Browse Results

Showing 176 through 200 of 603 results

Vir die voëls

by François Bloemhof

Die De Zalze-moorde: Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het

by Julian Jansen

Die gesinsmoord wat die land tot stilstand geruk het

Blits: Perlemoendiewe

by Nadine en Adriaan Blom

Hannes en Zander is die KONINGS van Melkbosstrand. As hulle nie die lane op hulle LONGBOARDS deurkruis of elke moontlike sonskyndag op hulle SURFBOARDS is nie, hang hulle uit by Goofy's, waar Luna naweke en vakansies waitress. En hulle ken MELKBOS en sy mense - daarom staan die ou in die paneelwa wat Hannes amper van die pad af ry soos 'n seer duim uit. Hier kom MOEILÏKHEID, weet Hannes. Melkbos se BLITSSPEURDERS het werk om te doen! Nadine en Adriaan Blom is 'n ma-en-seun-skryfspan van Melkbosstrand. Hierdie is hulle eerste boek. Blits is op Instagram! Voig Adriaan en Nadine by @blits_melkbosstrand.

SOEN

by Jan Vermeulen

“ Meneer Coetzer het iets ernstigs op die hart. ” Sy pa en die hoof se oë smelt saam. “Jy is Algoa Hoër se mees voorbeeldige hoofseun in jare, Peet. Vanjaar verower jy nog die SA Beker vir Redenaars. Ons verwag van Jou minstens sewe A’s. En een vir kuns, volgens meneer Buthelezi. Jy is voorwaar ’n uiters begaafde Jongman. Maar vandag kom ek na Jou toe met 'n netelige kwessie. Jy weet waarna ek verwys.” "Ek het nie 'n idee nie, Meneer. ” Die hoof kyk so gevoelvol soos 'n skeurtandhaai na hom. “Juffrou Reynolds beweer jy het haar met die dood gedreig, Peet. Dat Jy haar met 'n mes sal doodmaak as jy haar nie Kan kry nie. ” Peet Rautenbach het 'n donker geheim: sy obsessie met die blonde juffrou Scarlett Reynolds. En die stem in sy kop. Hy hoor dit al sy lewe lank. Toe die polisie begin vrae vra oor meisies vat verdwyn en gerugte van ’n reeksmoordenaar die rondte begin doen, is die altyd voorbeeldige Peet skielik die middelpunt van die ondersoek. Hy leer ken Port Elizabeth se Goth-onderwêreld, waar die makeup en maskers meer as net die identiteit van die partytjiegangers toesmeer, en waar Peet se stem uiteindelik ’n naam kry.

Omdat jy jy is (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oë nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap …

Blits 2: Operasie Hoërskool

by Nadine en Adriaan Blom

Alle goeie dinge kom te vinnig tot 'n einde! Die hoërskool is skielik op Hannes en Zander, en die somervakansie vol surfsessies en roomyse by die pers huisie voel baie ver weg. Op die eerste dag van skool kom praat 'n polisiekaptein in die saai oor die probleme met dwelmhandel in Melkbos. Hannes se speurinstink word verder geprikkel wanneer Luna hom vertel van 'n Amerikaanse talentagentskap wat haar vír 'n oudisie genooi het. En die vreemde ou in hulle klas, Harry Pieters, wat in Blouberg by sy ouma bly, wat is sy storie? Die Melkbos-heroes het 'n paar sake wat broei, en tussen-in moet huile ook nog hoërskooi trotseer ... Die tweede boek uit die pen van die gewilde ,a-en-seun skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe.

Operasie droomvrou

by Jade Mc Menamin

Elmien se beste vriend en geesgenoot Riekert, daag op 'n dag V onverwags met groot nuus by haar voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, maar in plaas van 'n glasskoen het dié Aspoester haar inkopielys verloor. Elmien besluit sy sal Riekert help om die droomvrou op te spoor met behulp van die inkopielys, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig meet sien. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Boonop het Elmien se ma ook meer as een eiertjie te lê oor hoe dinge eintlik moet verloop. Die twee vriende se planne neem links en regs allerlei vreemde en komiese wendings totdat albei onvermydelike besluite moet neem. Satyn ... want die hart het ook begeertes

Veldiep

by Fanie Viljoen

’n Ou, 'n meisie, en die einde van hul wêreld. Amber vra: Is ek mooi of is ek lelik? Tim se meisie breek sy hart. Nie een van hulle dink hulle sal ooit weer oukei wees nie, maar nes hartseer, kom geluk ook op onwaarskynlike maniere.

Onverwags myne

by Susan Pienaar

Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie. Hy leef ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek? Dit blyk dat Amanda se eks nie wil aanvaar dat dinge tussen hulle verby is nie. Boonop beweeg Leonardo in eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan aard tussen die Kaapse elite?

