Browse Results

Showing 201 through 225 of 602 results

Donkie-Kind

by Fanie Viljoen Meghan Judge

Leesboek: Eerste Paragrawe

Drie dae in die bos en Oorlewingsvaardighede vir die regte lewe

by Margot Long Linda Michell

Huistaal Graad 6 Gegradeerde leesboek

DROOMDELWERS: @@@center@@@DROOMDELWERS

by Esta Steyn

Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef. Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Keppies se: Hy's soesie see, soes 'n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand le. Maar nog voordat die skuim op die sand le, word die rustige lewensloop van "die sout van die aarde" skielik bedreig. Hulle kom te staan voor 'n oormag. Daar is net een uitweg na vrywording vir almal: om in die verlede te delf waar die antwoord op vreemde raaisels so ver en en tog so naby le.

Dubbelspel vir haar hart (Afrikaans Edition)

by Tosca De Villiers

Duskant die Doodlyn: @@@center@@@DUSKANT DIE DOODLYN

by Jaco Jacobs

Duskant die doodlyn verskyn nou met 'n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende leef vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reels speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar.

Een Nag in Die Paradys

by Maisey Yates

CLARA PARSONS kyk na die grootliks ongeëte koek. Drie lae met blou versiersel wat net ’n paar uur gelede perfek glad was voordat twee mollige handjies hande vol uit die kant gegrawe het. “Dis die mees oordadige koek wat ek nog ooit op ’n eenjarige se verjaardagparty gesien het,” sê Zack, en betrag die krummels wat die kombuisvloer vol lê. “Ek dink nie Colton het die helfte daarvan geëet nie. Hy het meestal daarmee gemors.” “Dis wat ’n kleintjie doen, Zack.” “Hy slaap. Ek dink ons het hom in ’n suikerkoma gesit. In elk geval, mens kry seker net een eerste verjaarsdag. Jy kan dan net so wel laat waai.” Clara kyk weer na die koek. “Dit laat my dink aan ’n ander koek wat ek gebak het en wat nie regtig geëet is nie. ’n Troukoek.” “Ek is steeds baie dankbaar daardie een is nooit gebruik vir die doel waarvoor dit bestem was nie.” “O, ek ook. Want dan het ons nie ons troukoek, of ons troue, gehad nie.” “Of ons seun,” sê Zack. “Alles in ag genome, was dit dus ’n taamlik belangrike ongeëte koek.” Zack kom nader en trek haar teen sy lyf. Dan laat rus hy sy voorkop teen hare. Soos altyd wanneer sy na hom kyk, gaan staan haar hart ’n oomblik. Dit was so van die oomblik dat sy hom ontmoet het. “Heelwat het sedert daardie dag verander,” sê hy en druk ’n soen op haar lippe. “Sommer baie,” stem sy saam. “Weet jy wat het dieselfde gebly?” “Wat?” “Jy is steeds my beste vriendin.” Sy soen hom, hierdie keer inniger en haar borskas swel van liefde. “Jy is ook my beste vriend.”

Een nag saam met die Vyand

by Abby Green

Roman

Een nag se waagstuk (Modern) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

“DIT was ’n pragtige troue,” sê Leah. “En dit het uiteindelik plaasgevind,” voeg Ajax by. “Jy is so sensitief soos ’n stomp voorwerp,” sê Leah terwyl sy breed vir haar man glimlag. Ajax haal sy skouers op en draai na Alex wat ’n pak aanhet, sy das losgeknoop en sy twee maande oue seun in sy arms. “Is ek onsensitief, broertjie?” Alex haal sy skouers op en kyk na sy seun. Liam het vrede daarmee dat sy ouers so pas getroud is. Alex se hart swel van liefde en trots, bly dat sy seun soveel familielede het wat hom liefhet. “Ja, maar dis deel van jou sjarme.” “Moenie hom aanmoedig nie, Alex,” sê Leah. Rachel keer terug, ingehaak by haar pa. Hulle het nou net klaar gedans en Rachel straal behoorlik. Haar lyf is voller as voor die geboorte, haar wange rond. Hy is mal daaroor. “Hoe lekker,” sê Joseph Holt, “om al my kinders en my kleinseun saam op een plek te hê.” Alex se hart klop warm. “Ja, dit is.” “Kan ek my kleinseun vir ’n oomblik steel?” vra Joseph. “Ek verruil jou bruid vir hom.” “Reg so.” Hy oorhandig Liam aan die ouer man, neem Rachel se hand en lei haar op die dansvloer. “Hierdie troue is baie meer jy,” sê hy en kyk na die eenvoudige dekor. Na die helder kleure. Dit spreek van geluk. Net soos sy vrou. “Ja,” sê sy. “Maar saam met jou is ek ook baie meer myself.” Hy soen haar neus. “Ek is bly. Dis wonderlik wat kan gebeur as ’n mens liefde begin verstaan. Wanneer jy woede daarmee vervang.” “Ek is bly jy het, Alex, want jy het soveel liefde om te gee.” “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie,” sê hy, sy vrou in sy arms en sy seun naby. “Dan het ons ’n nuwe doelwit,” sê sy. “Wat is dit?” “Om elke dag selfs meer geluk te vind.” “Saam met jou, Rachel, sal dit nie moeilik wees nie.”

