- Table View
- List View
Ongewone Sukses
by Gabriël AgboOngewone Sukses! God het jou bestem om suksesvol te wees. Dit is jou reg. Dit is jou natuur. Dit is reg hier in jou D.N.A. Jy het geen verskoning om ’n mislukking te wees nie. Alles was jy ooit nodig mag kry om dit in hierdie lewe te maak, is alreeds in jou geplant en is ook in die gebed. Waarheid. Hierdie boek sal jou oë oopmaak tot hierdie ewige waarheid. Jy kannie deur dit gaan en dieselfde bly nie. Hier sal jy onderwerpe vind soos: Jy Kan Slaag, Dinge Is Nie Wel Nie? O Here, God van Hemel, Hy Hou Sy Verbond, Luister Na My Gebed, Ken Sukses en Guns aan My toe, Visie-Plan-Werk, Tydsberekening, Oorkom Struikelblokke, Dit is Gedoen! U sal die geheime ontdek van die rykste man wat ooit geleef het, die sterkste man en die mees invloedryke koning. Daar is ook gebede wat jou outomaties op die pad na sukses sit. God het jou nie ontwerp om te misluk nie. Hy het jou na Sy ewebeeld geskape. Dit beteken eenvoudig dat as Hy ’n sukses is, dan moet ons ook wees. Jy is gebore en gered om te slaag! Lees en word getransformeer.
Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte
by Geoff Wells Vicky Wells Corlia JonesOns is dol oor prutpot etes want hulle is maklik, gerieflik en lekker. Nog beter is prutpot etes wat jou help om gewig te verloor en gesond te word en bly. Jy sal vind dat wanneer jy 'n vegetariese or vegan dieet volg, jy 'n baie meer voedingstof-digte voedsel eet terwyl jou kalorieë baie laag gehou word. Dit is nie te sê dat ALLE vegan en vegetariese kos lae-kalorie is nie. Jy sal nogsteeds jou inname van vette en hoër kalorie kosse moet dophou, maar jy sal ook vind dat jy die "versadige" gevoel langer behou omdat jou liggaam meer van die noodsaaklike voedingstowwe opneem. Sommige van die resepte is goed vir detox en hulle is sodanig gemerk. Al die resepte Is vegetaries of vegan en meeste van hulle sal ook help met gewigsverlies. Party van die nagereg resepte is 'n bietjie hoër in kalorieë so gebruik dit spaarsamig.
Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë
by Elmarié Smal James Morcan Lance MorcanOntmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë deur onafhanklike navorsers en filmmakers James Morcan & Lance Morcan met die voorwoord deur Holocaust oorlewende Hetty E. Verolme (skrywer van The Children's House of Belsen), is daarop gemik om uiteindelik die ontkenning vir eens en vir altyd te eindig, deur die bisarre verskynsel kop-teen-kop aan te pak. Geskryf in noue konsultasie met Holocaust oorlewendes en die Tweede Wêreldoorlog historici, is geen steen onaangeraak gelaat om die historiese feite van die volksmoord noukeurig te bevestig nie. Die Morcans bied 'n wye verskeidenheid van bronne aan, insluitend Nazi dokumentasie, ooggetuieverslae, wetenskaplike verslae en skokkende fotografiese bewyse; dit sluit ook in, debatte wat ontkenners wil skep. Een vir een, word hierdie verskillende argumente van die Holocaust ontkenners gebruik om dit te probeer diskrediteer met oorlog rekords wat noukeurig nagegaan is en dan dit stelselmatig as onjuis bewys. Teorieë wat ontmasker is, sluit die volgende in: die ses miljoen dodetalsyfer wat 'n oordrywing is; gaskamer uitwissing wat fiktief is; Adolf Hitler en die Derde Ryk word verkeerdelik swartgesmeer is; die ontleding van die Holocaust rekords wat taboe is, as gevolg van spesifieke wette in Europa kriminaliseer ontkenners; “Euwel Sioniste” en Israel wat so magtig is dat hulle geskiedenis kan sensor. Die Holocaust word in die bladsye van hierdie boek as een van die mees goed gedokumenteerde en die mees histories en forensies-beproefde misdade van die 20ste eeu te wees. In die proses het baie van die wêreld se mees berugte ontkenners, insluitend skandalige Britse historikus David Irving en die voormalige President van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, geopenbaar dat hulle niks anders as anti-Semiete is wat op soek is na verdere swartsmering, ondermyning en demoralisering van die wêreld se Joodse bevolking. In hierdie insiggewende leesstof wat meer as twee millennia van global
Ontmoet Tommy die snaakse speelgoed maker
by Bernard Levine Jacques KlopperHallo Meisies en Seuns, ek is Tommy die speelgoed maker. Ek het baie snaakse stories om jou te vertel. Kom binne in my speelgoed fabriek en sien al die opwindende speelgoed wat ek het.
