Browse Results

Showing 101 through 125 of 602 results

Die Avonture van Knypie Krap en Ramon D'Escargot

by Dan Alatorre Petro Ebersöhn

'n Klein dogtertjie gaan saam met haar gesin strand toe waar sy vriende maak met 'n krappie en sy maats. Alles gaan goed totdat 'n klein vreemdeling na 'n storm op die strand uitspoel en sy besluit om saam met haar vriende te probeer om hom weer terug te kry by sy huis - in Frankryk! Geniet hierdie volkleur, geïllustreerde kinderboek saam met jou kind! Ideaal om vir jou kleuter voor te lees, of vir die wat bietjie ouer is om vir jou te lees!

Die Avonture van Superkoei

by H. van der Haar Danielle Bruckert

Leesboek: Eerste Woorde

Die bees met een horing

by Carina Labuschagne Marion Drew

Leesboek: Eerste Paragrawe

Die Besoeker

by Francois Keyser

Agterblad : Welkom in die wereld van “Die Woudties” “Die Woudties” is ‘n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van 5 dieremaats. In hierdie boek maak 'n vreemde besoeker sy verskyning in die woud en wildit lyk of hy vir Abbit die hasie opgevreet het. Raff sien die besoeker eerste en moet sy vriende gaan waarsku. Sal Raff betyds by sy vriende uitkom en gaan hulle hom glo? Francois se oudste dogter was sy inspirasie om “The Junglies” te skryf. Vir meer inligting oor “The Junglies” en Francois besoek asseblief http://www.francoiskeyser.weebly.com of gaan kyk na “ The Junglies” se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Die Bewaarder se Towerboek

by Liezl Dreyer Rain Oxford

Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie. Toe hy 'n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.

Die blou uur

by Christine Le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

Die dag toe ek my hare losgemaak het

by Willemien Brümmer

Die kortverhale in hierdie debuutbundel beeld op treffende wyse, plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong ma. Dit beeld ook uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis verhale staan los van mekaar, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit amper ’n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Die dansende boerbok

by Kayla Haarhoff José Nhambo

Leesboek: Eerste Sinne

Die De Zalze-moorde: Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het

by Julian Jansen

Die gesinsmoord wat die land tot stilstand geruk het

Die Dissonant

by Claudio Ruggeri Juliet Perie

Ralf Brandenburg, internasionale musikant, is dood gevind op sy geliefde klavier. Die man in beheer van die ondersoek, Vincent Germano, sal die moord moet oplos met niks anders as die woorde en skinder van mense wat gelukkig genoeg was om Ralf te geken het.

Die dokter se rebelse ridder

by Melanie Milburne

Mediese Romanse

Die Donkerhoek-driehoek: @@@center@@@Speur Tersia Thom 2 TERSIA THOM IN Die Donkerhoek-driehoek

by Martie Preller

Wat sal jy doen as 'n rustige naweekkuier saam met jou beste vriende skielik in 'n ontvoeringsdrama ontaard? As onskuldige mense om jou aangeval word, en die een raaiselagtige ding ná die ander gebeur, maar niemand kan agterkom wat aangaan nie? En as daar boonop 'n aantreklike blondine op die toneel verskyn wat oë het net vir jou kêrel? As jy Tersia Thom is, hou jy jou lyf speurder, begin jy mense dophou en afleidings maak ... en vat jy die blondine aan!

Die dooies praat nie

by Michelle

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: hoe diep wil hy betrokke raak?

Die Driehoekige Sirkel: @@@center@@@Die Driehoekige Sirkel

by Corrie Vorster

Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een doel voor oë: vergelding. Diegene wat haar as jong tiener uitgebuit, gespot en verwerp het, moet weet hoe dit voel om verneder en verloën te word. Na soveel jare eien niemand die onderwyseressie as die oorgewig, naïewe Karolientjie van die verkeerde kant van die dorp nie, en kan sy haar planne in werking stel. Maar Caro het nie rekening gehou daarmee dat sy emosioneel betrokke gaan raak by die lewens van haar kollegas en leerders nie – die aantreklike Steyn Brink, die oulike verloofde paartjie Betsie en Dirk, die bitsige Salome, en die plomp, ongelukkige tiener Lauren, in wie sy soveel van haar eie hartseer jeug herken. Wanneer Caro aanbied om die skool se Graad 11-krieketspan af te rig, raak dinge egter eers ingewikkeld. Die seuns vind dit moeilik om ’n vroulike afrigter te aanvaar, en wanneer rassisme in die span die kop uitsteek, kom Caro voor haar grootste toets te staan. Ironies is dit egter juis die rassespanning onder die jong spelers wat Caro in staat stel om die tragiese gebeure van haar verlede te konfronteer.