Een plus een

by Kristel Loots

Een plus een is 'n heruitgawe van twee van haar romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde. Kammaliefde Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy ken die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oe haar geheim lees. Kanniedoodliefde Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wil nie hier wees nie. Maar sy moet 'n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloe jeug probeer herleef … En net daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oe reguit in haar hart in.

Eendag op 'n Reëndag: Volksverhale, Legendes En Ware Stories

by Wendy Maartens

Volksverhale, legendes en ware stories

Eenkantman (Afrikaans Edition)

by Jolene De Koningh

Rulanda Muller, 'n toegewyde beroepsvrou, besef sy wil tog 'n man he, spesifiek vir Chris Weyers - ouer, wyser, wat nie bedreig voel nie. Hy reken hy's te oud vir haar, en sy venynige tweelingdogters gryp ook in.

Eens op 'n Kersfees

by Dawn Brower

Welkom in die dorp van Kismetbaai waar towerkuns en lot 'n manier van die lewe is... Holly Strange is deel van 'n groot familie. Haar voorouers het Kismetbaai meer as 200 jaar gelede gestig. Kismetbaai het baie sjarme en vir die Stranges, beteken dit hulle na hulle een ware liefde geleë word. Kersfees en elke vakansie, bring die dorp se towerkuns uit. Dit is Kersfees, so dus is enigiets moontlik, en wanneer sy letterlik Nicholas Bell buite die plaaslike koffiewinkel raakloop, word haar wêreld om gedompel. Holly het opgehou om te glo dat sy liefde sou vind, maar na daardie een noodlottige ontmoeting begin sy glo in die krag van die lot, en die moontlikheid om haar harts begeerte te vind. 

Eerste Bloed

by Fanie Viljoen

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. DIE WEERWOLWE WAG VIR HOM ...

Eet Minder Leef Langer U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding

by Anca Ioviţă

Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. <P><P> Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. <P><P> Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. <P><P> Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. <P><P> Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. <P><P> Inhoudsopgawe <P><P> Inleiding <P><P> •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding <P><P> •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie <P><P> •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder I

Eggo's

by Vita Du Preez

Ek bly by jou

by Edward Hendriks Adri De Necker

Pappa en mamma het lank daaroor getwyfel oor of ons op vakansie moet gaan. En nog langer getwyfel oor of ons wel na dieselfde kamppeer terrein moet gaan. Al die herinneringe… Maar nou die vreeslike dag amper ‘n jaar terug, wil weer ons lewens kom omhels. Dit tel op waar ons dit die afgelope herfs agtergelaat het. Ek probeer om die lekker dinge in die gees te sien, maar dan begin die kol op my maag weer rond speel. Al die dinge wat ek en my sussie gedoen het. En al die dinge wat on snog moes doen, maar nou nooit sal doen nie.

Ek en my groot familie

by Elzanri Esterhuizen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Sinne

Ek hou van lees

by Fanie Viljoen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Woorde

Ek is nou groot

by Clerissa Kritzinger Jesse Breytenbach

Leesboek: Eerste Sinne

Ek luister na my lyfie

by Meryke Barkley Angie And Upesh

Leesboek: Eerste Sinne

Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

by Gabriël Agbo

Dit is nog nie oor nie.  God is nog nie klaar met jou nie.  Jy gaan nie nou dood nie.  Ja, jy gaan nie.  Hierdie boek is om jou te verseker dat Hy nog 'n plan vir jou lewe het.  Dit maak nie saak hoe donker dinge lyk nie.  Hier sal jy baie interessante hoofstukke vind soos:  EK SAL NIE DOODGAAN NIE, ALLE KRAG BEHOORT AAN GOD, GAAN TERUG EN VERTEL HOM, GEBED, WAT MAAK JY HIER?  MOENIE BANG WEES NIE, MOENIE WEGHARDLOOP NIE en ONBEPERKTE AANBOD. Daar is geen rede om nou op te gee nie.  Moenie jouself doodmaak nie.  Jy moet opstaan, met geloof en hoof en aanhou veg, staar jou uitdagings in die gesig.  Moenie bang wees nie en moenie van dit af weghardloop nie.  God kom om jou te help.  Hier sal jy ook leer hoe om die gees van frustrasie, depressie en dood te weerstaan.  Hoekom styg die koers van selfdood?  Enige oplossings??

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 5

by Siyavula

A South African textbook.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7

by Siyavula

A South African textbook.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 8

by Siyavula

A South African textbook.

Elf Dae in New York

by Elizabeth Wasserman

Eendag. me so lank gelede me. was daar 'n meisie wie se pa haar na 'n veraf towerstad gestuur het om saam met haar nare stiefma by haar gemene stiefsuster te gaan kuier. Frances het haar nuwe stiefsussie eintlik nog maar min gesien. Amie studeer in New York aan die beroemde Parsons School of Design en haar internskap by die ontwerper Daniel is die begin van haar modeloopbaan, glo sy. Totdat twaalf van Daniel se couture-rokke voor die glansbekendstelling “ontvoer” word. Op die spoor van leidrade om die rokke te vind, ontdek Frances 'n New York soos dit in geen reisgids beskryf word me. Elf dae, twaalf rokke ... En ʼn ridder op 'n fiets

Refine Search

Showing 201 through 225 of 602 results