Ontsagwekkende Liefde
by Bernard Levine Elmarié SmalSEËN IEMAND VANDAG Deur BERNARD LEVINE Seën iemand vandag met woorde van vriendelikheid Doen iets aangenaam vir 'n vriend Saai sade van bemoediging in 'n vreemdeling se hart Vertel jou geliefdes dat jy hulle hartlik waardeer Maak iemand se dag kosbaar en mooi Gee God die eer vir Sy grootheid Versterk jou maat met vrugte van vreugde Voeg geloof by jou buurman se lewe Seën iemand vandag en onthou - Jesus het jou lief.
Ontvang Jou Wonderwerk
by Petro Ebersöhn Bernard LevineHierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek. Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!
Onverwags myne
by Susan PienaarDie suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie. Hy leef ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek? Dit blyk dat Amanda se eks nie wil aanvaar dat dinge tussen hulle verby is nie. Boonop beweeg Leonardo in eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan aard tussen die Kaapse elite?
Oorleef Skisofrenie
by Richard Carlson Jr.Richard Carlson Jr. was gediagnoseer met paranoïese skisofrenie toe hy een – en – twintig jaar oud was. Sy siekte het begin toe hy in vroeë adolessensie was. Moderne psigiatrie het Richard oor ‘n dekade misluk. Toe, na ‘n insident met die polisie het hy regtig verstaan dat sy diagnose werklik is, en het uiteindelik die lang proses om te herstel begin. Meer as tien jaar later het sy lewe geweldig verbeter. Saam met sy behandeling het Richard ook herstel van depressie, obsessiewe – kompulsiewe – versteuring, en lusteloosheid. Moenie dat dit wat met Richard gebeur het, met jou, ‘n geliefde, of ‘n pasiënt met ernstige geestes siektes gebeur nie. Wees altyd eerlik met mekaar, en met jou psigiater.
Oorlog teen Okkultisme, Toorkuns en Vals Geloof
by Gabriel AgboHierdie boek is ‘’n werk oor, wat ek noem die bose drie-eenheid: okkultisme, towerkuns en valse geloof. Daar is agente deur wie Satan sy bose planne teen die bevordering van God se Koninkryk en humaniteit, uitvoer. Hierdie drie takke van die koninkryk van duisternis werk in harmonie om bogemelde objektiewe te bereik. Satan is die inisiëerder en aan die hoof van elkeen van hulle. Jy sal altyd die ander kry wanneer enige een van die ander in werking is. Dit is hoekom ek hulle ’n drie-eenheid noem. Byvoorbeeld, in okkultisme sal u ook towerkuns en vals geloof vind. Die valse profete en hekse behoort gewoonlik aan geheime verenigings en kulte. Hulle vertak volgens hulle onmiddelike objektiewe en operasies. Hulle is verskillende takke van dieselfde boom. Maar hoe beheer ons hierdie eeue oue spirituele bedreiging wat soveel chaos aan die mens en sy gespanne verhouding met sy Maker veroorsaak het? Dit is wat ons hier probeer offer. Elke Christen moet opstaan, die volle wapenrusting van die Koninkryk van die Hemel aantrek en hierdie sataniese aanslae beveg. En ons moet dit nou doen, dringend en vasberade.
