- Table View
- List View
Hoppie Hasie sit vas
by Francois Keyser Elrika KeyserWelkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. In hierdie boek sit Abbit die hasie in 'n boom vas. Sal die dieremaats hom kan red? Deel in hulle planne om Abbit uit te kry uit die boom uit. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.francoiskeyser.weebly.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Horoskoop
by Claudio Ruggeri'n Reeks onverklaarbare misdade vind plaas in die provinsie Rome, die ondersoek word toegewys aan Vincent Germano, Kommissaris van die Polisie wat die raaisel moet oplos.
Huis van Gruwels: My 16 Jaar In Die Springs-hel
by Susan CilliersHuis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind. Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.
Hunks en Hamburgers
by Louise Van NiekerkSunette is sielsongelukkig. Die Meidans was 'n totale flop. Dis onmoontlik om iemand regtig lief te hê! Pierre kan maar verskonings maak soos hy wil, almal kan sien hy's mal oor Rachelle. Hy't Sunette kamtig kom soek in die saal nadat hy ... nadat hy Rachelle so ... so bevoel het! Gmf. Haar rug het so min gejeuk as wat ... Sy wou net hê Pierre moes aan haar vat ... en hy was maar net te gewillig! Pierre sal haar wat Sunette is nooit weer uitvra nie. Of sal hy? Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!
Iemand red my lewe vanaand - 'n Justice Sekuriteit kortverhaal (Justice Sekuriteit 2 #2)
by T. M. Bilderback‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. Hulle staan bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?
Iemand wat verdrink en ander verhale
by Saamgestel deur Fanie ViljoenIemand wat VERDRINK. Iemand met ’n donker GEWETE. Iemand wat van sy FAMILIE vertel. Iemand wat wil VLIEG. Iemand wat ’n VLOEKWOORD hoor. Iemand wat nie kan SIEN nie. Iemand wat ORANJE word. Iemand wat GESOND EET vir Instagram-likes. Iemand wat KLIPPE en klappers gooi. Iemand in SWART-EN-WIT Iemand wat beheer VERLOOR. Iemand wat ’n BOOT vir sy pa bou. Iemand wie se lewe VERFROMMEL. Iemand wat vir die eerste keer GIM toe gaan. Iemand wat reëls maak en WRAK neem. Iemand wat BEGRAFNISBLOMME kry vóór hy sterf. Iemand en haar ouma en ’n klomp BEFOETERDE vroue. Iemand wat na appels RUIK. Iemand wat, die VET weet, klaar is met koolsop. Iemand wat ZOMBIES skiet. Iemand vir wie mieliepap soos ARMOEDE smaak. Iemand wie se SKOOLTAS wegraak. Iemand wat ongelukkig ’N GELUKKIGE TREKKING wen. Iemand wat ’n nuwe HART kry. Iemand met ’n STERT: Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.
Iewers in die wêreld
by Erick CarballoFelipe is 'n seun van Ekwatoriaal-Guinee, wat oortuig is dat iewers in die wêreld sal hy die geluk wat hy wil vind, in die gesig staar alleen en met probleme met 'n paar uitdagings wat sal probeer om sy vooruitgang te belemmer.
In Die Duisternis
by Liezl Dreyer Paul ZunckelPiet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom. Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.
Insomnia
by Leon Van NieropLouise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...
Intieme Seks Geheime van die Jode
by Bernard LevineWat is die waarheid omtrent seks deur 'n gaatjie in die laken? Wat doen die Rabbis met die voorhuid wat afgesny word? Hoekom moet vroue hulle panties vir die Rabbi wys? Het jy geweet die Rabbi suig die bloed van 'n baba se besnyde penis? Het jy gehoor daar is 'n spesiale manier hoe Jode veronderstel is om hulle skoene aan te trek? Waarom vat Jode 'n lewendige hoender en swaai dit bo hulle koppe? Hoekom begrawe Jode hulle borde in die grond? Jy sal geskok wees deur die vreemde praktyke van die Joodse gemeenskap.
Ivoor (Afrikaans Edition)
by Jaco Wolmarans’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40. Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help. Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ’n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.
JONG GOUD (Afrikaans Edition)
by Annico Van VuurenAnnico van Vuuren se JONG GOUD – die ontdekking van goud in ons land is nog JONK in 1889 – en Mic is nog nie 16 nie – beskryf Mic Maritz se aangrypende paadjie wat hy moet loop na grootword en aanvaarding van homself en van die lewe. Mic se pa sukkel van jongsaf met sy gesondheid en sy smagting om ‘n loopbaan in musiek te volg. Teen Mic se oupa se wense in, help sy ouma sy pa. In die Kolonie ontmoet sy pa nog boonop sy ma, direk van Engeland af. Teen almal se raad in trou die twee en vertrek oorsee vir sy pa om sy musiekloopbaan te begin. Mic word op Gramps se landgoed in Engeland groot. Toe Gramps te sterwe kom, word hulle deur omstandighede gedwing om na Suid Afrika terug te kom. Mic se pa se toestand – steeds aan die verswak – vind die seereis een te veel. Met Mams wat totaal uitgeput rus, word Pa baie benoud en kry Mic om hom dek toe te sleep-dra. Pa gly uit Mic se arms en sterf op die dek. Mic se skuldgevoel begin. Dit word ‘n oordonderende emosie een dag in ‘n Johannesburgse stofstraat: Mic kan nie sy werk terugkry nie, hy en Mams se omstandighede is haglik, hulle het geen heenkome of plek om na te draai nie. In Mic se desperaatheid word hy toe nog deur twee straatboewe voorgekeer. Iets in Mic ontplof en anders as gewoonlik probeer hy nie weghol nie, hy baklei. Die volgende oomblik kyk hy neer op die een stil lyf voor hom in die stof, met die ander wat skree: Jy het hom doodgeslaan, hulle gaan jou hang. Hy kry Mams om nog dieselfde dag Johannesburg se stof af te skud. Hulle land by Pa se suster ta ‘Es en by oom Hendrik op die plaas, waar streng oom Hendrik begin om van Mic ‘n Boerseun te maak. Dis erg genoeg vir Mic, maar nie so erg as sy skuld wat hom dag en nag ry nie. Sy sukkelpaadjie gaan gooi ‘n draai by die Barbartonse delwerye ook, met talle insidente wat hy moet beleef – en oorleef. Kom loop Mic se troebel paadjie met hom saam tot waar hy homself vind en die lewe reguit in die gesig kan kyk.
