- Table View
- List View
My Monster Sigwoorde - Vlak 2, Boek 4
by Kaz CampbellLeer hoeom sigwoorde te lees: Vlak 2, Boek 4! Boek 4 kombineer sigwoorde van die "My Monster" Vlak 1 (Boeke 1, 2 en 3) in kort en eenvoudige sinne. Elke bladsy word ondersteun deur 'n prentjie om lees makliker vir kinders te maak. Werk deur hierdie reeks boeke en u sal u kind kan leer om makliker te lees!
My Monster Sigwoorde – Vlak 2, Boek 6
by Kaz Campbell Jamie MaraisLeer om sigwoorde te lees, Vlak 2, Boek 6, vir Beginnersleesers! Boek 6 fokus op getalle wat tot 20 tel. Dit kombineer die sigwoorde wat in "My Monster Vlak 1" boeke 1, 2 en 3 is, en kombineer hulle in eenvoudige sinne. Elke bladsy word ondersteun deur 'n prentjie om lees makliker vir kinders te maak. Belangrike begrippe soos die waarde van getalle word in Boek 6 behandel. Werk deur hierdie reeks om u kind 'n massiewe voorsprong te gee! Daar is 6 "Sigwoorde" vlakke in hierdie leerprogram. In Vlak 1 (enkele woorde en prente) is daar drie boeke en Vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) ook drie boeke. Die boeke in die reeks is genommer, dus begin by Boek 1 en so aan. Vlak 3 boeke beweeg na die klanke van die alfabet en woordfamilies. Vlak 4 boeke is 'n bietjie meer gevorderd en geskik vir kinders wat baie basiese leesvaardighede het. As hulle deur die eerste nege boeke van die "My Monster" reeks gevorder het, dan sal hulle voorbereid wees vir Vlak 4 boeke. Vlak 5 boeke is kort hoofstukboeke wat u kind sal vermaak met snaakse stories oor oulike, klein vriendelike monsters. U kan hierdie boeke ook lees aan kinders vanaf ongeveer 4 jaar. Die "My Monster Leer om te Lees" reeks is die ideale manier om u kind te leer hoe om te tel en lees. Hierdie boek bevat ook 'n aantal wenke vir ouers wat hulle kinders leer hoe om te lees.
My eerste leesboek
by Annerie Du Toit Amber RichardsVoorwoord Hierdie e-boek is doelbewus sonder enige illustrasies (behalwe vir die een hierbo). Dit dien as 'n hulpmiddel om jong lesers op te lei hoe om te lees en daar word spesifiek op die woorde gefokus sodat die kinders se aandag nie deur die illustrasies afgetrek kan word nie. Dit is ’n groot stap na afloop van die leer van die alfabet en die fonetiek van elke letter. Dit begin met drieletter-woorde en beweeg dan na vier en vyf letters en 'n paar groter woorde. Dan word daar na hierdie spesifieke woorde gekyk in die gebruik van volledige sinne. Dit help wanneer die kinders hierdie woorde verbaliseer en só die woorde memoriseer deur dit gereeld te gebruik. Dikwels memoriseer kinders woorde deur middel van illustrasies in plaas daarvan om die woord te lees. Woorde wat rym word ook doelbewus in hierdie boek geskommel ten einde dit meer uitdagend te maak. Ek is tans besig om ’n tweejarige te leer lees, wat my gemotiveer het om hierdie boek te skryf. Hy het reeds die alfabet onder die knie, klein- en hoofletters en die fonetiek daarmee saam. Dit was moeilik om eenvoudige “woordeboeke” sonder enige illustrasies op te spoor om as die aanknopingspunt te gebruik. Hiermee dien hierdie boek as ʼn hulpmiddel om hom te leer en ek is seker daar is ander mense wat ook hierby sal baat. Ek hoop u vind dit as ʼn nuttige hulpmiddel vir jou jong leser.
My monster sigwoorde vlak 2 boek 5
by Kaz Campbell Madelyn CoetzeeLeer om sigwoorde vlak 2 boek 5 te lees vir beginners. Boek 5 is gekombineer met die sigwoorde wat in my monster vlak 1, boek 1, 2 en 3 gedek is in kort frases en eenvoudige sinne. Elke bladsy bevat 'n prentjie om lees makliker te maak vir kinders. Werk deur hierdie reeks boeke en jy sal instaat wees om jou kinders te leer lees. Daar is 6 sigwoord boeke in hierdie leer om te lees program. In vlak 1 (enkel woorde en prente) is daar 3 boeke en vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) het ook drie boeke. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal genommer, begin by boek 1 en werk deur al die boeke.
My ouma in kaneel
by Margaret BakkesToe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. ’n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.
NOVA 5 EINDSPEL
by Fanie ViljoenLucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.
NOVA Bloedbroers
by Fanie ViljoenTerwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.
NOVA Sterreloper
by Fanie ViljoenNiks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...
NOVA: Vuurdoop
by Fanie ViljoenIn Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ...Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ...Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."
Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)
by Marijke Greeff Miriam TelanieNa 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.
Natuurlike Gesonde Troeteldiere - ‘n Inleidings Gids tot Naturopatie vir Honde En Katte
by Julie Massoni Vertaal deur Adri de NeckerNatuurlike Gesonde Troeteldiere is ‘n inleidings gids tot naturopatie vir honde en katte en sluit inligting in oor ‘n natuurlike dieet, voedings aanvullings om jou dier se gesondheid te verbeter asook inligting oor die gebruik van kruie, homeopatie en blom ekstrakte om te help met gesondheid en welstand. Natuurlike alternatiewe vir vlooie, ontwurming, antibiotikas en pyn verligting. Sluit ook inligting in oor die voer van ‘n vegetariese dieet vir honde. Geskryf deur ‘n gekwalifiseerde dier naturopaat wat al duisende diere gehelp het wat ‘n reeks van akuut en chroniese gesondheids toestande het. As jy daarvan sal hou om meer te weet oor die gebruik van natuurlike terapie en hoe om baie gesondheids probleme te vermy, dan is hierdie boek ‘n goeie verwysing.
Nee is ook 'n antwoord
by S Partridge D LourensZukile Mbane loop amper vir Lindiwe onderstebo toe hy een oggend laat is vir skool en hulle vriendskap begin in die detensieklas! Die twee maats kom gou agter wat ware vriendskap beteken as Zukile in sy Graad 7-jaar met n klomp probleme te doen kry. Pieter, een van die Graad 7-boelies, praat vir Zukile om om aan 'n kaalvuisboksgeveg deel te neem. Al is Zukile doodbang vir die bakleiery kan hy vir niemand anders as vir Lindiwe van die geveg vertel nie. Hoekom wil sy familie hom nie toelaat om te boks nie? Groepsdruk ... Onderwysers... Graad 7 is nie maklik nie! Soos wat die aksie en drama ontvou, moet die twee maats mekaar help om hulle Graad 7-jaar te oorleef. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Die Stad van Goud Harte van glas
Net vriende
by Alma CarstensDie sekretaresse by sy kantoor sê dat Carl vir sake in die buiteland is en net twee dae voor die troue terugkeer. Met 'n siek gevoel van teleurstelling sit ... Sy stoot vinnig haar stoel agteruit en staan op. Sy wil nie aan Jake dink nie. Hy het die ...