Op 'N Stormsee: Ware Verhale Van Suid-Afrikaanse Seereddings
by Andrew Ingram Tony WeaverDie waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die faktore wat mense in lewensgevaar laat beland en soms tot tragedies lei. Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander mense te red. Hulle sal dikwels in gure weer en in die donker en ysige koue uitvaar en alles in hul vermoë doen om mense veilig terug te bring. Die boek bevat ’n versameling stories oor waagmoedige reddingspogings gevul met drama en gevaar. Van brandende skepe tot haaiaanvalle en sinkende vistreilers – dit is die verhaal van die mens se ewige stryd teen die see.
Op die Maat van Maya
by Nerine Ahlers Alet SteenkampMaya is oortuig van drie dinge: 1. Sy wil ná skool medies gaan studeer. 2. Sy is die sanger Eduan de Bosch se grootste ondersteuner. 3. Dinge tussen haar en Mark is vir goed verby. Dan ontmoet sy een aand vir Joe, en besef daar is nog iemand wat al Eduan se liedjies woord vir woord ken. Maya kom nou net uit ’n ramp- spoedige verhouding met Mark en sy is nie gereed vir iets nuuts nie - niemand gaan in elk geval verby haar oorbeskermende ma kom nie. Maar voor Maya kan keer, sing sy saam met Joe in sy band en weet sy nie meer of ’n dokter al is wat sy wil word nie. Sy begin vir Joe val, maar Mark maak skielik weer sy verskyning. Die grootste ontnugtering van alles: Sy ontmoet vir Eduan, maar vind iets uit wat haar hele lewe uitmekaar laat val.
Op liefde se drumpel
by Elza RademeyerSuzanne hoop Phil sal haar binnekort vra om te trou. Sy worstel egter met paar vrae: Hoekom kan hulle mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer Suzanne en Phil se verhouding – veral wanneer tannie Gertruida 'n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman. Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman, wie se hart na sy familieplaas hunker en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie met ander oë na Herman te kyk nie. Melodie: vir jonk, vir oud, vir altyd
Operasie droomvrou
by Jade Mc MenaminElmien se beste vriend en geesgenoot Riekert, daag op 'n dag V onverwags met groot nuus by haar voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, maar in plaas van 'n glasskoen het dié Aspoester haar inkopielys verloor. Elmien besluit sy sal Riekert help om die droomvrou op te spoor met behulp van die inkopielys, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig meet sien. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Boonop het Elmien se ma ook meer as een eiertjie te lê oor hoe dinge eintlik moet verloop. Die twee vriende se planne neem links en regs allerlei vreemde en komiese wendings totdat albei onvermydelike besluite moet neem. Satyn ... want die hart het ook begeertes
Ou bloed
by Peet VenterOu bloed is 'n opvolg op Dieper as die bloed wat in 2012 verskyn het. Kaptein Thys Krige se dryfveer om 'n speurder te word is die onopgeloste moord op sy pa, die gehate stormramsakeman, Albert Krige. Krige se onortodokse metodes lei hom dikwels met ompaaie na sy einddoel. Landdros Hugo Maas en Pastoor Ron Parsons word in die loop van een nag vermoor. Maas het Parsons reeds tweekeer op aanklagte van pedofilie vrygespreek op grond van onvoldoende getuienis. Krige word deur opsetlike leidrade wat die moordenaar laat na die moordtonele gelok. Hy besef die moordenaar is dieselfde geheimsinnige man wat gedurende sy ondersoeke in Dieper as die bloed met hom gekommunikeer het. Ook is dit dieselfde persoon wat die aand toe sy pa vermoor is vir hom gesê het, 'kyk dieper as die bloed'. Hy glo dit is sy pa se moordenaar. In beide Maas en Parsons se huise is kinderpornografiemateriaal wat daarop dui dat hulle pedofiele was. Twee meisies, Patsy Willems en Salome Marx, in hul vroeë tienerjare raak in verskillende