Browse Results

Showing 26 through 50 of 602 results

Motor Detailleerders Gids tot 'n Nuwe Besigheid

by Mark J. Allen

Volg ons mislukkings bestande bemarking tegnieke vir GEWAARBORGDE SUKSES vir jou besigheid! Weet hoe die mees lonende geleenthede te vang, jou besigheid te laat groei en jou kliënte tevrede te hou. Ons sal jou wys hoe om te mondelingse gegons oor jou dienste te kultiveer en verwerf voordelige kommersiële kontrakte! Sluit aan by TOP assosiasies vir verhoogde besigheid verwysings. Leer watter besigheid en handel lidmaatskappe die moeite werd is en hoe jy die sisteem die beste kan “werk”! Kry die BESTE ADVIES vir jou advertensie Rand. Moenie enige van jou geld op oneffektiewe, duur advertensies mors nie. Gebruik die mees KRAGTIGSTE en LAE KOSTE bemarking metodes in die besigheid om die foon te laat lui! Kultiveer kommersiële besigheid vir ‘n leeftyd van SUKSES. Volg die reënboog van kommersiële en staatskontrakte na ‘n POT VAN GOUD. Leer die vinnigste manier om herhalende besigheid te werf en hoe kom jou kliënte gelukkig te hou. Gratis, Gratis, Gratis! Vind uit watter welwillendheid handelinge jou gunste tienvoudig sal teruggee! Hoekom jy moet gee en wat jy kan terug ontvang.

Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde

by Annerie Katrina Kahler

As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.

My ouma in kaneel

by Margaret Bakkes

Toe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. ’n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.

Rafiki se styl

by Bangula Lingo Centre CC Audrey Anderson

Leesboek: Eerste Sinne

Ek luister na my lyfie

by Meryke Barkley Angie And Upesh

Leesboek: Eerste Sinne

Liefde oorbrug alles

by Daleen Barnes

Self gepubliseerde boek

Keo se geheim en ander stories

by Derek Bartle Ruth Pressler

Huistaal Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Bevange: Speur- en Misdaadstories (Afrikaans Edition)

by Lindeque De Beer

Bevange volgens HAT is oormeester; van groot vrees bevange te wees…Nou ja, in hierdie versameling speur- en misdaadstories is daar dikwels situasies waar die verhaalkarakters, en soms selfs die leser, in oomblikke van bevanging verkeer. Dié oomblikke dui egter nie altyd noodwendig op oomblikke van groot vrees nie, want partykeer is dit bloot hilariteit wat jou oormeester. Maar moenie te gerus wees nie, want daar is genoeg donker oomblikke om jou onrustig na die skadu’s om jou te laat kyk of jou ore te spits vir daardie onbekende, sagte geritsel…

Dag van Wraak

by Herman Beukes

Meisie van Mont Blanc

by Herman Beukes

As Mens GELUK Kon PROE

by Zelda Bezuidenhout

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017! Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk … ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Die 6 WEKE van Thomas en Ella

by Zelda Bezuidenhout

DIT VOEL ASOF SY LIPPE UITEINDELIK HUL REGTE DOEL ONTDEK HET … DAT DIE DOEL VAN THOMAS SE LIPPE NOG ALTYD WAS OM ELLA SE LIPPE TE SOEN Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ʼn wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander ...

Omdat die hart onthou

by Ettie Bierman

Rooikop te koop

by Ettie Bierman

Iemand red my lewe vanaand - 'n Justice Sekuriteit kortverhaal (Justice Sekuriteit 2 #2)

by T. M. Bilderback

‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. Hulle staan bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?

Mamma Het Gesê Bly Tuis!: ‘n Justice Sekuriteit Roman

by T. M. Bilderback

Joey Justice, Misty Wilhite, Dexter Beck en Percival “King Louie” Washington. Vier mense – vriende en vennote van kollege dae af – wat die grootste sekuriteit firma in die stad beheer ... Justice Sekuriteit. Geïnspireer deur die trefferlied gesing deur Three Dog Night, stel hierdie storie die avonture van ‘n nie-so-heeltemal-by-die-boek sekuriteit firma voor. Hulle word gehuur deur ‘n promotor van ‘n honde skou, maar die werk lyk baie groter en gevaarliker as wat verwag is. Hulle word gehuur om sekuriteit te verskaf by die Swaargewig Boks Kampioenskap, wat uitdraai as die enigste kampioenskap in die wêreld sonder ‘n uitdager, danksy die humeur van een van die Justice Sekuriteit vennote. Hulle word deur die ouers van twee onskuldige tieners gehuur om uit te vind hoekom die tieners genadeloos plat geskiet word en terwyl hulle ondersoek instel, sweer hulle per ongeluk vyandskap met die magtige leier van ‘n Meksikaanse dwelm kartel. Bygestaan deur die FBI skakelbeampte, Marcus Moore, neem hierdie onverskrokke mense die avontuur teuels en ry die misterie tot by die finale eindpunt ... en hulle lewens sal nooit weer dieselfde wees nie!

