Browse Results

Showing 201 through 225 of 694 results

Die laaste karretjiegraf

by Athol Fugard Riana Steyn

Die eerste saad vir hierdie toneelstuk is reeds vyftig jaar gelede geplant. Dit het begin met 'n storie wat Athol Fugard se ma aan hom vertel het en met sy belofte aan haar om eendag 'n toneelstuk in haar moedertaal te skryf. Met die hulp van medeskrywer Riana Steyn se navorsing oor die karretjiemense het Die laaste karretjiegraf, Fugard se eerste toneelstuk in Afrikaans, tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin wat hul ouma Mieta in die karooveld onder klippe begrawe soos dit die gebruik onder die karretjiemense is. Haar dood lei die einde van 'n leefwyse in. Hierdie leerdersvriendelike skooluitgawe bevat: • 'n inleiding tot die drama • woordverklarings • verrykende materiaal • vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die NKV • 'n tweetalige glossarium

Die meisie op die dak

by Cecilia Steyn

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Die meisie wat ryk geword het

by Theresa du Plessis Mango Tree

Leesboek: Langer Paragrawe

Die onbekende helfte

by Christine Le Roux

In Die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur 'n agentskap as sekretaresse na professor Rabe se huis gestuur. Sy kom af op chaos - stapels onuitgepakte bokse wat oral rondstaan, en, om alles te kroon, 'n verstrooide professor wat duidelik nie net 'n sekretaresse nodig het om sy lewe te orden nie.

Die onwillige Prinses

by Katrina Bowlin-Mackenzie Leonie van der Wath

Die onwillige Prinses wat hou van seunsklere ontmoet die aantreklike Prins. Hy is genooi na haar 18de verjaarsdag onthaal.

Die onwillige strooimeisie (Romanza)

by Alma Carstens

Anja is heimlik verlief op Alec - haar beste vriendin se verloofde. Nou moet hulle saam die troue reël terwyl Zita nege maande lank Londen toe gaan. Maar alles is nie altyd soos dit op die oog af lyk nie …

Die ou plaashaan

by Chantelle Lange Magriet Brink

Leesboek: Langer Paragrawe

Die platgetrapte luis

by Fanie Viljoen Magriet Brink

Leesboek: Eerste Paragrawe

Die pratende sak

by Wiehan De Jager Tariek Erasmus

Leesboek: Langer Paragrawe

Die regte kandidaat

by Dina Botha

Roelien is ʼn rykmanskind wat voor die kansel besluit sy gaan nie met die man trou wat haar pa vir haar uitgesoek het nie. Dis net dat haar vlugtog ietwat rampspoedig begin lyk toe haar sportmotor haar in die middel van nêrens in die steek laat. Gelukkig kom ’n skoolbusbestuurder tot haar redding. En ongelukkig is hy non nie juis die soort man wat in die soort omstandighede leef waaraan sy tot non toe gewoond was nie. Maar sy soort lewe word vir haar al hoe aanneemliker, onder andere omdat hy so ’n verlammende uitwerking op haar het. Of die busbestuurder is wat hy voorgee om te wees, is egter ’n ander saak. Beleef die emosie

Die sokkerwedstryd

by Clarien Gouws Vusi Malindi

Leesboek: Eerste Sinne

Die storie van Vuur

by Marizel Vorster Amir Bachir António Necas

Leesboek: Eerste Sinne

Die superspan en Hoe Mens en Hond vriende geword het

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Die verste uur

by Steve Hofmeyr

Jamie van der Merwe is 'n jong eerstejaarstudent wat op die skrywes van 'n vermiste professor, doktor Arnold du Plessis, afkom: sy biografie oor die komponis Rameau, en 'n lang liefdesbrief aan sy vrou. Deur die lees van hierdie skrywes ontdek Jamie die geheim waarin die professor se verdwyning gehul is – dat hy vasgevang is in 'n tydreis – en vind die sleutel tot sy bevryding, maar loop dan gevaar om die liefde van sy lewe te verloor. Die storie word aangebied in parallelle narratiewe ('n struktuur wat herinner aan J.M. Coetzee se Diary of a Bad Year), deurdat elke bladsy verdeel word tussen Jamie se storie en die ander tekste: die professor se brief aan sy vrou, die biografie van Rameau, en 'n "Tydlyn van die Nuwe Zuid-Afrikaansche Republiek". Laasgenoemde narratief skets in breë trekke 'n alternatiewe geskiedenis van Suid-Afrika nadat die Boere die Anglo-Boereoorlog wen te danke aan Jamie wat per ongeluk so 'n bietjie aan die verloop van die verlede verander. Elk van hierdie narratiewe hou verband met die ander, en dwarsdeur die storie bou die spanning op tot 'n opwindende slot waar Jamie in 'n stryd teen tyd gewikkel is om die professor te red.

Die vrou in die blou mantel (Afrikaans Edition)

by Deon Meyer

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Die wereld is my drom

by Amber Richards Madelyn Coetzee

Vir kinders is die hele wereld 'n onweerstaanbare speelgrond wat smeek om pret te he. In die verblywende kindersboek, die wereld is my drom, is die pret dat Hudson dromme speel. Elke onderwerp wat jy kan opnoem kan Hudson in 'n drom verander en dit ongelooflik laat klink. Dit is baie mooi uitgebeeld met waterkleur, dit inspireer kinders om kreatief te wees met gewone voorwerpe om hul. Wag net en kyk wat doen hy met sy tuisgemaakte dromme! Dit mag dalk die konsert van die eeu wees of op eindig as 'n paar kloppende hoofpyne. Dit maak nie saak wat die uitkomste is nie, dit gaan pret wees.

Die wildwagter en sy spesiale reservaat

by Fanie Viljoen Magriet Brink

Leesboek: Eerste Paragrawe

Dinge wat ek weet

by Caitlin Chislett Michael Nakuwa

Leesboek: Eerste Sinne

Dit het alles begin by Hond

by Annelie Ferreira

“Hierdie is ’n werklik vernuwende storie. Dit kombineer fantasie en realiteit mooi en ek wens daar was ’n opvolg.” - Joha van Dyk Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien 'n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as on snils hoef weg te steek nie? “Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. "Soos die mense wat video's maak vir TikTok en klomp foto's sit op Instagram en ..." Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad. "Of op Instagram?" Hy is seker reg. “Nee,” sug ek. Vier tieners dra elkeen swaar aan 'n geheim. Tot die noodlot hulle op ,n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op 'n magiese wyse aanraak.

Dokter Lita

by Ella van der Mescht

Fiksies: Liefdesverhaal

Dokter Margaret in Delhi

by Waheed Rabbani Adri Van Schalkwyk

Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.

Dokter Margaret se Seekis

by Waheed Rabbani Adri Van Schalkwyk

Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. ******************************************** ******************************************** “[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” – Ian Walker, skrywer van LOCA

Donker Spoor

by Martin Steyn

Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word wanneer 'n kind vermoor word. Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oë kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het. Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheid oopvlek.

Donkie-Kind

by Fanie Viljoen Meghan Judge

Leesboek: Eerste Paragrawe

Refine Search

Showing 201 through 225 of 694 results