Browse Results

Showing 176 through 200 of 694 results

Die Vlerke van Naaldekokers

by Cecilia Steyn

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af temerk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak 'n verskil, plant 'n boom, soen 'n mooi ou... Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. ’n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook 'n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe soms op 'n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde ...

Die Vrou in die Maanlig: ['n Versameling van paranormale verhale]

by Lathish Shankar

"Die Vrou in die Maanlig" is 'n versameling van 5 verhale - "Die Vrou in die Maanlig", "Die Geheim van die Lewe", "Die meisie met die Blou Oë", "Totsiens Pappa", and "Die Onbekende se Dood". Die verhale is paranormaal en misterieus. 'n Baie emosionele prosa wat lewe in die verhaal blaas. Die verhale is romanties, emosioneel en die lesers kan maklik empatie hê met die karakters.

Die Weerwolf van die vloot

by Elaine Jonathan P. Brazee

Privaat Eerste klas Aiden Kaas het by die Mariene aangesluiot vir al die verkeerde redes. Na ontplooing na Irak op negentien, wou hy net sy toer klaar maak. Maar nadat hy deur 'n waarskynlike mal majuhideen gebyt is, ly hy aan 'n seldsame siekte , een met nagevolge wat hy nie in sy woldse drome sou kon voorspel nie. En die siekte het hom aan groter gevare bloodgestel as wat sy onplooing ooit kon. Aiden besef wat dit beteken om 'n man te word, en hoe hy tot verhaal moet kom met wat hy geword het. Waarskuwing: Boek bevat dele met geweld en seks.

Die Woudties Speel Wegkruipertjie

by Francois Keyser

Agterblad: Welkom by die wêreld van “Die Woudties". “Die Woudties” is ‘n kinderboek reeks waarvan elkeen ‘n unieke storie vertel omtrent die avonture van vyf woud diere. In hierdie boek van “Die Woudties” reeks, leer Woudie Woudman die maatjies alles omtrent kamoeflering en hoe om dit uit te oefen. Watter van die maatjies sal die beste doen met kamoeflering? Francois was geïnspireer deur sy oudste dogter om “Die Woudties” boek reeks te skryf. “Die Woudties” is van Engels na Afrikaans vertaal en staan bekend as “The Junglies” in engels. Om meer omtrent “The Junglies” en Francois te leer, besoek asseblief sy webblad by http://www.francoiskeyser.net of besoek “The Junglies” se Facebook bladsy by www.facebook.com/tigerloseshisstripes

Die Woudties bou 'n boomhuis

by Francois Keyser Elrika Keyser

Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op 'n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander... Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes

Die Woudties en die Sang Kompetisie

by Francois Keyser Alma Pretorius

Agterblad: Welkom by die wêreld van "Die Woudties". "Die Woudties" is 'n kinderboek reeks waarvan elkeen 'n unieke storie vertel omtrent die avonture van vyf woud diere. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms meer kan bereik met spanwerk. In hierdie boek wil die maatjies vir 'n sang kompetisie inskryf, maar hulle leer vinnig dat dit partykeer beter is om saam te werk. Sal hulle die les betyds leer om die kompetisie te wen? Francois was geïnspireer deur sy oudste dogter om "Die Woudties" boek reeks te skryf. "Die Woudties" is van Engels na Afrikaans vertaal en staan bekend as "The Junglies" in engels. Om meer omtrent "The Junglies" en Francois te leer, besoek asseblief sy webblad by http://www.thejunglies.com of besoek "The Junglies" se Facebook bladsy by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Die Woudties en die laaste piesang

