Browse Results

Showing 526 through 550 of 603 results

Nuwe seisoen

by Annetjie Van Tonder

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning na haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar na skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Raaiselvrou

by Annetjie Van Tonder

Emma arriveer op ’n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om ’n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer ’n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie ’n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis ’n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma ’n saak van groot belang ...

Die Kind: @@@center@@@DIE KIND

by Jan Van Tonder

Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Sing die Waarheid: Die storie van Miriam Makeba

by Claudia Tredoux Louwrisa Blaauw

Leesboek: Hardop Lees

Your Passport to South Africa (World Passport Ser.)

by Artika R. Tyner

What is it like to live in or visit South Africa? What makes South Africa’s culture unique? Explore the geography, traditions, and daily lives of South Africans.

Asiatiese Kort Verhale

by Various

Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort ve

Minder as niks (Afrikaans Edition)

by Irma Venter

Ranna03_Sondebok

by Irma Venter

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Skoenlapper

by Irma Venter

Briljant geskryf ... Venter mág maar skryf. En sy moet. – Rapport Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom, en dit kom al van lank voor sy joernalisdae af. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. En soos gewoonlik haal die chaos vir Alex in. Eers begin dit reën sender ophou, en dan spoel die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uit. Skielik blyk dit Ranna het rede om haar verlede weg te steek. Waarom anders stel die polisie in haar belang?

Skrapnel

by Irma Venter

Fiksie: Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abramson se spoor na Indië, waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna, vryskutfotograaf en Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verbrand met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê doe leidraad om 'n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Nuwe begin (Romanza)

by Linelle Venter

Op voorwaarde (Romanza)

by Linelle Venter

Lem (Afrikaans Edition)

by Peet Venter

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy 'n huursoldaat, raak betrokke by 'n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Ou bloed

by Peet Venter

Ou bloed is 'n opvolg op Dieper as die bloed wat in 2012 verskyn het. Kaptein Thys Krige se dryfveer om 'n speurder te word is die onopgeloste moord op sy pa, die gehate stormramsakeman, Albert Krige. Krige se onortodokse metodes lei hom dikwels met ompaaie na sy einddoel. Landdros Hugo Maas en Pastoor Ron Parsons word in die loop van een nag vermoor. Maas het Parsons reeds tweekeer op aanklagte van pedofilie vrygespreek op grond van onvoldoende getuienis. Krige word deur opsetlike leidrade wat die moordenaar laat na die moordtonele gelok. Hy besef die moordenaar is dieselfde geheimsinnige man wat gedurende sy ondersoeke in Dieper as die bloed met hom gekommunikeer het. Ook is dit dieselfde persoon wat die aand toe sy pa vermoor is vir hom gesê het, 'kyk dieper as die bloed'. Hy glo dit is sy pa se moordenaar. In beide Maas en Parsons se huise is kinderpornografiemateriaal wat daarop dui dat hulle pedofiele was. Twee meisies, Patsy Willems en Salome Marx, in hul vroeë tienerjare raak in verskillende dele van Pretoria vermis. Hulle word aan kinderhandelaars verkoop, en van Maputo na die Midde-Ooste verskeep. Tydens die reis kaap Somaliese seerowers die skip. Krige ontvang 'n verdere leidraad van die moordenaar; 'n DVD-opname van hoe Maas en Parsons vermoor word. Daar is ook 'n foto by van 'n meisie in haar vroeë tienerjare, en 'n nota. Die nota sê die meisie se naam is Karen, en dat sy 'ou bloed' is wat steeds roep. Krige vind uit Karen het vyftien jaar tevore vermis geraak, enkele dae voor sy pa vermoor is. Dieselfde aand toe sy pa vermoor is, is haar ontvoerders ook vermoor, maar sy het verdwyn. Slegs pornografiese materiaal van Karen en etlike ander vermiste meisies is in die vermoorde ontvoerders se huis gevind. Krige kom tot die gevolgtrekking dat Maas en Parsons se moordenaar hom wil teruglei na daardie gebeure. Hy soek na 'n verband tussen die moordenaar, Karen, sy pa, en die ontvoerders. 'n Priester, die oom van Karen Borijn en haar broer Constantin, gee hom meer inligting. Navraag by Interpol onthul dat Constantin Borijn 'n bedrewe kuberkraker en moordenaar van pedofiele is wat lank reeds gesoek word. Krige treë in verbinding met polisielede wat destyds by die ondersoek na Karen se verdwyning en die moord op haar ontvoerders betrokke was. Hy kry onder andere inligting oor Salome Marx wat onlangs vermis geraak het. Dit bring hom op die spoor van drie Libanese; twee mans en 'n vrou. Hulle het Salome geken, en was die laaste persone wat haar gesien het. Die ontvoerders van Patsy Willems word vermoor. 'n Ooggetuie vertel vir Krige dat drie mense, vermoedelik twee mans en 'n vrou, die daad gepleeg het. Hy het ook gesien hoe Patsy Willems aan kinderhandelaars verkoop word. Krige lei af dat die moord oor territoriale regte gaan. Met die inligting, die hulp van Interpol, en 'n SMS wat Maas en Parsons se moordenaar vir hom stuur, kom hy op die spoor van die kinderhandelaars, en kry hy bevestiging dat die Libanese betrokke is. Op grond daarvan lei hy af dat die Libanese gereelde verskaffers aan die kindehandelaars moet wees. Hy reël 'n klopjag op die kinderhandelaars se plek, en gaan stel self ondersoek in by die Libanese se plek. Tot sy verbasing is die geheimsinnige moordenaar van Maas en Parsons ook daar. Hy is Constantin Borijn, het Krige se selfoongesprekke afgeluister, en so sy planne agtergekom. Krige verwond hom in die skietgeveg, maar voor hy sterf dwing hy 'n bekentenis uit die Libanese vrou dat sy en die twee mans vir Albert Krige vermoor het, asook die ontvoerders van Karen. Dit is die rede waarom Borijn vir Krige teruggelok het na die verlede; om sy suster, Karen, te wreek, en vir Krige die waarheid oor Albert Krige se moord te gee. In 'n dokument wat Constantin Borijn agterlaat kom dit uit dat hy Krige se halfbroer is.