Hartbeespoortdam

by B.K. de Beer

Bertus de Beer was 'n boer langs die Krokodilrivier net 'n paar kilometer aan die onderkant van die Hartbeespoortdam. Daarom bied hy aan ons 'n unieke perspektief van die geskiedenis van “DieDam” en hoe afhanklik die boere was van die water uit die dam. Hierdie is die volledige teks van Hoofstuk 18, uit B. K. de Beer se boek: Agter die Magalies. Die eerste aantal hoofstukke is reeds beskikbaar en soos ons die proeflees en voorbereiding afhandel sal die ander stelselmatig bygevoeg word.

Bande wat Bind

by Amy Blankenship Elaine

Sanctuary is 'n privaat weggesteekte vakansie oord op sy eie private berg. Angel Hart het op Sanctuary groot geword, altyd deur almal teen die buitewêreld beskerm. Sy was altyd in die drie mans waarvoor sy lief was se geselskap tot haar famielie besluit het om haar weg te vat.Twee jaar later kom sy terug vir 'n kuier en bring haar eie kêrel saam. Skielik vind Angel haarself die middelpunt van verskeie mense se obsessie en hulle intensies is om haar nooit weer toe te laat om Sanctuary te verlaat nie. Die geheime obsessies raak 'n dodelike spel van besitlikheid, soos die mans wat haar lief het die gevaarlikste mans op die berg word.

Moord in die beloofde land

by François Bloemhof

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Pad na jou hart

by François Bloemhof

Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

Spooksoeker

by Francois Bloemhof

WARNO ALBERTS HET NIE ʼn MAKLIKE LEWE NIE - EN DIT IS NOG VOOR DIE EINTLIKE MOEILIKHEID BEGIN. Nie net het hy ’n supergewilde ouer broer nie, hy is boonop mal oor Ziaan se meisie, Melissa. Die laaste ding wat hy nodig het, is dat hy skielik van spoke oral om hom bewus raak. Maar dis wat gebeur. Spoke maak hulle verskyning en elkeen het sy of haar eie storie. Wat gaan aan en hoekom nóú? Hoe moet Warno homself, sy gesin en sy vriend, Allies, veilig hou terwyl die gevaar al hoe dreigender word? Die spoke is allesbehalwe vredeliewend en niemand anders as Warno kan hulle sien nie, dus is hy op sy eie in dié totaal nuwe omstandighede. As Warno nie versigtig is nie, gaan hy nie met sy lewe daarvan afkom nie. Spooksoeker is ’n spannende en aksiebelaaide boek wat gewaarborg is om lesers te laat aanhou omblaai!

Verkleurmannetjie

by Francois Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Soos die titel al belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe werk ’n tiener se kop – en hou van hoe dit werk!

Vir altyd

by François Bloemhof

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is? Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.

Vir die voëls

by François Bloemhof

Die Laaste Weerwolf pak

by Vianka Van Bokkem Elaine

Gedurende die loop van die storie sal my lewe bedreig word deur 'n obsesiewe alfa weerwolf mannetjie. Die verassende aankoms van 'n tweeling broers Kendrix en Kennan leer my dat liefde wel bestaan. Die pak en 'n paar vampier vriende gaan saam baklei vir 'n gesamentlike doel- wraak. Verskeie groepe het al die einde van die wêreld voorspel mees bekend as die 'doomprofete'. In die loop van die tyd het die wêreld nie geëindig nie. Mense vampiere en weerwolwe is nie deur gesofistikeerde wapens van die aarde afgevee nie. Die persone wat wel vir die uitwissing veantwoordelik was is die honderde wetenskaplikes wat dodelike virusse in proefbuise bewaar het vir verdere studie. My naam is 'Julissa' 'n vroulike alfa weerwolf van Romania.

Refine Search

Showing 26 through 50 of 602 results