dele van Pretoria vermis. Hulle word aan kinderhandelaars verkoop, en van Maputo na die Midde-Ooste verskeep. Tydens die reis kaap Somaliese seerowers die skip. Krige ontvang 'n verdere leidraad van die moordenaar; 'n DVD-opname van hoe Maas en Parsons vermoor word. Daar is ook 'n foto by van 'n meisie in haar vroeë tienerjare, en 'n nota. Die nota sê die meisie se naam is Karen, en dat sy 'ou bloed' is wat steeds roep. Krige vind uit Karen het vyftien jaar tevore vermis geraak, enkele dae voor sy pa vermoor is. Dieselfde aand toe sy pa vermoor is, is haar ontvoerders ook vermoor, maar sy het verdwyn. Slegs pornografiese materiaal van Karen en etlike ander vermiste meisies is in die vermoorde ontvoerders se huis gevind. Krige kom tot die gevolgtrekking dat Maas en Parsons se moordenaar hom wil teruglei na daardie gebeure. Hy soek na 'n verband tussen die moordenaar, Karen, sy pa, en die ontvoerders. 'n Priester, die oom van Karen Borijn en haar broer Constantin, gee hom meer inligting. Navraag by Interpol onthul dat Constantin Borijn 'n bedrewe kuberkraker en moordenaar van pedofiele is wat lank reeds gesoek word. Krige treë in verbinding met polisielede wat destyds by die ondersoek na Karen se verdwyning en die moord op haar ontvoerders betrokke was. Hy kry onder andere inligting oor Salome Marx wat onlangs vermis geraak het. Dit bring hom op die spoor van drie Libanese; twee mans en 'n vrou. Hulle het Salome geken, en was die laaste persone wat haar gesien het. Die ontvoerders van Patsy Willems word vermoor. 'n Ooggetuie vertel vir Krige dat drie mense, vermoedelik twee mans en 'n vrou, die daad gepleeg het. Hy het ook gesien hoe Patsy Willems aan kinderhandelaars verkoop word. Krige lei af dat die moord oor territoriale regte gaan. Met die inligting, die hulp van Interpol, en 'n SMS wat Maas en Parsons se moordenaar vir hom stuur, kom hy op die spoor van die kinderhandelaars, en kry hy bevestiging dat die Libanese betrokke is. Op grond daarvan lei hy af dat die Libanese gereelde verskaffers aan die kindehandelaars moet wees. Hy reël 'n klopjag op die kinderhandelaars se plek, en gaan stel self ondersoek in by die Libanese se plek. Tot sy verbasing is die geheimsinnige moordenaar van Maas en Parsons ook daar. Hy is Constantin Borijn, het Krige se selfoongesprekke afgeluister, en so sy planne agtergekom. Krige verwond hom in die skietgeveg, maar voor hy sterf dwing hy 'n bekentenis uit die Libanese vrou dat sy en die twee mans vir Albert Krige vermoor het, asook die ontvoerders van Karen. Dit is die rede waarom Borijn vir Krige teruggelok het na die verlede; om sy suster, Karen, te wreek, en vir Krige die waarheid oor Albert Krige se moord te gee. In 'n dokument wat Constantin Borijn agterlaat kom dit uit dat hy Krige se halfbroer is.
Oupa is hemel toe
by Amber Richards Madelyn CoetzeeVoorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Outeurpreneur in Pajamas: Vestig jou skrywersplatform sonder om die huis te verlaat
by Geraldine SolonNou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.
Pablo se pleidooi
by Erick Carballo"Pablo se pleidooi" is 'n roman waarin die eensaamheid, afknouery, ondeug en selfsug van 'n vader verweef is, en die onverskilligheid van 'n moeder wat haar seun aan sy lot oorlaat om 'n nuwe lewe met 'n man wat 'n belowende toekoms verseker. Pablo is 'n agtjarige seun wat net een vriend het wat hy kan vertrou, maar 'n reeks gebeure lei hom tot 'n tragiese lot.
Pad na jou hart
by François BloemhofIets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.
Padmaker
by Christine Barkhuizen le RouxTwee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. In die padkampe het haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê. Daar het haar ma se probleme ook begin.