Browse Results

Showing 401 through 425 of 694 results

Lewensorientering Graad 5

by Siyavula

A South African textbook.

Lewensorientering Graad 9

by Siyavula

A South African textbook.

Lewensvaardighede Graad 2

by Siyavula

A South African textbook.

Lewensvaardighede Graad 3

by Siyavula

A South African textbook.

Liefde agter tralies: Ware Suid-afrikaanse Verhale

by Carla van Der Spuy

Hoekom raak mense verlief op misdadigers? Dit gebeur selfs wanneer hulle steeds hul vonnis uitdien. Carla van der Spuy voer onderhoude met die mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, asook kenners soos forensiese sielkundiges, en stel ondersoek in om te sien watter motiewe en denkprosesse sulke verhoudings dryf.

Liefde in die tyd van Corona (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

E-rotika liefdesverhaal.

Liefde oorbrug alles

by Daleen Barnes

Self gepubliseerde boek

Liefdesweb

by Annetjie Van Tonder

Hector Terbruch vra Zilna om ’n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag ’n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar.

Liefste Tinktinkie (Afrikaans edition)

by Corné Van Rooyen

Liefste kollega (Afrikaans Edition)

by Joléne De Koningh

Daar is ’n vonk tussen haar en haar nuwe baas en Ani weet haar hart is in gevaar. Wanneer Igna haar volgens ’n ou Suid-Amerikaanse wyse vra om te trou, het sy tien dae om hom die jawoord te gee …

Lisa se geheim (Romanza)

by Lizelle Von Wielligh

Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.

Losprys (Afrikaans Edition)

by Martin Steyn

Losprys in Parys

by Nerine Ahlers

Dienkie kan glad nie glo dat haar lewe wat gister nog so reg was, so lelik ontspoor het nie. Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd is daar ’n ou wat in haar, Dienkie de Wet, belangstel, en nou wil haar ouers hê sy moet net halsoorkop verdwyn? En Frankryk toe van alle plekke? Parys toe? Sy weet dis heel moontlik koebaai, Eddie en dit voel vir haar soos die einde van die wêreld. Totdat sy vir Sergio ontmoet. Maar sy het nie rekening gehou met die man met die aardboltatoe nie. Of met die skurke in Suid-Afrika nie. En sy moet fyn trap om aan die lewe te bly.

Luca se obsessie

by Alma Carstens

Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Lugkasteel

by Annelie Botes

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Luister

by Marquerite Wepener Jean Fullalove

Luister na die verskillende geluide wat diere maak.

Maak geld deur alledaagse, maklik-om-te-kry items te versamel

by Bernard Levine Leron Theroux

Waar kry jy gewilde versamelitems wat verniet weggegee word (of wat teen lae pryse verkoop word), waarmee jy kan woeker vir groot winste? Hoe weet jy wat die waarde van jou versamelstukke werd is? Watse unieke goedjies kan jy begin versamel?

Maak geld deur beroemdes se handtekeninge en nog vele meer te versamel.

by Bernard Levine Leron Theroux

Jy kan geld maak deur boeke, gratis handtekeninge, kroeg-biermatjies en selfs doringdraad te versamel!

Maatjies

by Catherine Groenewald Caitlin Van Duyn

Leesboek: Eerste Woorde

Magozwe

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Langer Paragrawe

Magrietjies vir Marieta

by Ella van der Mescht

Fiksie: Liefdesverhaal

Maguru deel bene uit

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Paragrawe

Mamma Het Gesê Bly Tuis!: ‘n Justice Sekuriteit Roman

by T. M. Bilderback

Joey Justice, Misty Wilhite, Dexter Beck en Percival “King Louie” Washington. Vier mense – vriende en vennote van kollege dae af – wat die grootste sekuriteit firma in die stad beheer ... Justice Sekuriteit. Geïnspireer deur die trefferlied gesing deur Three Dog Night, stel hierdie storie die avonture van ‘n nie-so-heeltemal-by-die-boek sekuriteit firma voor. Hulle word gehuur deur ‘n promotor van ‘n honde skou, maar die werk lyk baie groter en gevaarliker as wat verwag is. Hulle word gehuur om sekuriteit te verskaf by die Swaargewig Boks Kampioenskap, wat uitdraai as die enigste kampioenskap in die wêreld sonder ‘n uitdager, danksy die humeur van een van die Justice Sekuriteit vennote. Hulle word deur die ouers van twee onskuldige tieners gehuur om uit te vind hoekom die tieners genadeloos plat geskiet word en terwyl hulle ondersoek instel, sweer hulle per ongeluk vyandskap met die magtige leier van ‘n Meksikaanse dwelm kartel. Bygestaan deur die FBI skakelbeampte, Marcus Moore, neem hierdie onverskrokke mense die avontuur teuels en ry die misterie tot by die finale eindpunt ... en hulle lewens sal nooit weer dieselfde wees nie!

Mara (Afrikaans Edition)

by Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie. Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom? Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou. Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

Refine Search

Showing 401 through 425 of 694 results