Legkaart van die liefde

by Renda De Waal

Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G'n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik. Hul paaie kruis – vir werk én plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak. Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik gereed is om Deon met haar hart én haar lyf te vertrou, besluit iemand uit haar verlede om weer sy opwagting te maak. Dinge ontspoor uiteraard op 'n dramatiese wyse. Twee jaar later moet Willa en Deon mekaar weer in die oë kyk. Nou worstel albei met die vraag: Kan hulle die verlede agter hulle sit en saam 'n toekoms bou? Satyn ... want die hart het ook begeertes

Elf Dae Op 'n Eiland

by Elizabeth Wasserman

Danika beweeg soos ʼn zombie saam met die tou mense by die inweegtoonbank en deur sekuriteit. Sy voel heeltemal alleen. Sy vind haar sitplek op die vliegtuig en druk haar oorfone in haar ore. Musiek is haar geselskap. Sy baklei met die vreesagtige gedagtes wat haar wil oorweldig. Dis beter om op positiewe dinge te konsentreer. Sy blaai deur die glanstydskrif in die sakkie teen die rugkant van die sitplek voor haar. Daar is ’n foto van ʼn eiland: groen palmbome teen ’n skelblou see en 'n poeierwit strand. Hoe sal dit voel om jou tone in die warm sand te druk? Die lugwaardin bring ’n skinkbord met ʼn broodjie. ’n vrug en ʼn sap. Pynappel. Haar playlist speel 'n liedjie met ’n reggae-ritme. Sy weier om opgewonde te raak. Sal haar pa haar op die lughawe ontmoet? Wat sê 'n mens as jy jou pa vir die eerste keer in sestien jaar sien? Deur die skrywee van die topverkoper Elf dae in Parys. wenner van ʼn ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Omdat jy my liefhet

by Elsa Winckler

Livie Mulder moet vir 'n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling nie, maar sy benodig die erfporsie om 'n belangrike droom te verwesenlik. Op die dorp moet die handyman Bart Coetzee haar telkemale uit 'n penarie red. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Hoekom moet hy dan juis só dodelik aantreklik wees? Bart het egter Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal Bart kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir 'n toekoms saam met hom. Satyn ... want die hart het ook begeertes

Liefde agter tralies: Ware Suid-afrikaanse Verhale

by Carla van Der Spuy

Hoekom raak mense verlief op misdadigers? Dit gebeur selfs wanneer hulle steeds hul vonnis uitdien. Carla van der Spuy voer onderhoude met die mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, asook kenners soos forensiese sielkundiges, en stel ondersoek in om te sien watter motiewe en denkprosesse sulke verhoudings dryf.

Op liefde se drumpel

by Elza Rademeyer

Suzanne hoop Phil sal haar binnekort vra om te trou. Sy worstel egter met paar vrae: Hoekom kan hulle mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer Suzanne en Phil se verhouding – veral wanneer tannie Gertruida 'n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman. Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman, wie se hart na sy familieplaas hunker en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie met ander oë na Herman te kyk nie. Melodie: vir jonk, vir oud, vir altyd

Elf Dae in Oxford

by Elizabeth Wasserman

Alycia het skaars op Heathrow-lughawe deur doeanekontrole beweeg, of sy kry ’n video-oproep van haar suster, Inez, uit Oxford. “Maak gou, Besem. Dump tannie Aggie en kom direk Oxford toe. Nou. Dadelik!” “Maar my bagasie-” “Stuff jou bagasie. Ek kan sien waar jy is – ek track jou. Stap reguit aan, draai links en volg die bordjies met die bus op. Daar is ’n bus wat oor sewe minute vertrek. Jy moet jou stert roer!” Maar toe hulle op Gloucester Green-busstasie in Oxford aankom, is haar suster nêrens in sig nie. Sy het darem Inez se adres en ’n nuwe kaart-app wat die vriendelike Siya op die bus vir haar op haar foon gelaai het. Waarom sou Inez haar so dringend hier wou hé? En die kaart- app met sy Alice in Wonderland-tema, wat het dit met Oxford, en met háár, te doen? Vreemder en vreemder ... Gou tuimel Alycia, nes Alice, af in ’n konyngat na 'n andersoortige Wonderland. Deur die skrywer van die topverkoper Elf dae in Parys, wenner van 'n ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Gangster: Ware Verhale

by Carla van Der Spuy

'n Intieme blik op bendegeweld – van dié wat die geweld gepleeg het sowel as dié wat onskuldig is. Carla van der Spuy praat met mense van ’n gangster wat “nie genoeg vingers en tone het” om te sê hoeveel mense hy gedood het nie tot ’n ma wie se kind sonder waarskuwing aangeval was. Sy laat toe dat mense in hul eie woorde ’n beeld skep van die hoop en wanhoop, onsekerheid en vasberadenheid wat deel is van lewe tussen gangsters. Met hierdie boek is daar insig tot hoe die gangs ledes kry, sowel as hoe mense probeer om weg te breek daarvan. Daar is insig vanaf ’n polisielid en van die groep wat ’n veel beter rehabilitasiesyfer het as die tronk – want daar is steeds hoop. Hier lê ’n gemeenskap sy hart bloot.

