Browse Results

Showing 201 through 225 of 603 results

Die Kind: @@@center@@@DIE KIND

by Jan Van Tonder

Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Sprak of Spook en ander gedigte: @@@center@@@SPRAK OF SPROOK EN ANDER GEDIGTE

by Samesteller: Carine Janse van Rensburg

In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik "sprak ons dan geen sprook nie". Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte ons weer die wonder van die woord laat beleef - die magiese spreke van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg en versigtig in 'n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is. Sodoende maak woorde nuwe werelde binne die leser en daarbuite oop. Elke gedig in hierdie bundel kan 'n opwindende reis wees; is daar nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog onbekende, streke van die menslike gees - 'n grootse reis wat die onuitputlike bron van die poetiese woord bied. Met illustreerder Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke leser inspireer om self vele sproke te spreek! Sprak of sprook en ander gedigte sluit die volgende gedigte in: Bondel (Koos Kombuis).; Saluut aan 'n "servant" (John Boyes).; Saalhulp (Kobus Lombard).; Bergies (Louis Esterhuizen).; Rentmeesters (Kobus Lombard).; 'n Gedig vir Mapetla (Willem Krog).; Treinrit (Elias P Nel).; Oppie Cape Flats (Willem Fransman (junior)).; Loop en val (Louis Esterhuizen).; Brief insake Downsindroom (Sarina Donges).; Demokrasie (Pity) Limited (Peter Snyders).; Armchair politician (Peter Snyders).; Demokrasie? Demokrasie? (Peter Snyders).; Ouman in tehuis (Pirow Bekker).; Ons Komvandaan (Diana Ferrus).; Mol (PJ Philander).; Elokusie (Daniel Hugo).; Uitvaart (Lucas Malan).; Broeis hen (George Weideman).; Onomatopee (Hein Viljoen).; Krokodil (Johann de Lange).; Die tarentaal (Totius).; 'n miskruier het die reusedrol (Hendrik Boshoff).; Sommerso (Hester Heese).; In memoriam: Azra (MM Walters).; Die snoek (Barend Toerien).; Witbaardmeersterretjie (Johann Lodewyk Marais).; Sterrekyker (Franci Greyling).; Testament (Kobus Lombard).; Magteloos (Lina Spies).; Kabouterliefde (Ingrid Jonker).; Die man se standpunt (CJ Langenhoven).; Sprak of sprook (Izak de Vries).; Here Be Dragons (Izak de Vries).; "Mamma" kan ek nie se nie (Jelleke Wierenga).; Laatnagloei (Susan Smith).; Telkom-gesprek met my ma (1) (Lucas Malan).; Elegie vir 'n vriend (Johan Steyn).; 'n Tante wat woon in Napier (Philip de Vos).; My antie Johanna de Beer (Philip de Vos).; Die dans van die reen (Eugene N. Marais).; Welkomsgroet aan die herfs (Lina Spies).; Ek het 'n huisie aan die Rand (Pirow Bekker).; Die silwermaan le in sy go-hok (Floris Brown).; Die wonder van 'n boom (Michael Khoosal).; Katie melua (Cas Vos).; Ballade van 'n kitaarslaner (Valiant Swart).; Sonvanger (Valiant Swart). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Veergewig

by Jan Vermeulen

Afrikaanse Storieboek

Sy is veilig

by Emma Van Der Walt

My stryd teen die seksbedryf en mensehandel om God se dogters te red Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou van God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to Love. Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van dié euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied. Emma en haar span werk sy aan sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef. Sy is veilig word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie. Suid-Afrika se berugtheid as die bron, deurgang en bestemming van mense- handel is deeglik gedokumenteer deur navorsers, joernaliste en stenograwe wat slagoffers se ontstellende getuienis in howe transkribeer. Dit is op hierdie gevaarlike speelgrond wat Emma haar verskyning maak. Met haar oë op die kruis gerig en haar voete vas op die grond, stuur sy doelgerig voort. – MARCEL VAN DER WATT, Ph.D., Voormalige Valke-ondersoeker van sekshandel, Navorsingsgenoot: Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, Universiteit van die Vrystaat Iemand het op ’n keer gesê: “Sonder bewustheid is daar geen verandering nie.” Ná die lees van hierdie boek, kan niemand onkunde pleit nie. – YVONNE RETIEF, skrywer van Genesing vir trauma

