Browse Results

Showing 526 through 550 of 602 results

Tel die diere

by Odette Fourie Rob Owen

Leesboek: Eerste Woorde

Tel die katte

by Tessa De Graaf Jesse Breytenbach

Leesboek: Eerste Woorde

Tenk (Afrikaans Edition)

by Pieter Stoffberg

Tentedorp en ander stories

by Jenny Seed Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde leesboek

Ter wille van Nikola (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Hoe sy ook al daarteen stry, Nikola kan nie teen haar liefde vir Stef Vermeer veg nie. Maar hy is haar bloedbroer, haar pa se ewebeeld. Daar’s groot fout, besef Nikola, en terapie is wat dalk sal help.

Tien lukrake en baie kort kortverhale: No subtitle

by Martin Lundqvist

Beskrywing van die bundel: Die bundel bevat tien lukrake kortverhale. Van die kortverhale is snaaks, ander is afgryslik, maar die meeste van die kortverhale is bloot vreemd.   Die bundel bevat die volgende kortverhale: 100 Tinder Dates Moord op die Ghan ‘n Sprokies-troue ‘n Hoëvlak-tenniswedstryd! Nuuskierigheid het die kat gered Geldwassery in die wassery Die soeke na die sluier van Pachamama Die eerste menslike kloon Die Burgemeester van Mayonnaise landgoed Onheil in die biblioteek

Toe die groot, blou bus laat was

by Anita Dall Mango Tree

Leesboek: Hardop Lees

Tonne se Genot!

by Bernard Levine

Hier is 'n versameling van snaakse maag-kielie grappies om jou kinders ure van suiwer geluk en plesier te gee.

Toring se baai

by By Author E. Kotze

Transformeer Intimiteit: Christus in U

by Dr Pensacola H. Jefferson

Hierdie boek praat oor die intimiteit wat plaasvind tussen die siel en die Gees (God en jy deur Christus), nie twee liggame nie.  As jy "een gees" met God is, is jy alreeds intiem met Hom, maar jy mag dalk nie die diepte van daardie intimiteit met Hom ervaar nie.  Laat my jou gou 'n analogie gee: as God 'n koek wou maak, sou Hy meel, suiker, botter, eiers, ens. saam gemeng het.  Wanneer daardie items of bestandele saamgevoeg of gemeng is, kan hulle nie ongemeng of onsaamgevoeg raak nie.  Hulle is NOU een.  Hierdie bestandele bly vir ewig geheg aan mekaar en saam het hulle iets heel anders geword - 'n koek.  Die wat aan God deur die Here verbind is, bly vir ewig verbind en het dus geheel en al anders geword "in" Christus - 'n NUWE SKEPPING.  Die wat tot God geheg is deur die Here, is "een gees" met Hom; 'n intimiteit met God wat letterlik 'n individu heeltemal transformeer. "... Maar wie die HERE aanhang, is EEN GEES met Hom..." (1 Korinthiërs 6:17 AFR53).  "...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE skepsel;..."  (2 Korinthiërs 5:17 AFR53).  "... die Gees van God in julle woon nie?..." (1 Korinthiërs 3:16 AFR53).  God sê:  "... WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG..." (1 Petrus 1:14-16 AFR53).  "..."...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel;..."  (2 Korinthiërs 5:17 AFR53).  "...die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword..."  (2 Korinthiërs 5:17 AFR53).  "...   En die HERE God het die mens geformeer [uit] die stof van die aarde [liggaam] en in sy neus die asem van die lewe [gees] geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel [siel] geword..." (Genesis 2:7 AFR53).   God sê:  "... na SY beeld; ... man en vrou het Hy (God, die Heilige Gees) hulle geskape..." (Genesis 1:27 AFR53).  "... En ... [God, die Heilige Gees] in sy neus die asem van die lewe [Sy "eie" Gees] ..."  (Genesis 2:7 AFR53).  "... So het dan die mens 'n lewende siel geword..."  (Genesis 2:7 AFR53).  Om tot God geheg te wees is 'n HEIL

Trap vas en was!

by Magdaleen Du Toit Rob Owen

Leesboek: Eerste Sinne

Trekdiere

by Piet Du Plessis

Die Afrikanervolk se geskiedenis is 'n roemryke geskiedenis. Dit is net jammer ons kinders leer nie meer van die geskiedenis nie. Hierdie boek is 'n poging om die Boerevolk se geskiedenis in een storieboek saam te vat. Volwassenes sowel as kinders sal die boek geniet, en daarna weer opnuut respek vir on volk se geskiedenis hê.

Tselane en die Reus

by Fanie Viljoen Catherine Groenewald

Leesboek: Langer Paragrawe

Tussen stasies

by Irma Joubert

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Tyd om te skaats

by Jacolet van den Berg

Hannah is vasgekeer ... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Totdat Lua onverwags ʼn paar ou rollerblades vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s op YouTube oor hoe om regop te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis ook haar pad. Leo leer haar blade, Ben wys vir haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Uit

by Fanie Viljoen

Vir julle wat soek. Vir julle wat wil moed opgee. En vir julle wat weet dat dit uiteindelik beter word.

Uitbarsting: Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter-misdaadroman reeks #3)

by Colleen Cross

Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!

Uittreestrategie: ’n Katerina Carter-misdaadroman deur Colleen Cross (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #1)

by Colleen Cross

Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...

Uitverkies

by Noreen Nolte

ZIA is net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk ... Dan het hulle skielik dringend voorraad nodig wat net in die Kolonie gevind kan word – agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dis Zia se kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek. Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê ... of wag daar ’n ver donkerder noodlot op haar?

uMbovane Owonqenayo

by Cebo Solombela

UMbovane owonqenayo wonqena ngeyona ndlela. Kwaye uyekelo wonke umsebenzi enziwe zezinye iimbovane. Eyona nto abalasele ngayo kukuthetha, nokuthanda ukutya. Ingaba uMbovane owonqenayo uyakuze ayeke ukonqena? Unathi Dyani (illustrator), Senzo Xulu (designer), Linda Nelani (editor).

uMtshato weNtlanzi neNkukhu

by Madoda Ndlakuse

Ubomi buyaqhubeka noba sekutheni na… Siyasanga Madyibi (illustrator), Vuyisa Ngqawani (designer), Linda Nelani (editor).

Vakansies by Ouma

by Fanie Viljoen Catherine Groenewald

Leesboek: Langer Paragrawe

Vampier Bedags (Weerwolf Snags #1)

by Vianka Van Bokkem Elaine

Elina Jensen was vervloek om soos 'n vampier bedags en weerwolf snags rond te loop, toe sy in moeder se skoot was. Elina moes nie net met haar dubbele vloek saamleef nie maar ook met haar gevoelens vir die negentienjarige Arian, Kitchi die sterk Amerikanse inboorling weerwolf, en Tristan die aantreklike vampier van Romania. Kan sy ware kiefde vind en haar menslike vriende se aanvaarding kry vir haar dubbele vloek? Of gaan sy verstoot word?

Refine Search

Showing 526 through 550 of 602 results