- Table View
- List View
SKEUR
by Carel Van Rooyen“As hulle sê die eerste aardbewing kom ná twee vanaand. dan beteken dit mos dit kom vóór halfdrie. Ek weet daar is nou nuwe tegnologie en alles, maar dink julle regtig hulle kan dit so akkuraat skat?" Niemand antwoord nie, maar Elsa lyk nie gepla.nie. Luan staan op. “Ek gaan nog lets kry om te drink." Hy bly lank weg. Toe hy terugkom. praat ons al politiek in die Midde-Ooste. In sy een hand is 'n bottel. Die ander een hou hy agter sy rug. “Julie," sê hy. “Kyk wat het ek." “Wat?" “Bier? Ek dog jy kry iets sterkers," sê Gerrit. Luan loop tot in die middel van die vertrek. "Ek hét iets sterkers gekry," sê hy. Toe eers haal hy sy hand agter sy rug uit. In sy hand is 'n rewolwer. Alle beweging stop, ’n Sonbesie begin skree. Hoor hulle dit ook? “Dis om ons veilig te hou," sé Luan. "Hoekom lyk julle so vrek bang?” Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het net nog altyd gedink hulle het darem een. Maar die lewe is ’n veldbrand wat alles vernietig. Dit maak nie altyd sin nie. Soos haar pa wat te vroeg weg is. Of hoe meneer Voster haar laat voel. En nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig op 21 Julie. Vrydag is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
SOEN
by Jan Vermeulen“ Meneer Coetzer het iets ernstigs op die hart. ” Sy pa en die hoof se oë smelt saam. “Jy is Algoa Hoër se mees voorbeeldige hoofseun in jare, Peet. Vanjaar verower jy nog die SA Beker vir Redenaars. Ons verwag van Jou minstens sewe A’s. En een vir kuns, volgens meneer Buthelezi. Jy is voorwaar ’n uiters begaafde Jongman. Maar vandag kom ek na Jou toe met 'n netelige kwessie. Jy weet waarna ek verwys.” "Ek het nie 'n idee nie, Meneer. ” Die hoof kyk so gevoelvol soos 'n skeurtandhaai na hom. “Juffrou Reynolds beweer jy het haar met die dood gedreig, Peet. Dat Jy haar met 'n mes sal doodmaak as jy haar nie Kan kry nie. ” Peet Rautenbach het 'n donker geheim: sy obsessie met die blonde juffrou Scarlett Reynolds. En die stem in sy kop. Hy hoor dit al sy lewe lank. Toe die polisie begin vrae vra oor meisies vat verdwyn en gerugte van ’n reeksmoordenaar die rondte begin doen, is die altyd voorbeeldige Peet skielik die middelpunt van die ondersoek. Hy leer ken Port Elizabeth se Goth-onderwêreld, waar die makeup en maskers meer as net die identiteit van die partytjiegangers toesmeer, en waar Peet se stem uiteindelik ’n naam kry.
Savvy Geschichten
by Dan AlatorreDie prag van kinders is gesetel in die feit dat alles hulle betower. Die prag van ouerskap is daarin gesetel dat ouers daardie betowering deur die hart van die kind sien. "Savvy" is 'n humoristiese en aangrypende blik op kindertyd se verlore betowerende oomblikke soos deur 'n pa gesien. Kruip, loop, speelafsprake, klippieskop, hibiskusse, leer om die potjie te gebruik, prinsesrokkies - en babadolfyne. Die hele wye spektrum van haar vrae en sy antwoorde.
