op papier teken ek als op, skrywende tot + met.

DIE POORT: boek 1 – BEWAKERS

by Nelia Engelbrecht

"Die poort is oop." Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar lewers in 'n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. "Jy het haar ook gesien," sê sy. "Hulle het haar kom haal." Sy trek haar ogies nog kleiner "Die stomme baba Hy gaan nou sonder ʼn ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. 'n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. "Ek weet nie wat Tannie ..." 'Jy wéét," val sy my in die rede. "Jy sién. Nes ek." Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 2 – REISIGERS

by Nelia Engelbrecht

Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit? Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 3 – HELERS

by Nelia Engelbrecht

Dan glimlag Leonardo. "Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het. ek sal moot na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is." Hy begin wegstap. "Kom jy, Kali?" roep hy oor sy skouer. "Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lug ha we toe ry nie." Ek soen Zak sag op sy wang. "Ek mis jou al klaar." Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. "Kali, ek is het vir jou en ek sal nie toelaat dat iets ..." Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug ... of iemand tussen ons kom nie." "Niks sal ooit tussen ons kom nie. Zak." is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

DIE POORT: boek 4 – KRYGERS

by Nelia Engelbrecht

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het. het ek mag oor jou." Hy kyk minagtend na Leonardo: “Julle emosies is julle swakheid: julle ondergang." Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. 'n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig Ek knip my oë en die pers verdwyn. "Om vir mekaar om te gee. maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is me 'n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry me.' Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit 'n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewaker-kring vir altyd kan vernietig.

DROOMDELWERS: @@@center@@@DROOMDELWERS

by Esta Steyn

Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef. Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Keppies se: Hy's soesie see, soes 'n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand le. Maar nog voordat die skuim op die sand le, word die rustige lewensloop van "die sout van die aarde" skielik bedreig. Hulle kom te staan voor 'n oormag. Daar is net een uitweg na vrywording vir almal: om in die verlede te delf waar die antwoord op vreemde raaisels so ver en en tog so naby le.

Daar is niks om te betaal nie! KRY DIT ALLES VERNIET ...

by Bernard Levine

VERGOED JOUSELF MET TONNE GRATIS GESKENKE VANDAG! Neem alles wat jy wil ... dit is alles verniet! Jy sal jou oë nie glo wat jy alles verniet kan kry nie. Hierdie boek loop oor van fantastiese gratis geskenke vir jou. Jy sal alles hier vind, van gratis meubels, gratis koffie en tee sowel as gratis klere en daar is selfs waardevolle beroemde handtekeninge, komplimentêre muurpapier, speelgoed vir niks, klere op die huis insluitende gratis tuin plante en bome, digitale kameras asook gratis verf! ... Plus, plus, vele meer en wonderlike gratis geskenke vir jou! Die waarde van al hierdie gratis weggee produkte is duisende dollars werd ... en ja, dit is alles joune ... absoluut gratis sonder enige koste ... daar  is niks om te betaal nie ... neem dit alles, geniet dit! Hierdie boek sal 'n glimlag op jou gesig sit en jou baie gelukkig maak.

Dag van Wraak

by Herman Beukes

Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind

by Katrina Kahler Petro Ebersöhn

Volg die avonture van Abbie en haar eerste ponie, Vonk, ‘n pragtige volbloed, in haar dagboek. Ja, sy is mal oor perde, en wanneer sy haar eerste ponie kry word al haar drome waar… “Toe ek Vonk vir die eerste keer sien, het ek geweet sy is die regte ponie vir my! Die oomblik toe ek haar oor die weikamp sien handgalop, dink ek het altwee van ons geweet ons hoort bymekaar. Maar ek was nie voorbereid op die opwindende avonture wat vir ons voorgelê het nie.” My Eerste Ponie neem jou op ‘n rit vol pret, vriendskappe, en selfs byna ‘n ramp. Dit is die ware verhaal van ‘n absoluut-perdmal meisie en ‘n pragtige volbloed met die na Ek is mal oor perde! Katrina

Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind Boek 2 Ponieklub-avonture

by Katrina Kahler Petro Ebersöhn

Volg die avonture van Abbie en haar ponie, Vonk, - hoogte- en laagtepunte, triomf en verplettering, alles ingesluit. "Ek het nie geweet Ponieklub kan so wonderlik wees nie!" Perde is nooit vervelig nie, daar gebeur altyd iets... van bulle wat jou bestorm tot beserings wat jy opdoen, en selfs hartseer oor die dood van 'n perd. Jy sal lag en huil. En as jy regtig lief is vir perde, sal jy hierdie boek baie geniet. Dit is die tweede boek in die Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind-reeks. Boek 1: My Eerste Ponie is ook bekikbaar by e-boekhandelaars. Onlangse kommentaar; "Ek het hierdie boek baie geniet. Wanneer verskyn die volgende een?! Ek bedoel dis regtig 'n goeie boek! Ek is mal daaroor! Ek beveel dit aan vir alle ouderdomme." "Fantastiese boek! Dis baie goed vir perdeliefhebbers soos ek! Sy is baie uitvoerig. Ek bevel hierdie boek aan!"

