Browse Results

Showing 476 through 500 of 694 results

Nonkungu en die imbulu

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Hardop Lees

Nooit Meer as Twee Keer

by Claudio Ruggeri Adri Van Schalkwyk

‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.

Nooit Weer Nie!

by Gabriël Agbo

"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.  “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop,  Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder.  En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit.  Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem.  Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie.  Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas?    Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu.  Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne.  Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie.  Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.

Nozibele en die drie hare

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Langer Paragrawe

Nuuskierige baba olifant

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Paragrawe

Nuwe begin (Romanza)

by Linelle Venter

Nuwe seisoen

by Annetjie Van Tonder

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning na haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar na skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Nuwejaar Openbaring

by Dawn Brower

Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... Nash King is sy hele lewe lank lief vir Leilia Strange. Ongelukkig het hy van kleins af na die rol van beste vriend verwys. Op die randjie van die nuwe jaar het hy besluit om haar te vertel hoe hy voel. Dit is 'n risiko wat 'n wig vir ewig deur hulle kan druk. Sal Nash en Leilia liefde vind? Die noodlot is wispelturig en dinge in Kismetbaai verloop nie altyd soos beplan nie...

ORION

by Deon Meyer

Oudpolisieman Zatopek van Heerden moet die asse van 'n dooie ondersoek wegblaas op soek na 'n kooltjie wat nog gloei: 'n Middelklasmeubelhandelaar is met 'n blaasvlam gemartel en toe met 'n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Hy het sewe dae om dié moord op te los en 'n testament te vind, vir 'n vroueprokureur wat met sy kop neuk. En dié ding is boonop tien maande oud, die spore vaag, die enigste leidraad 'n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Die jagter word die prooi en gou is daar meer wat hom jaag as net sy eie, stink verlede.

OUENS IS NIE PIZZA NIE!

by Tania Brink

Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Olifant kul sy vriende

by Francois Keyser

Boekbeskrywing: Olifant is honger. Na 'n bietjie verkenning ontdek hy 'n land vol wortels en piesangs. Daar is net een probleem…  Daar is bye tussen hom en die heerlike piesangs en wortels en olifante is bang vir bye. Olifant dink aan 'n manier om die wortels en piesangs te kry sonder om gesteek te word. Hy kry hulp van sy vriende, die haas en die aap. Hy dink nie hulle sal deur bye gesteek word nie, maar hy vergeet te maklik om hulle in elk geval van die bye te vertel. Toe Olifant se plan vreeslik verkeerd loop en sy vriende besef dat hy van die bye geweet het, besluit hulle om hom 'n les te leer...

Om Weer Te Droom

by Elsa Winckler

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Omdat alles sin maak by jou (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir ’n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin.

Omdat die hart onthou

by Ettie Bierman

Omdat jy jy is (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oë nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap …

Omdat jy my gesoen het (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.

Omdat jy my liefhet

by Elsa Winckler

Livie Mulder moet vir 'n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling nie, maar sy benodig die erfporsie om 'n belangrike droom te verwesenlik. Op die dorp moet die handyman Bart Coetzee haar telkemale uit 'n penarie red. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Hoekom moet hy dan juis só dodelik aantreklik wees? Bart het egter Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal Bart kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir 'n toekoms saam met hom. Satyn ... want die hart het ook begeertes

Omnibus 21

by Ena Murray

Señor die seerower Toe verpleegsuster Andrea Smit ’n allemintige bedrag in ’n blokraaiselwedstryd wen, het sy nooit kon droom hoe ingrypend dit haar lewe sou verander nie. Sy was aanvanklik vas van plan om met haar beroep voort te gaan, maar toe haar kollegas bly lol om geld te wil leen, raak die hospitaal vir haar te klein. Toe haar swerwerpa kort daarna op haar drumpel verskyn en haar nooi om hom op een van sy avontuurtogte te vergesel, willig sy in – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; dat sy ’n skynverhouding met hom sal aanknoop en sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland ... Die vreemde weë waarop geld, die sug na roem en veral die liefde ’n mens se lewe kan lei, is die tema van hierdie lekkerleesverhaal. Junior in saal 7 Leerlingverpleegster Louwrinda Kemp is siek en sat van haar man-mal kollegas se aanhoudende geterg omdat sy nie ’n vaste kêrel het nie. Sy besluit om hul monde eens en vir altyd te snoer – met ’n foto van Oumatjie se kleinseun wat sy aan hulle voorhou as haar sleep wat in die buiteland studeer. Toe die mooie man op die foto egter kort daarna in lewende lywe voor haar staan as die nuwe professor in verloskunde, weet sy nie hoe om haar uit dié benarde situasie te wikkel nie. Binne ’n dag versprei die nuus soos ’n veldbrand deur die groot stadshospitaal dat die junior in saal 7 ’n verhouding het met die uiters aantreklike professor Len Landman. Hoe Louwrinda ook al die vlamme probeer doodslaan, dit help alles niks. En kort voor lank besef sy dat daar ’n ander soort vuur haar binneste begin brand het ... Junior in saal 7 is ’n speelse hospitaalroman vol heerlike komiese momente. Kaalvoet Katryntjie Katryn Klem sou ná haar pa se dood veel eerder saam met die klein haasbek Poens op Skaars-van-als verhongerde katte en honde wou vet voer, afpootduiwe vertroetel en meerkatte uit slagysters red, maar haar hovaardige voog, Festus Dumas, het ander planne. Met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy by hom in sy deftige stadshuis moet kom bly – want, meen hy, dié kaalvoet mensie wat nie ’n dag ouer as sestien lyk nie, het vaderlike toesig nodig. Sommer vir die grap laat Katryn toe dat Festus dink sy is ’n blote kind. Maar dié grap boemerang sodat sy later glad nie meer kan erken dat sy nie ’n giggelende tiener is nie, maar ’n gekwalifiseerde verpleegster van twintig. Sy moet die rol van kaalvoet Katryn bly speel, en met ’n hart wat pyn van haar onverklaarde liefde, moet sy toekyk hoe die listige Shirley Rossouw haar voog probeer verlei ... Kaalvoet Katryntjie is ’n verhaal wat mens plek-plek laat skater, maar wat die leser ook diep sal laat nadink oor die dinge wat werklik waarde het in die lewe.