Sterre vir die Donker

by Noreen Nolte

Dis aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie ... ... Nie te weet of jy dalk maar net ’n pil moet drink om die donkerte te keer nie; nie te weet of jou broer se ambisie hom gaan pootjie nie; nie te weet wat jy met die res van jou lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig laat die nuwe jaar Helena ’n bietjie ligter voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te soek. Helena besef egter vinnig dat dit dalk tog beter is om nie te weet nie … Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so verkeerd verstaan het? En kan een domonnosele besluit regtig uitkring en iemand se hele toekoms bedreig? Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan

Tyd om te skaats

by Jacolet van den Berg

Hannah is vasgekeer ... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Totdat Lua onverwags ʼn paar ou rollerblades vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s op YouTube oor hoe om regop te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis ook haar pad. Leo leer haar blade, Ben wys vir haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Skerwe

by Sally Partridge

DIT VAT ’N EWIGHEID OM DOOD TE GAAN. WIE HET VIR DEMI DOODGEMAAK? Ses vriende woon ’n musiekfees in die Sederberge by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Lee Combrink haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Eerste Bloed

by Fanie Viljoen

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. DIE WEERWOLWE WAG VIR HOM ...

Vreesloos

by Christien Neser

Vreesloos? Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stem- pel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Op die Maat van Maya

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Maya is oortuig van drie dinge: 1. Sy wil ná skool medies gaan studeer. 2. Sy is die sanger Eduan de Bosch se grootste ondersteuner. 3. Dinge tussen haar en Mark is vir goed verby. Dan ontmoet sy een aand vir Joe, en besef daar is nog iemand wat al Eduan se liedjies woord vir woord ken. Maya kom nou net uit ’n ramp- spoedige verhouding met Mark en sy is nie gereed vir iets nuuts nie - niemand gaan in elk geval verby haar oorbeskermende ma kom nie. Maar voor Maya kan keer, sing sy saam met Joe in sy band en weet sy nie meer of ’n dokter al is wat sy wil word nie. Sy begin vir Joe val, maar Mark maak skielik weer sy verskyning. Die grootste ontnugtering van alles: Sy ontmoet vir Eduan, maar vind iets uit wat haar hele lewe uitmekaar laat val.

Elikser

by Frenette Van Wyk

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese druip van ... betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy die enfleurage leer doen, en sy honde het boonop ’n eie, duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan in haar en Sterling se pad om betyds die elikser vir haar ma te maak ...

Liefde in die tyd van Corona (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

E-rotika liefdesverhaal.

Ware noord

by Elsa Winckler

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Die dooies praat nie

by Michelle

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: hoe diep wil hy betrokke raak?

Omdat jy my gesoen het (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.

Wêreld van Wolwe: Tweede Asem

by Fanie Viljoen

"Dis weird om te weet jy is ʼn weerwolf. Maar dis ook cool." Joshua Reinders se lewe het ʼn wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ʼn weerwolf. Maar dit bring ook ʼn nuwe probleem: Sy pa mag glad nie daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ʼn weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos die gruwelike wolf wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla ʼn groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry.

Verkleurmannetjie

by Francois Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Soos die titel al belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe werk ’n tiener se kop – en hou van hoe dit werk!

Omdat alles sin maak by jou (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir ’n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin.

Toring se baai

by By Author E. Kotze

Kamikaze

by Rudie Van Rensburg

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank was hy poeliesman, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees … En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, een met ’n moordloopbaan wat terugstrek na die Apartheidsera, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, vervalste medikasie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n moordenaar uit jou nagmerries – dis alles hier in Kamikaze!

Hans gee Herklaas horings

by Rudie Van Rensburg

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is òp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dit met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ʼn vakansietjie op Hermanes, as huisgaste van die se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak. Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ʼn stel horings kry, en vir Goud trompop loop! Hans steek die Rubicon oor was ʼn topverkoper, en Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Simon gaan ballet toe en Elkeen is anders

by Elaine Macdonald Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 5 Gegradeerde lessboek

Elna se tannie en ander stories

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Hegradeerde Leesboek

Die superspan en Hoe Mens en Hond vriende geword het

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Keo se geheim en ander stories

by Derek Bartle Ruth Pressler

Huistaal Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Refine Search

Showing 201 through 225 of 603 results