Browse Results

Showing 351 through 375 of 694 results

KABV Afrikaans Sonder Grense Graad 12 2de Addisionele Taal: UBC contracted

by M. Lätti S. Gouws

AFRIKAANS SONDER GRENSE TWEEDE ADDISIONELE TAAL GR 12 (LEERDERSBOEK)

KAMP-HOER: @@@center@@@KAMP- HOER

by Francois Smith

it is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het ... ? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

KLUB 17: @@@center@@@KLUB 17: NIKKI (Klub 17 Ser.)

by Solet Scheeres

Daar is 'n nuwe inwoner in Huis Kokkerot. Nikki is 'n kort, blonde krullebom wat al die ouens om haar pinkie draai. Natuurlik is Fransisca, Stevie en Martmarie woedend, want Nikki is 'n kompulsiewe leuenaar en 'n skaamtelose flirt. Arme Martmarie verloor amper haar werk by die koerant en dan word sy uit Kokkerot gegooi. Al die meisies weet wie die leuens oor Martmarie gaan aandra het, maar dis moeilik om te bewys. Stevie besef watter wolf Denys eintlik is en gaan kuier weer 'n slag by Matthian in die hospitaal, met vreemde gevolge. Fransisca se jaar is ook besig om skeef te loop en die dierbare Albertyn moet ingryp ... Lees in hierdie opwindende derde boek in die Klub17-reeks wat Nikki alles aanvang en hoe sy Huis Kokkerot se ouens en meisies in twee kampe verdeel ...

Kaalvoetnooi (Romanza)

by Corné Van Rooyen

Kaapse Draai

by Alma Carstens

Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?

Kalabushe die babbelkous

by Fanie Viljoen Jesse Breytenbach

Leesboek: Eerste Paragrawe

Kamikaze

by Rudie Van Rensburg

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank was hy poeliesman, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees … En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, een met ’n moordloopbaan wat terugstrek na die Apartheidsera, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, vervalste medikasie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n moordenaar uit jou nagmerries – dis alles hier in Kamikaze!

Kanåan

by Sophia Kapp

Sy is 'n rykmansdogter uit die Engelse elite in Johannesburg; hy is 'n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar wanneer Catherine se lewe in duie stort en sy alles verloor wat sy geken het, is Chrisjan daar om vir haar 'n heenkome te bied. Op Kanaän word sy gekonfronteer met die wreedheid van die natuur, die vooroordeel van die Afrikanergemeenskap en die onverdraagsaamheid van mense wat anders dink as sy. Maar sy leer ook die kosbaarheid van die lente ken, van die goedheid van vriende, en boweal van die liefde wat so stil in haar kom groei het. Al wat sy nie weet nie, is hoe om die verlede ongedaan te maak sodat sy hierdie liefde waardig kan wees. Ná verskeie topverkopers op haar kerfstok is Kanaän Sophia Kapp se eerste historiese roman. Onreg teenoor vroue wat sentraal gestaan het in haar vorige werk, brei in Kanaän uit na vooroordele gegrond op ras en geloof, na die pyn wat mense mekaar kan aandoen maar ook na die wonderwerk van goedheid wat genees.

Kat en Hond teken en kleur in

by Fanie Viljoen Elke en René Leisink

Leesboek: Langer Paragrawe

Kate in harmonie (Afrikaans Edition)

by Jacolet van den Berg

Katelknaap (Afrikaans Edition)

by Leon Van Nierop

Katoog

by Jeanette Stals

Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?

Keke se swaai

by Marion Drew Kimberly Lange

Leesboek: Langer Paragrawe

Keo se geheim en ander stories

by Ruth Pressler Derek Bartle

Huistaal Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Kersverleiding

by Dawn Brower

Kersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd. 

Keur 11

by Susanna M. Lingua

Khayanga en Haar Spesiale Pot

by Catherine Groenewald Bianca Faasen

Leesboek: Langer Paragrawe

Kiki in 'n bottel

by Francois Keyser

“Die Woudties” is ‘n reeks kinder boeke wat elk unieke verhale vertel van vyf diere in die woud. In hierdie verhaal sit Kiki die apie vas in ‘n bottel. Sy vriende is almal bang vir hom en weier om hom te help. Hoe gaan Kiki die bottel afkry Hierdie storie in “Die Woudties” reeks word jong lesers bekend gestel aan herwinning asook die nadelige effek wat rommel op wilde diere kan hê. Dit leer ons om ander wesens in ag te neem en om ons deel te doen om ons wêreld te bewaar. Indien jy meer wil leer oor “Die Woudties” en Frnacois besoek gerus sy webwerf by http://www.francoiskeyser.net of besoek “Die Woudties” FaceBook blad by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Kinders hou van grappies vertel

by Bernard Levine Adri Van Schalkwyk

Hier is ʼn versameling snaakse grappe wat ek geniet het toe ek op skool was. Kinders is lief om te lag. Hulle sal groot pret hê om hierdie grappies oor en oor aan hul vriende te vertel. Hierdie vermaaklike boek sal jou kinders ure se geluk en plesier gee.

Kisirusiru, die domkop

by Catherine Groenewald Siglinde Loedolff

Leesboek: Hardop Lees

Klein Luke

by Wiehan De Jager Ilze Grobbelaar

Leesboek: Langer Paragrawe

Klein Miertjie se groot plan

by Bangulu Lingo Centre cc Steven McKimmie

Leesboek: Eerste Paragrawe

Kleur My Rooi

by Vianka Van Bokkem Juliet Perie

Victoria en haar tweeling suster is half-vampier en half-heks. Toe hulle sien hoe hulle ma en pa wreed vermoor word deur vampier jagter het hull wraak geweer teen hulle en enige iemand anders wat hulle gehelp het. Wat hulle nie verwag het was om verlief te raak op tweeling broers, Prins Alexandru en Prins Andrei van Romeinië.

Klub 17 Broers: KLUB 17 BROERS (Klub 17 Ser.)

by Solet Scheeres

Stevie is die eerste een wat besef dat die twee nuwe Kokkerotters, Jeroen en Joakim, nie bloot net die leerling-stuntman en scuba-instrukteur is wat hulle voorgee om te wees nie. Sy moet toegee, die tweeling is die aantreklikste broers wat sy in 'n lang tyd aanskou het. Boonop is hulle onuitstaanbaar onnutsig en laat geen geleentheid verbygaan om die meisies te terg nie. Maar daar is ook 'n geheimsinnige kant aan dié twee ... Fransisca is skaars bewus van die tweeling. Haar studies het in 'n nagmerrie ontaard en sy sit op die randjie van 'n diep, bodemlose put. Albertyn probeer sake nog op 'n manier bymekaar hou, maar selfs hy moet toegee, daar is groot fout in Kokkerot. Lees in hierdie opwindende vierde boek in die Klub17-reeks watter uitwerking die Bergman-broers se koms op Huis Kokkerot en sy inwoners het ...

Kom Terug, Kat

by Denise S Roux Karen Lilje

Leesboek: Eerste Sinne

Refine Search

Showing 351 through 375 of 694 results