Omnibus 25

by Ena Murray

In Nuwe horison word Hendrien Hugo uit haar rykmeisielewe geruk deur haar aangetrokkenheid tot die aantreklike dr. Luther Lubbe. Hy stel glad nie in haar belang nie, maar sy is vasbeslote om aan hom te bewys dat sy nie net ’n mooi gesiggie is nie, al moet sy dan nou selfs in die hospitaal gaan werk…In Bloeisels in die ryp spat skrander kinderhuiskind Renske Conradie se droom van ’n universiteitsgraad aan skerwe toe sy swanger raak.En in Zuleka Bordeaux word die hoofkarakter se boot deur ’n berugte seerower gebuit en leer sy in die proses vir die eerste keer die krag van haar eie emosies ken.

Omnibus 3 - Tot die dood ons skei - Altyd die verkeerde man - Melktert en Kaviaar

by Elsa Hamersma Malene Breytenbach Annelize Morgan

Melodie: vir jonk, vir oud, vir altyd; Daar is nie 'n groter vreugd as die wete dat jou liefde vir iemand beantwoord word nie.

Onbereikbaar Ver

by Anna Penzhorn

Daleen Joubert beland op die dorpie van haar grootwordjare. Sy loop haar vas in haar eerste liefde en daar ontstaan weer ’n band tussen haar en Dawid Hofmeyr. Maar Dawid is aan die beeldskone Delia verloof.

Ondergrondse Basisse

by Elmarié Smal James Morcan Lance Morcan

Wat vang die wêreld se supermagte in hul geheime ondergrondse bunkers aan? Ondergrondse Basisse gee in die besonder bevestigde en gerugte ondergrondse fasiliteite in die Verenigde State en regoor die wêreld. Dit bevat seldsame fotografiese bewyse dwarsdeur sowel as minder bekende aanhalings uit sleutelregeringsfigure. Dit maak 'n dwingende saak dat daar 'n enorme verborge wêreld onder die Aarde se oppervlak bestaan. Die Morcans spekuleer dat die bedekte ondergrondse infrastruktuur veel groter kan wees as wat voorheen vermoed is en waarskynlik gebruik word vir die ontwikkeling van onderdrukte tegnologie. Hul bronne sluit in verwyderde lêers, universiteitsverslae, WikiLeaks se dokumente en onderhoude met oud-militêre personeel wat verklikkers geword het, wat beweer dat hulle in "stede onder die grond" gewerk het. Ondergrondse basisse lewer 'n wye verskeidenheid feite en teorieë wat uiteindelik lesers toelaat om hul eie gevolgtrekkings te vorm. Die onthulling dek alles van: die Amerikaanse Departement van Verdediging se bevestigde ontruimingsgebiede onder die Wit Huis en die Pentagon, sowel as hul erkende terreine by Mount Weather en Cheyenne Mountain; Ondergrondse fasiliteite regoor die wêreld, insluitend Rusland se uitgestrekte Mezhgorye-kompleks en Australië se CIA-bestuurde Pine Gap; Die langvergete koerantopskrifte wat berig het dat Adolf Hitler en senior SS-beamptes na die Tweede Wêreldoorlog 'n Nazi-kolonie onder Antarktika kon gebou het; Gerugte dat menslike-ruimtewesens gesamentlike ondernemings onder die grond plaasvind en dat ontvoerde burgers in ondergrondse gevangenisse aangehou word vir onwettige mediese eksperimente soos kloning. Waarom spandeer die Globale Adelikes triljoene dollars van hul swart begrotings om sulke groot netwerke van ondergrondse (en ondersese en onderys) terreine te bou? Berei hulle bloot voor vir noodgevalle soos per amptelike regeringsverklarings? Glo hulle dat 'n Armageddon-scenario op hande is? Werk hulle in die gehei

Ongelooflike Daisy!

by Bangula Lingo Centre CC Syia Masuku

Leesboek: Eerste Paragrawe

Ongewenste Buurman: @@@center@@@ONGEWENSTE BUURMAN

by Dirna Ackermann

... die respek wat haar status vra.” “Ek is in beheer op hierdie perseel,” antwoord Jo koel. “Dis Mac wat jou betaal, dus sou ek sê hy' is eintlik in beheer.” “Ek is ten volle bewus daarvan dat Kean . . .” “Kean?” Dit lyk asof iemand Angelica se toon ...

Refine Search

Showing 476 through 500 of 694 results