Die Duiwel in Eden

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Wanneer die Afrika nag op sy donkerste is, jag hy juis die mense wat hom jag. Piet van Zyl, safari jagter, moet sy vrou, Peggy verlaat, alleen op hulle kleinhoewe. Hy moet 'n moordenaar wat skuil in die skadu konfronteer, wat die duiwel genoem word deur die vreesbevange mense waarop dit jag. 'n Vinnige pas aangee riller wat jou op jag sal neem vir 'n mensvreter, en jou die nag inlei van waar jy dalk nie kan terugkeer nie.

Die eerste man en eerste vrou

by Ezelle van den Berg Jemma Kahn

Leesboek: Langer Paragrawe

Die eiland 'n distopiese jeugroman

by Jen Minkman Petro Ebersöhn

"Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk. "Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. "As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie. "Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red. "Niemand wil met sulke idiote meng nie." Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het. Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar? Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?

die Eks, die Sprokie en die Padda-Prins (Afrikaans Edition)

by Martie Janse van Rensburg

Sy het 'n villain in haar lewe - die eks Francois Conradie...nadat Francois een vakansie haar hart gebreek het, het Nadia haar geloof in liefde verloor. Sy het 'n sprokie in haar lewe - hy is die enigste een wat haar hart laat vinniger en stadiger klop op

Die Gebreekte Raam

by Claudio Ruggeri Mignionette Fair

'n Man word dood in sy kunsgalery gevind en daar sal van Vincent Germano verwag word om deur duisende moontlike aannames te waad. Die Kommissaris sal die swartgallige ondersoek moet hanteer.

Die Geheim

by Katrina Bowlin-Mackenzie Leonie van der Wath

Almal het 'n geheim! Iets wat niemand mag weet nie. Dis eindelik 'n verligting as die gehem gedeel word.

Die geheim van Mapungubwe en ander stories

by Barbara Herbert Bob Herbert Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde lessboek

Die Geheime van die Jode (Wat Christene nie omtrent die Jode weet nie)

by Bernard Levine

Jesus Christ (self 'n Jood) was teen die tradisies van die Jode omdat die wette wat deur die Joodse Rabbis gemaak word, 'n swaar las op die Jode plaas wat nie in staat is om hulle ten volle na te kom nie. Nie net moet die Jode God se heilige wette, soos opgeneem in die Skrif nie, maar die Jode moet ook die mens gemaakte wette van die Rabbis gehoorsaam en onderhou. As die Jode net kan besef dat God hulle nie sal straf as hulle toiletpapier op die Sabbat skeur nie en Hy gee nie om as die Jode kaasburgers eet, wat 'n kombinasie van vleis met 'n suiwelproduk is, in dieselfde maaltyd geniet nie.  Ek is so geseënd en hoef nie soos die Jode te wonder wie die ware Messias is nie.  Daar is honderde Bybelse profesië wat alreeds vervul is as bewys dat Jesus Christus die komende Messias is. Ek is so diep dankbaar en baie bevoorreg dat ek bevry is om al die 613 Ou Testamentiese wette te onderhou en ek kan deur die genade van my Here en Redder, Jesus Christus, leef.

Die Geheime van die Joodse Wêreld: Wat Christene Nie Weet oor die Jode Nie, Boek 1

by Elmarié Smal Bernard Levine

Hierdie boek sal deure oopmaak na opwindende nuwe ontdekkings waarvan jy nog nooit van te vore gehoor het of van geweet het nie aangaande die Joodse leefwyse. Jy sal uitvind Hoekom word Joodse vroue nie toegelaat om 'n Bybel aan te raak of te lees nie? Wat is Jesus se van? Watse letters van die alfabet is onderstebo gedruk in die Bybel? Hoekom eet Jode nie kaasburgers nie? Wat is God, die Vader se unieke persoonlike naam wat in die meeste Bybels weggelaat is? Wat is die verskil tussen Hebreeus en Jiddisj? Is Jode toegelaat om te kniel in gebed? Is alle Jode dieselfde? Is daar verskillende Joodse godsdienstige sektes? Is daar 'n spesiale gebed wat gesê moet word voordat hulle na die toilet gaan? Hoekom mag vroue nie by hul mans sit in die sinagoge nie? Hoe om te getuig van Jesus Christus aan 'n Jood? Dans Joodse mans saam met die vroue? Vir diegene wat lief is vir die Joodse mense en wat smag om meer oor die Joodse geloof en hul leefwyse uit te vind, vir elke Christen wat Jesus liefhet en meer wil leer oor Sy Joodse wortels....hierdie unieke boek is gevul met baie kosbare geheime wat nou geopenbaar word!

Die Geheime van die Lewe: Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!

by Bernard Levine

Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!            Raak harte                                 Verander lewens

Die Golwe

by Jen Minkman Petro Ebersohn

My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het. Ek sit op sy knie en kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal." "Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig. Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom." Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel. "Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet. "Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie." Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak. Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel. Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!

Refine Search

Showing 101 through 125 of 602 results