Jed McKenna se Teorie van Alles: Die Ingeligte Perspektief
by Adri Van Schalkwyk Jed MckennaOns is geprogrammeer van geboorte af om te glo dat ons bestaan ʼn onoplosbare raaisel is, maar as ons ʼn eerlike poging aanwend, dan ontdek ons dat misterie self die raaisel is. Nie net wat is die groot misterie nie, maar hoekom is daar enige misterie? En wat as daar nie is nie? Wat as die Mysterium Tremendum net ʼn interne oortuiging is sonder enige eksterne eweknie? Wat as die antwoorde op die grootste vrae van die lewe eenvoudig en voor die hand liggend is en reg voor jou is? As mens sal slaan, slaan deur die masker! Hoe kan die gevangene buite toe reik behalwe om deur die muur te stoot? -Herman Melville As jy belangstel om deur die masker te slaan, dan sal jy bly wees om te weet dat daar ʼn teorie van alles is wat perfekte sin maak, wat nie staatmaak op godsdienstige of wetenskaplike kullery nie en wat jy maklik en direk kan verstaan. En as jy vertroud is met Jed McKenna en die Enlightenment Trilogy, dan weet jy dit is nie net ʼn teorie nie.
Joernaal
by Daphne MashamaiteIn hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.
Jou Gunsteling Christelike Boeke
by Bernard LevineJou gunsteling Bernard Levine Christelike Boeke DRIE BOEKE IN EEN Waarom ek die Joodse geloof gelos het om Jesus te volg Die Joodse konfidensiële lêers nog nooit voorheen gepubliseer Jy kan nooit genoeg "Dankie" sê vir Jesus nie
Joune Vir Altyd (Romanza)
by Alma CarstensMelani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?
Juffrou Kane se Kersfees
by Caroline Mickelson Petro EbersöhnMet nog net drie dae voor Kersfees, stem Carol Klaas in toe haar pa vra dat sy die Noordpool moet verlaat op 'n sending om Kersfees te probeer red. Dit klink maklik genoeg om by enkelpa Ben Hanson en sy kinders in te trek, totdat Sinter haar inlig dat Ben die skrywer is van die ontstellende nuwe boek, Verby Vervlakste Bog: Hoekom Dit 'n Slegte Idee Is Om Vir Jou Kinders Leuens Te Vertel Oor Sinter Klaas. Sy doen haar voor as Juffrou Kane, die kinders se nuwe au pair, en probeer alles in haar vermoë om Ben te oortuig hoeveel pret Kersfees kan wees, terwyl sy sukkel om te verstaan hoe een man die Kerstyd so kan haat. En hoe kan sy, Sinter Klaas se enigste dogter, so aangetrokke voel tot 'n man wat weier om te glo dat haar pa bestaan?
Jy is nie veronderstel om van die Geheime van die Jode te weet nie
by Bernard Levine Adri Van SchalkwykJy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees as jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld. Het jy geweet dat die Jode nie toegelaat word om toiletpapier op die Sabbat te skeur nie? Hoekom kan Joodse vrouens nie Bybel lees nie? Het jy al gehoor daar is spesiale Coca-Cola net vir Jode? Wat is die naam van Jesus? Watter letter van die alfabet is onderstebo in die Bybel geskryf? Waarom Jode nie kaasburgers eet nie? Wat is so anders oor Joodse seksuele omgang? Waarom Joodse vrouens pruike dra? Is daar ʼn spesiale gebed wat Jode sê voor hul toilet toe gaan? Die meeste van die Ou Testament word nie deur Jode bestudeer nie ... hoekom? Het jy geweet dat Jode hul eie soort spek het? Hoekom word Joodse vroue nie toegelaat om hul elmboë of knieë vir mans te wys nie? Wat is God se naam wat uit die meeste Bybels gelaat word? Mag ʼn Jood ʼn tatoeëring hê? Wanneer slaap Jode buite? Is dit waar dat daar geen vloekwoorde in Hebreeus is nie? Hoe moet jy ʼn Jood van Jesus Christus vertel? Hoekom kan Jode nie hul eie woorde gebruik wanneer hulle bid nie? Jy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees wanneer jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld.
KABV Afrikaans Sonder Grense 2de Addisionele Taal: UBC contracted
by M. Lätti S. GouwsAfrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.