Browse Results

Showing 51 through 75 of 602 results

Bankrotmaking van die Derde Wêreld

by Elmarié Smal James Morcan Lance Morcan

Bankrotmaking van die Derde Wêreld is toegewy aan die armes in vergete plekke van die wêreld. Dit vra of die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds, die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling en ander groot internasionale hulporganisasies die wêreld se armste mense help of belemmer. In hierdie boek word ook gevra of die hulppakkette wat verskaf word, reg is en of dit swendelary is wat ontwerp is om Derde Wêreldlande te onderwerp. Dit stel die kultuur van korrupsie binne die voorgenoemde hulporganisasies bloot en die arrogansie waarmee hulle hul derde wêreldkliënte behandel. ' Die Morcans onthul dat daar 'n onheilspellende verborge agenda is waarvolgens die 'vrygewigheid' wat deur internasionale hulporganisasies uitgebrei word om die ontwikkeling van die Derde Wêreld te ondersteun en om verligting te bied in die geval van natuurrampe, met ernstige bymotiewe kom. Bymotiewe wat ontwerp is om kwesbare nasies te kul. Die leser word herinner aan die ekonomiese treffers wat gewild geword het in John Perkins se topverkoper van 2004. Bekentenisse van 'n Ekonomiese Sluipmoordenaar is nog steeds lewendig en goed - in Afrika in die besonder. By die skryf van hierdie boek is die skrywers gemotiveer deur een sieklike statistiek: 21, 000 mense sterf elke dag van hongersnood. Dit is een persoon elke vier sekondes! Meer siek is die feit dat sulke sterftes onnodig is aangesien daar meer as genoeg rykdom in die wêreld is, want almal moet ten minste die basiese lewensbehoeftes ontvang en daar is meer as genoeg in die Derde Wêreld om dit self organies te onderhou. Teen die tyd dat jy aan die einde van hierdie boek kom, sal jy sien dat daar soveel rykdom in die Derde Wêreld voorkom soos in die Eerste Wêreld. Trouens, terme soos 'Derde Wêreld' en 'verarmde nasies' is in wese verkeerde benamings, omdat dit impliseer dat rykdom en hulpbronne beperk is.

Basaar Bloulint Wen Kookboek

by Amber Richards Adri De Necker

Maak die beste eerste prys koeke in jou eie huis vir familie en vriende. Gepak met opregte, tuis-styl resepte wat jou smaaksintuie sal tuit en perfek uitdraai elke keer. Die Basaar Bloulint Wen Kookboeke sal ‘n nuwe noodsaaklikheid in jou resep versameling wees. Elke resep in bymekaar gemaak vanaf bloulint of grand prys wenners by land- en staats basare regoor die land. Hulle het die beoordelaars beïndruk; nou gaan hulle jou vriende beïndruk! Daar is meer as 50 heerlike resepte in hierdie boek met kenmerkende koeke wat verseker ‘n gunsteling sal wees. Probeer hierdie koek resepte, wat dalk net kan uitdraai en ‘n familie gunsteling word, en iets waarop jy trots sal wees om na ‘n kuier of ander byeenkomste te vat. Wees egter versigtig, jy word dalk net ‘geken’ vir jou spesiale koek. Daar is kolwyntjies, rongkoeke, koffie koeke, en vele meer om te ontdek. As jy ‘n koek vir ‘n basaar kompetisie wil inskryf, oorweeg dit om een van die koek resepte te gebruik. Versamel al die kookboeke in hierdie reeks vir regte goeie kos. Vanaf pasteie na slaaie; lekkers tot kookpotte; en koekies tot hoofgeregte, jy kan nou kook soos ‘n bloulint pryswenner! Hierdie is die tweede boek in die reeks, kry nou joune.

Beer Vind 'n Huis

by Linda Henderson

Klein Beer voel alleen in die wêreld. Nadat hy eendag wakker geword het en besef het dat daar geen ander bere was om hom te troos of vir hom te sorg nie, het hy besluit om op reis te gaan om iemand te vind wat hom sal lief hê. Soos jy sal vind tydens die lees van hierdie boek, lei sy soektog hom na 'n gelukkige einde. 

Bekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963

by Tony Buxton

Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar wat vandag onmoontlik sal wees.  Gebore in Colombo (Sri Lanka)  in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is.  Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde  gedoen teen alle reëls in.  Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies .  Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste .  Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was.  Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag.   Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het.  Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie.  Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie.  Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder.  Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges.  Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes.  Op en af tussen luukse en gewone leefstyle  was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak.    Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,

Bevange: Speur- en Misdaadstories (Afrikaans Edition)

by Lindeque De Beer

Bevange volgens HAT is oormeester; van groot vrees bevange te wees…Nou ja, in hierdie versameling speur- en misdaadstories is daar dikwels situasies waar die verhaalkarakters, en soms selfs die leser, in oomblikke van bevanging verkeer. Dié oomblikke dui egter nie altyd noodwendig op oomblikke van groot vrees nie, want partykeer is dit bloot hilariteit wat jou oormeester. Maar moenie te gerus wees nie, want daar is genoeg donker oomblikke om jou onrustig na die skadu’s om jou te laat kyk of jou ore te spits vir daardie onbekende, sagte geritsel…

Bitter hartstog

by Christine Le Roux

En in Bitter hartstog kruis Reneé en paaie tydens ’n seevakansie.

