Browse Results

Showing 101 through 125 of 603 results

Somersprokie

by Alma Carstens

Charlotte, oftewel Charlie, vra vir Christiaan om haar te help om haar seehuisie op te knap, maar hy besef hy sal sy gevoelens vir haar in toom moet hou want wie sê haar verhouding met James Duncan, die internasionale rolprentheld, is verby?

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Winterdroom

by Alma Carstens

Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds 'n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

by Pennie Mae Cartawick

Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.

Dinge wat ek weet

by Caitlin Chislett Michael Nakuwa

Leesboek: Eerste Sinne

Padmaker

by Christine Barkhuizen le Roux

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. In die padkampe het haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê. Daar het haar ma se probleme ook begin.

Huis van Gruwels: My 16 Jaar In Die Springs-hel

by Susan Cilliers

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind. Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Primus AD

by Billy Clinton Mauricio R B Campos

Die landvorming proses op Mars sou nooit suksesvol gewees het teen die tyd dat dit uitgevoer is as daar geen hulp van die robots was nie. Toe die eerste Huŏxīng 3.0-masjiene op Mars aangekom het, het hulle die aanvanklike menslike kolonies gevind. Heeltemal afhanklik van voorrade wat gereeld vanaf die Aarde gebring word. Die masjiene was reeds selfversorgend, geprogrammeer om in die Marsse grond te vind wat hulle nodig het om replikas van hulleself te skep, en boumateriaal vir die kweekhuisgasbedrywe, wat koolstofdioksied in suurstof aangewend het. Elke nuwe skip wat op die rooi planeet aangekom het, het aan die menslike gemeenskap voorsien, 'n nuwe reeks masjiene het aangekom om die proses van landvorming te help. Benewens die Humanoid robots van die werkersklas, het die sowers gekom. Die saaiers was groot springrobotte, wat voordeel getrek het uit die seldsame atmosfeer van die planeet om spoed tot dertig meter hoog in hul voortbeweging uit te voer. Hulle het in hulle boesem 'n kolonie bakterieë gedra wat hulle in die dertiende dale en vlaktes van Mars gekweek en versprei het. Bakterieë wat spesiaal vir hierdie doel ontwikkel is deur aardse genetici, het vinnig gereproduseer en deur fotosintese het koolstofdioksied in suurstof verander.Vir baie jare het hierdie robotte hierdie proses van landvorming voortgesit totdat daar onder wetenskaplikes ooreengekom is dat die water by die Marspole nie sal smelt teen die spoed wat nodig is om 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir menslike lewe nie. Na baie beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die beste opsie om water na Mars te bring, sou wees om die yswater tussen die mane en die atmosfeer van Jupiter te trek. Dit sou verskeie missies in hierdie vyandige omgewing inneem, sodat die hoeveelheid water voldoende was. Tegnologiese ontwikkelingsmaatskappye moes masjiene toerus met toenemend komplekse kunsmatige intelligensie prosesse vir hierdie poging om die masjiene vry te stel van afstandmoni

Gam Se Tjind (Afrikaans Edition)

by Aubrey Cloete

Die ongekende pyn en gevolge wat misdaad op kinders laat, is absoluut hartverskeurend. Die slagoffers bly in ’n tronksel waarvan die oortreder alleenreg tot die sleutel besit. Soveel mag oor ’n ander siel is verbysterend. Terence Jacobs verteenwoordig miljoene daarbuite wat deur die poorte van die hel getrek word ongeag die uitkoms en treurige gevolge waartoe dit later lei. Hoe onregverdig dat sulke dade enigsins toegelaat word om plaas te vind! Veral binne die ruimte wat veronderstel is om sekuriteit en veiligheid te waarborg. Hoe kry die oortreders van sulke walglike dade dit reg om onverstoord aan te gaan met hul lewens ongeag die onoorkomlike letsels wat hul agterlaat by hul slagoffers?In “Gam se tjind” word die leser op ’n reis van geluk, hartstog, intense pyn en uiteindelik aanvaarding geneem. Die slagoffer vind ‘n manier om die onvermydelike en onomkeerbare te hanteer en ná ‘n paradigma skuif- uiteindelik bevryding vind.