by Francois Keyser

Welkom in die wereld van “Die Woudties”! “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van vyf dieremaats. Die reeks is eers in engels gepubliseer en staan bekend as “The Junglies” in engels. Die piesangs op aarde is klaar. Die Woudties het die laaste piesang vernietig. Daar is net een hoop om weer piesangs op aarde te kry. Iemand moet ‘n piesang boom op die maan gaan haal. Kiki en Hoppie stem in om die piesang boom te gaan haal. Wanneer hulle op die maan land ontmoet hulle ruimtevaardigers van ‘n ander planeet wat aarde soek. Hulle wil die aarde oorneem vir water en kos. Sal Kiki en Hoppie die ruimtevaardigers en hulle plan kan stop? Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “Die Woudties” te skryf. “Die Woudties” is oorspronklik in Engels gepubliseer en staan in Engels bekend as “The Junglies”. Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Die Woudties ry Trein

by Francois Keyser

Welkom in die wereld van “Die Woudties”! “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. Die reeks is eers in engels gepubliseer en staan bekend as “The Junglies” in engels. In hierdie boek, neem die Woudties ‘n trein rit saam met hulle vriend Woudie Woudman. Maar daar is nooit ‘n te kort aan opwinding waar die Woudties is nie. Die trein het skaars die stasie verlaat voordat die Woudties hulself op pad na die strand toe vind in ‘n trein wat nie kan stop nie! Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “Die Woudties” te skryf. “Die Woudties” is oorspronklik in Engels gepubliseer en staan in Engels bekend as “The Junglies”. Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Die Woudties spook in 'n kasteel

by Francois Keyser

Welkom in die wereld van “Die Woudties”. “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. “Die Woudties” is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as “The Junglies”. In hierdie boek, vind die Woudties ‘n kasteel en besluit om dit verder te verken. Hulle is te ongeduldig en opgewonde om te wag vir die aankoms van Woudie Woudman en besluit om die kasteel op hul eie te verken....... Is dit die regte besluit of moes hulle meer geduldig gewees het? Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Die Wêreld se mees Geliefde Inspirasies

by Bernard Levine Petronella Louisa Smith

'n Opbeurende boek vol inspirasies. Dit is geskryf uit 'n geestelike oogpunt en is opbouend. Die boek bevat baie wyshede wat toegepas kan word vir 'n waardevolle, gelukkige, vervullende lewe. Daar word verwys na die waarde van gebed, asook om aan God Sy regmatige plek in die lewe te gee.

Die bees met een horing

by Marion Drew Carina Labuschagne

Leesboek: Eerste Paragrawe

Die blou uur

by Christine Le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

Die dag toe ek my hare losgemaak het

by Willemien Brümmer

Die kortverhale in hierdie debuutbundel beeld op treffende wyse, plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong ma. Dit beeld ook uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis verhale staan los van mekaar, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit amper ’n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Die dansende boerbok

by Kayla Haarhoff José Nhambo

Leesboek: Eerste Sinne

Die dokter se rebelse ridder

by Melanie Milburne

Mediese Romanse

Die dooies praat nie

by Michelle

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: hoe diep wil hy betrokke raak?

Die eerste man en eerste vrou

by Ezelle van den Berg Jemma Kahn

Leesboek: Langer Paragrawe

Die eiland 'n distopiese jeugroman

by Jen Minkman Petro Ebersöhn

"Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk. "Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. "As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie. "Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red. "Niemand wil met sulke idiote meng nie." Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het. Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar? Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?

Die geheim van Mapungubwe en ander stories

by Bob Herbert Barbara Herbert Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde lessboek

Die geheim van Speelmanskraal

by Ella van der Mescht

Fiksie – Liefdesverhaal

Die honger krokodil

by Christian G. Wiehan De Jager Nadine Elsë

Leesboek: Eerste Sinne

Die kerswaskinders

by Wiehan De Jager Suzette Hallatt

Leesboek: Eerste Sinne

Die koei met net een horing

by Fanie Viljoen Marion Drew Magdaleen Du Toit

Leesboek: Eerste Woorde

Die krokodil in my lyf

by Felicity Bell Xiancha

Leesboek: Hardop Lees

Refine Search

Showing 176 through 200 of 694 results