Blits 2: Operasie Hoërskool

by Nadine en Adriaan Blom

Alle goeie dinge kom te vinnig tot 'n einde! Die hoërskool is skielik op Hannes en Zander, en die somervakansie vol surfsessies en roomyse by die pers huisie voel baie ver weg. Op die eerste dag van skool kom praat 'n polisiekaptein in die saai oor die probleme met dwelmhandel in Melkbos. Hannes se speurinstink word verder geprikkel wanneer Luna hom vertel van 'n Amerikaanse talentagentskap wat haar vír 'n oudisie genooi het. En die vreemde ou in hulle klas, Harry Pieters, wat in Blouberg by sy ouma bly, wat is sy storie? Die Melkbos-heroes het 'n paar sake wat broei, en tussen-in moet huile ook nog hoërskooi trotseer ... Die tweede boek uit die pen van die gewilde ,a-en-seun skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe.

Blits: Perlemoendiewe

by Nadine en Adriaan Blom

Hannes en Zander is die KONINGS van Melkbosstrand. As hulle nie die lane op hulle LONGBOARDS deurkruis of elke moontlike sonskyndag op hulle SURFBOARDS is nie, hang hulle uit by Goofy's, waar Luna naweke en vakansies waitress. En hulle ken MELKBOS en sy mense - daarom staan die ou in die paneelwa wat Hannes amper van die pad af ry soos 'n seer duim uit. Hier kom MOEILÏKHEID, weet Hannes. Melkbos se BLITSSPEURDERS het werk om te doen! Nadine en Adriaan Blom is 'n ma-en-seun-skryfspan van Melkbosstrand. Hierdie is hulle eerste boek. Blits is op Instagram! Voig Adriaan en Nadine by @blits_melkbosstrand.

Bloed Demoon: Wraak

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.

Bloed Maan Oor Afrika

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Afrika, 'n plek waar bygeloof en toordery diep loop, 'n plek van skoonheid, maar waar die dood in die skadu skuil. 'n Land gehul in misterie met antieke oortuigings wat prut net onder die oppervlak - gestel om te bots op 'n pad met moderne Westerse idees. 'n Onskuldige daad ontsluit 'n gruwel wat in die Afrika-nag loop ... onder die volmaan ... en niks is veilig. Piet van Zyl, safari eienaar, bevind homself ingetrek word in 'n wêreld van waarsêery, en kom van aangesig tot aangesig met 'n riller wat teruggekeer uit die graf. Met die ondersteuning van Veronica Strydom, en haar uitgebreide kennis van Afrika-kultuur, moet hy die nag bevry van die gruwel, of sterf deur te probeer.

Bloed Op Haar Hande: Vroue Agter Tralies

by Carla van Der Spuy

Wat laat vroue moor? En hoe voel dit om ’n sel met moordenaresse te deel? Carla van der Spuy besoek vier vrouetronke reg oor Suid-Afrika en klim in die koppe van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het. Sy kuier by die babas gebore agter tralies, vier Kersfees in die tronk en gesels van aangesig tot aangesig met mesmoordenaresse, huurmoordenaresse, ’n kleptomaan en prostituut. Vrouens met bloed op hulle hande. Wat het so verskriklik skeef in hul lewens geloop? En is daar ’n mens agter die misdadiger?

Bloed Spoor in die Donker

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees. Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.

Bloedbande: Elke huis het sy kruis

by Jeanette Stals

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie. Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

BLOEDSUIER

by Leon Van Nierop

Moenie te diep in die onderbewuste grawe nie

Bloedsusters 01 - Bloedsusters

by Riette Rust, Eileen de Jager

Die verhale van twee vroue wat misdaadtonele skoonmaak!

Blou naaldekokers en Om die bos gelei

by Margot Long Linda Michell

Intermediêre Boek Een

Blouen Eiland

by Katrina Bowlin-Mackenzie Corlia Jones

‘n Ras van blou mense woon op ‘n eiland, hulle hou nie van mense van ander kleure nie. Hierdie boek leer dat alle mense is die moeite werd om lief te hê. Baie kleurvolle illustrasies.

Boer kry 'n Vrou

by Jan Van Staden

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

Bok, die valse koning

by Alice Nakasango Fanie Viljoen Marleen Visser

Leesboek: Langer paragrawe

Bok, Hond en Koei

by Tristan Mark Ilsley Marleen Visser

Leesboek: My Eerste Sinne

Braillorama Maart 2024

by Christo De Klerk Marie De Klerk Philip Jordaan

Monthly Magazine

Breek familievloeke: Eis jou vryheid

by Gabriel Agbo Mignionette Fair

Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.

Refine Search

Showing 51 through 75 of 602 results