Asem

by Jan Vermeulen

’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

SOEN

by Jan Vermeulen

“ Meneer Coetzer het iets ernstigs op die hart. ” Sy pa en die hoof se oë smelt saam. “Jy is Algoa Hoër se mees voorbeeldige hoofseun in jare, Peet. Vanjaar verower jy nog die SA Beker vir Redenaars. Ons verwag van Jou minstens sewe A’s. En een vir kuns, volgens meneer Buthelezi. Jy is voorwaar ’n uiters begaafde Jongman. Maar vandag kom ek na Jou toe met 'n netelige kwessie. Jy weet waarna ek verwys.” "Ek het nie 'n idee nie, Meneer. ” Die hoof kyk so gevoelvol soos 'n skeurtandhaai na hom. “Juffrou Reynolds beweer jy het haar met die dood gedreig, Peet. Dat Jy haar met 'n mes sal doodmaak as jy haar nie Kan kry nie. ” Peet Rautenbach het 'n donker geheim: sy obsessie met die blonde juffrou Scarlett Reynolds. En die stem in sy kop. Hy hoor dit al sy lewe lank. Toe die polisie begin vrae vra oor meisies vat verdwyn en gerugte van ’n reeksmoordenaar die rondte begin doen, is die altyd voorbeeldige Peet skielik die middelpunt van die ondersoek. Hy leer ken Port Elizabeth se Goth-onderwêreld, waar die makeup en maskers meer as net die identiteit van die partytjiegangers toesmeer, en waar Peet se stem uiteindelik ’n naam kry.

Veergewig

by Jan Vermeulen

Afrikaanse Storieboek

Afkop

by Fanie Viljoen

Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

BreinBliksem

by Fanie Viljoen

Liewe leser Hierdie boek kom met ’n waarsku-wing - sien bladsy 1. Neem dit ernstig op. NIE VIR SENSITIEWE LESERS!

Eerste Bloed

by Fanie Viljoen

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. DIE WEERWOLWE WAG VIR HOM ...

Geraamte in die klas

by Fanie Viljoen

Harteliefie, ek is so bly jy het hierdie boek opgetel om te lees. Jy wil seker weet wat gebeur, nie waar nie? Goed dan, ek sal jou sê. In hierdie boek vertel een van my leerders, Stephan, hoe hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in 'n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie, want sien, die twee harteliefies moet my dan op 'n skoolbus smokkel sodat hulle op die Graadsewe-toer kan gaan. Og, die avonture wat ons beleef sal jou asem wegslaan! Daar is ook 'n geveg met 'n vreeslike seekat en 'n wilde jaagtog op 'n spoedvarkie. En moenie vergeet van ... O aarde tog, harteliefie, amper praat ek my mond verby. Jy sal maar self moet lees wat gebeur en hoe alles eindig! Baie liefies en drukkies, Juffrou Beneke Wenner van die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke en 'n ATKV-Kinderboektoekenning. Gratis onderwysersgids aflaaibaar by www.fanieviljoen.co.za

NOVA 5 EINDSPEL

by Fanie Viljoen

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

NOVA: Vuurdoop

by Fanie Viljoen

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ...Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ...Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."

NOVA Bloedbroers

by Fanie Viljoen

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

NOVA Sterreloper

by Fanie Viljoen

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Refine Search

Showing 526 through 550 of 603 results