Elf Dae in New York

by Elizabeth Wasserman

Eendag. me so lank gelede me. was daar 'n meisie wie se pa haar na 'n veraf towerstad gestuur het om saam met haar nare stiefma by haar gemene stiefsuster te gaan kuier. Frances het haar nuwe stiefsussie eintlik nog maar min gesien. Amie studeer in New York aan die beroemde Parsons School of Design en haar internskap by die ontwerper Daniel is die begin van haar modeloopbaan, glo sy. Totdat twaalf van Daniel se couture-rokke voor die glansbekendstelling “ontvoer” word. Op die spoor van leidrade om die rokke te vind, ontdek Frances 'n New York soos dit in geen reisgids beskryf word me. Elf dae, twaalf rokke ... En ʼn ridder op 'n fiets

Ivoor (Afrikaans Edition)

by Jaco Wolmarans

’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40. Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help. Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ’n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

Mara (Afrikaans Edition)

by Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie. Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom? Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou. Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

'n Nag van Angs: @@@center@@@REËNBOOGRANT MAATS: 'N NAG VAN ANGS 4 (Reenboogrant-maats Ser.)

by Maritha Snyman

Sunette is moeg daarvoor om te wonder of Pierre van haar hou. Sy weet Johan stel in haar belang, en hy's nogal oulik. Daarom is Sunette baie opgewonde toe haar eksperiment gekies word vir die wetenskapkompetisie. Sy en Johan en Tina moet die streekuitdun bywoon, en dit beteken sy kan saam met Johan agter in juffrou De Wet se oulike nuwe Volksie ry. Maar op pad van die kompetisie af, loop dinge lelik skeef...

KLUB 17: @@@center@@@KLUB 17: NIKKI (Klub 17 Ser.)

by Solet Scheeres

Daar is 'n nuwe inwoner in Huis Kokkerot. Nikki is 'n kort, blonde krullebom wat al die ouens om haar pinkie draai. Natuurlik is Fransisca, Stevie en Martmarie woedend, want Nikki is 'n kompulsiewe leuenaar en 'n skaamtelose flirt. Arme Martmarie verloor amper haar werk by die koerant en dan word sy uit Kokkerot gegooi. Al die meisies weet wie die leuens oor Martmarie gaan aandra het, maar dis moeilik om te bewys. Stevie besef watter wolf Denys eintlik is en gaan kuier weer 'n slag by Matthian in die hospitaal, met vreemde gevolge. Fransisca se jaar is ook besig om skeef te loop en die dierbare Albertyn moet ingryp ... Lees in hierdie opwindende derde boek in die Klub17-reeks wat Nikki alles aanvang en hoe sy Huis Kokkerot se ouens en meisies in twee kampe verdeel ...

REËNBOOGRANT MAATS 11: @@@center@@@REËNBOOGRANT MAATS 11: Ans se geheim (Re Nboogrant - Maats Ser.)

by Jc Smit

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare! Niemand weet regtig enigiets van die nuweling af nie, behalwe dat sy naam Rudiger is en dat hy vir Rachelle én Japie sommer op die eerste dag mooi op hulle plekke gesit het. Die meisies is sommer gou almal gek oor dié nuwe hunk in Laerskool Reënboogrant. Shani dink hy is so koel soos 'n ysblokkie en dit is gewoon incredible wat hy met Japie aangevang het. Dis net Ans, goeie vriendelike Ans wat besef dat Rudiger glad nie gelukkig lyk nie. En dis ook net sy wat nie te midde van al die aksie vergeet om te wonder waarom Rudiger dan al in soveel skole was nie ... Rudiger deel 'n groot geheim met Ans, 'n geheim wat opwindend en gevaarlik en ook 'n bietjie hartseer is, 'n geheim wat Ans se lewe vir altyd kan verander ...

Klub 17 Broers: KLUB 17 BROERS (Klub 17 Ser.)

by Solet Scheeres

Stevie is die eerste een wat besef dat die twee nuwe Kokkerotters, Jeroen en Joakim, nie bloot net die leerling-stuntman en scuba-instrukteur is wat hulle voorgee om te wees nie. Sy moet toegee, die tweeling is die aantreklikste broers wat sy in 'n lang tyd aanskou het. Boonop is hulle onuitstaanbaar onnutsig en laat geen geleentheid verbygaan om die meisies te terg nie. Maar daar is ook 'n geheimsinnige kant aan dié twee ... Fransisca is skaars bewus van die tweeling. Haar studies het in 'n nagmerrie ontaard en sy sit op die randjie van 'n diep, bodemlose put. Albertyn probeer sake nog op 'n manier bymekaar hou, maar selfs hy moet toegee, daar is groot fout in Kokkerot. Lees in hierdie opwindende vierde boek in die Klub17-reeks watter uitwerking die Bergman-broers se koms op Huis Kokkerot en sy inwoners het ...

KABV Afrikaans Sonder Grense 2de Addisionele Taal: UBC contracted

by M. Lätti S. Gouws

Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

KABV Afrikaans Sonder Grense Graad 12 2de Addisionele Taal: UBC contracted

by M. Lätti S. Gouws

AFRIKAANS SONDER GRENSE TWEEDE ADDISIONELE TAAL GR 12 (LEERDERSBOEK)

Refine Search

Showing 176 through 200 of 603 results