Dallas

by Katrina Bowlin-Mackenzie Madelyn Coetzee

Opgedra aan my beeldskone Agter-kleindogter Dallas Ek is life vir jou.

Dank God vir die dag wat Jesus jou plek ingeneem het

by Bernard Levine

Wat Is Die Waarde Van Die Geskenk Van Jesus? Wanneer jy daaraan dink net hoe wonderlik dit werklik is dat God Sy eie bloed gegee het om ons van al ons sondes te red. Daar is niks so groot soos die opoffering wat vir ons gegee is. Die kosbare geskenk van Jesus is baie groter as al die rykdom van die heelal. In die wêreld van onsekerhede is daar 'n baie waar en seker waarborg Jesus kom terug vir Sy bruid.

Dankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak

by Bernard Levine

As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefde

Destiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie

by Teddy Rose O'Malley Liezl Dreyer

Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.

Die 13de kaart (Afrikaans Edition)

by Madelein Rust

Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie. Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat. Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?

Die 17de Veer

by Nanette Van Rooyen

Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar ma se kas ontdek.

Die 6 WEKE van Thomas en Ella

by Zelda Bezuidenhout

DIT VOEL ASOF SY LIPPE UITEINDELIK HUL REGTE DOEL ONTDEK HET … DAT DIE DOEL VAN THOMAS SE LIPPE NOG ALTYD WAS OM ELLA SE LIPPE TE SOEN Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ʼn wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander ...

Die Aanbod

by Alma Carstens

Karlien het ’n renons in Steve, haar ryk buurman op sy wildplaas. Dié man glo sy sal nog eendag met hom trou. Net omdat hy haar plaas ook by sy plase wil voeg. weet Karlien. Haar eksverloofde keer onverwags in haar lewe terug, en dit nadat hy haar verkul het. Maar hulle sal alles regmaak, belowe hy, en sy wil hom glo, maar kan sy dit waag? Oupa Hans probeer ook nie juis een van die twee van sy kleindogter af wegkeer nie: die droogte knel nou so dat Blouberg binnekort onder hom en sy kleindogter wat boer, uitverkoop gaan word. Nie dat Karlien dit nie net so goed weet nie. Maar trou vir grand? Nooit, nooit! Nog haar eksverloofde. nóg haar buurman is bereid om haar prys te gee. Maar toe sy helderheid in haar hart kry, is die liefde soos die dag wat breek. Beleef die emosie

Die Amerikaanse Landskapering Gids Tot 'n Nuwe Besigheid

by Mark J. Allen

Jy het sopas die eerste stap geneem om jou eie baas te word. ‘n Dag gemors beteken minder geld in jou sak, so kom ons begin dadelik… Dit mag dalk na ‘n slegte idee klink om jou eie besigheid te begin wanneer mense om jou hulle s’n verloor, maar solank jy weet wat jy doen en met die regte gereedskapstel om die werk gedoen te kry en jy het die selfvertroue in jou vermoë om ‘n beter diens te verskaf as jou mededingers, kan jy uitgaan en ‘n beter lewe vir jouself skep, en met tyd, ‘n winsgewende en lonende besigheid bou. So hoe doen jy dit? Jy begin klein en jy dink GROOT…

Die Avonture van Knypie Krap en Ramon D'Escargot

by Dan Alatorre Petro Ebersöhn

'n Klein dogtertjie gaan saam met haar gesin strand toe waar sy vriende maak met 'n krappie en sy maats. Alles gaan goed totdat 'n klein vreemdeling na 'n storm op die strand uitspoel en sy besluit om saam met haar vriende te probeer om hom weer terug te kry by sy huis - in Frankryk! Geniet hierdie volkleur, geïllustreerde kinderboek saam met jou kind! Ideaal om vir jou kleuter voor te lees, of vir die wat bietjie ouer is om vir jou te lees!

Refine Search

Showing 101 through 125 of 694 results