Selfone, Skelms en sjokolade: @@@center@@@Selfone, Skelms en sjokolade
by Nerine Ahlers Alet SteenkampLindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak…
Selène
by Valerio Dalla Ragione Elmarié Smal'n Wêreld wat herhaaldelik hervestig en hervorm is op 'n klassieke grondslag wat nou vervalle is, 'n swak sosiale integriteit en 'n eeue oue verdrag tussen die stadstate wat die oorlog oorleef het, Redui en Eyodasmi. 'n Ingewikkelde en delikate menslikheid van die sesde millennium, vier studente verlaat hul tuisdorp in die lig van die hoogste vlak van geleerdheid in die kulturele hoofstad van die tyd. Sosiale spanning en ideologiese implikasies oorheers die toneel waar die lewens van die vier vriende rondgesleep en ontwrig word, wie se ervarings hulle dinge laat doen wat hulle nooit gedink het dat hulle dit moet regverdig of teen dit wees nie, as in daardie wêreld rondom hulle. Optimisme, selfvertroue in kennis en in hul vermoëns sal nou aanskou word in al hul illusie, en die redes van die vreeslikste misdade soos die hoogste meriete uitstaande bly, span die aksies en dialoë van die hoofkarakters saam.
Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke
by Nerine Ahlers Alet SteenkampLindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …
Shani en die Sokkie: @@@center@@@Reënboogrant Maats Shani en die Sokkie
by Ansonette KrugerOu Biltong, die hoof van Laerskool Reënboogrant, het toestemming gegee dat die kinders 'n dans mag reël om geld vir liefdadigheid in te samel. Sunette en Shani weet sommer dit gaan die grootste gebeurtenis ooit wees! Terwyl Sunette nog tob oor 'n rok en 'n date, beraam Shani vinnig planne om 'n stunning rok in die hande te kry en die oulikste ou in die skool sover te kry om haar na die sokkie te vra. Nooit in hul wildste drome het hulle kon raai wat alles by so 'n sokkie kan gebeur nie...
Sielsiek (Afrikaans Edition)
by Carla van der Spuy Henk SwanepoelDie Psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers
Simon gaan ballet toe en Elkeen is anders
by Elizabeth Eagar Elaine MacdonaldHuistaal Graad 5 Gegradeerde lessboek
Sing Ons Nou Van Kersfees
by Petro Ebersohn Michael D YoungKersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.
Sing die Waarheid: Die storie van Miriam Makeba
by Claudia Tredoux Louwrisa BlaauwLeesboek: Hardop Lees
Sirkus
by Irma VenterDis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chronies siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sý nie, ooit heeltemal onskuldig is nie.
Skarlaken
by Irma VenterOpsomming Haar pa het buite gaan asemskep toe hy haar gesien het. Die boonste laag van die pan was gevries ná die vorige nag. Dit het onder sy voete gekraak en fyn spinnerakke gemaak soos hy geloop het. Versigtig al nader aan die rooi fiets en die vrou wat op haar sy, halflyf – presies halflyf – in die modderige ys vasgevang was. Die fiets was nie hare nie, maar die trourok wel. Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?
Skat, ek wil hê jy moet weet hoe spesiaal jy vir my is
by Bernard LevineBinne hierdie unieke boek, sal jy 'n versameling vind van opwindende romantiese woorde om jou gevoelens en jou liefde vir jou geliefde uit te druk.
Skerwe
by Sally PartridgeDIT VAT ’N EWIGHEID OM DOOD TE GAAN. WIE HET VIR DEMI DOODGEMAAK? Ses vriende woon ’n musiekfees in die Sederberge by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Lee Combrink haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.
Skoenlapper
by Irma VenterBriljant geskryf ... Venter mág maar skryf. En sy moet. – Rapport Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom, en dit kom al van lank voor sy joernalisdae af. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. En soos gewoonlik haal die chaos vir Alex in. Eers begin dit reën sender ophou, en dan spoel die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uit. Skielik blyk dit Ranna het rede om haar verlede weg te steek. Waarom anders stel die polisie in haar belang?
Skrapnel
by Irma VenterFiksie: Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abramson se spoor na Indië, waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna, vryskutfotograaf en Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verbrand met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê doe leidraad om 'n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?
Skuldig
by Martin SteynAs die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie? 'n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die "skoon" toneel en hy is oortuig dis 'n professionele moordenaar se werk. Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so 'n dood te verdien? Minder as 'n week later staan Menck weer voor 'n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog 'n ongelukkige vrou, 'n eks hierdie keer, hulle seuntjie 'n twispunt. Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit 'n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet. Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf? Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.