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel: Die Buffel Jag

by Joe Corso

Die Lone Jack Kêrel is terug! Maar hierdie keer is hy saam met sy bloedbroer, Wilde Arend, Hoofman van die Kaw Indiane aan die ry op die vergete Butterfield Oorland Koets Roete deur gevaarlike stam gebiede. Al is hulle bewus van verskuilde vyandige Indiane en moorddadige struikrowers wat wag vir 'n geleentheid om niksvermoedende reisigers te roof en vermoor, besluit die twee om die verraderlike tog op die ou verlate roete deur Texas na Kalifornië te neem... maar op pad daarheen moet hulle 'n belangrike draai maak in El Paso. President Grant het gevra dat die Lone Jack Kêrel die Groothertog Alexis in San Diego ontmoet en die jong Russiese edelman vergesel na Nebraska om saam met Generaals Sheridan en Custer, en Buffel Bill Cody deel te neem aan 'n groot buffel jag. Die Lone Jack Kêrel en Wilde Arend se reis neem hulle weswaarts - deur onbekende Indiaanse Grondgebied waar hulle langs die pad kamp in verwaarloosde tent dorpe na Kalifornië waar hulle ware avontuur begin ... Lees verder en volg die bekroonde reeks na sy opwindende slot!

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)

by Joe Corso

Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel

by Joe Corso Marlette Taljaard

Agterblad Beskrywing (Back Page Blurp) “Deur die skrywer van The Starlight Club wat Silwer gewen het in die 2012 eLit boek wedstryd” Dit was oorlogstyd en manne het geleef en gesterf in gevegte teen hul vyand ... en somtyds het hulle gesterf in geveg teen mekaar. Cole het na die manne gekyk, sy hand opgelig en in ‘n stem hard genoeg vir almal om te hoor gesê, “Moenie dit doen nie, ouens. Sturman was ‘n geel brak, en ‘n droster, en julle hoef nie te sterf om sy soort te probeer wreek nie.” Daar was sewe Indiane en hulle het rondom twee semi-naak wit vroue, wat gelyk het soos ma en dogter, gestaan. Charlie het sy asem diep ingetrek en stadig uitgeblaas. Toe het hy gemik - - en gevuur, en gevuur, en weer gevuur, herhalend. Hy het vier van die Indiane platgetrek voor hulle geweet het wat hulle getref het. Toe het hy die oopte ingestorm en nog ‘n Indiaan geskiet wat vir sy geweer gereik het. “My naam is Charles Longstreet.” Die mans het na mekaar gekyk toe hulle hom erken. “Jy is die Lone Jack Kêrel?” Die Kêrel het geglimlag. “Die een en enigste.” Hy het sy hoed afgehaal en dit in die lug geswaai, toe gee hy die Rebelle skreeu. “Sien julle geld rowers in hel, manne.” Hy het die teuels gepluk en Comet met sy hakke in die lieste gedruk. Sy het haar kop gedraai en in die borrelende stroom ingespring met water so hoog soos die stiebeuels en het oorgenael, met die water al spattend in die lug om haar. Dit was nogal ‘n indrukwekkende vertoning van ruiterkuns, en die tol kollekteerders het met wrokkige admirasie toegekyk. Deel in die pret. Ry saam met Jesse en Frank James en die Younger broers terwyl hulle deel in die avonture van Die Lone Jack Kêrel. Lone Jack Kid het twee pryse gewen naamlik: Finalis van die 2012 Leser’s Gunsteling boek wedstryd & Finalis van die 2014 Laramie Toekennings boek wedstryd

Brief aan ma

by Jenny Da Costa Catherine Groenewald

Leeboek: My Eerste paragraaf

Spelteorie: ’n Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #2)

by Colleen Cross

Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.

Uitbarsting: Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter-misdaadroman reeks #3)

by Colleen Cross

Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!

Uittreestrategie: ’n Katerina Carter-misdaadroman deur Colleen Cross (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #1)

by Colleen Cross

Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...

Seekoeie nie Hare het nie

by Simone Culbert Carol Liddiment

Leesboek: Eerste Paragrawe

Tande

by Zoe Dalcos Rob Owen

Leesboek: Eerste Woorde

Toe die groot, blou bus laat was

by Anita Dall Mango Tree

Leesboek: Hardop Lees

Refine Search

Showing 101 through 125 of 603 results