Browse Results

Showing 551 through 575 of 603 results

Vayu, die wind

by Tharina Viljoen Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Paragrawe

Veergewig

by Jan Vermeulen

Afrikaanse Storieboek

Veertjie-goud en Wat ontgin ons nog?

by Jenny Seed Linda Michell

Huistaal Graad 5 Gegradeerde leesboek

Veldiep

by Fanie Viljoen

’n Ou, 'n meisie, en die einde van hul wêreld. Amber vra: Is ek mooi of is ek lelik? Tim se meisie breek sy hart. Nie een van hulle dink hulle sal ooit weer oukei wees nie, maar nes hartseer, kom geluk ook op onwaarskynlike maniere.

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Verborge geheime van die Joodse wêreld nou aan die lig gebring

by Bernard Levine Zelna Naudé

Verborge geheime van die Joodse wêreld nou aan die lig gebring Deur Bernard Levine Julle het vir meer gevra! So, hier is die nuwe uitgawe met opwindende geheime en onthullings oor die Joodse manier van leef. In hierdie boek word die verborge geheimenisse van die Joodse geloof (dit waarvan jy nog nie tevore gehoor het nie), ontdek en dit gaan jou ‘n beter idee gee van wat elke dag in die Joodse wêreld gebeur. Hierdie boek is vir almal wat die Jode bewonder en liefhet. Uit die diepte van my hart Bernard Levine

Verfris en Genees Uself deur Meditasie

by Brahma Kumari Pari

Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.

Vergewe, maar nie vergete nie? (Modern)

by Abby Green

“Tot my spyt moet ek erken dit behoort die moeite werd te wees om so ’n enorme bedrag te betaal om jou in my bed te kry.” Siena DePiero mag wel blou bloed hê, maar sy dink niks van haar pa se flambojante leefstyl nie. Vir haar het dit nog net ellende gebring. Maar toe die gesin se seepbel bars en die twee susters brandarm agterbly, is Siena se maagdelikheid haar enigste bate . . . Andreas Xenakis, wat jare lank wag om wraak te neem, kan nie wag om Siena in sy bed te kry nie – oorgelewer aan sy genade. Maar ná slegs een nag saam verdwyn al Andreas se vooroordele. Behoort hy Siena nie dalk jammer te kry nie . . .?

Verkleurmannetjie

by Francois Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Soos die titel al belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe werk ’n tiener se kop – en hou van hoe dit werk!

Verlief op die baas

by Madelein Stoltz

Christi Lombard sal nie soos haar voorganger verlief raak op die baas nie – sy en haar gesin het hierdie werk broodnodig. Haar baas Darius, en haar hart, hou egter nie by die reëls nie.

Verlore Dekade

by Christine Le Roux

En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Vermis

by Jeanette Stals

Toe ’n Londense ma en pa een oggend in Stellenbosch opstaan, is hulle dogter net weg uit haar kamer in die gastehuis waar hulle tuisgaan. Tieners doen sulke goed. Hierdie een is nie ’n uitsondering nie, al is sy ’n belowende violis. Maar dis gou vir speurder-sersant Luna Joubert duidelik dat hierdie meisie teen haar wil hier weggeneem is en nie gaan terugkeer nie. Dit is net die begin van ’n nagmerrie vir die twee ouers en die meisie. Luna maak nie op instink staat nie – altans, nie net daarop nie – maar iets omtrent die ouers se beste vriend in hierdie stad is ook nie pluis nie. Of is dit met die vriend en die ma wat die fout is? Hoekom het die verdwene meisiekind se ouers nie geweet van haar nagtelike besoekie die aand voor sy weggeraak het nie en het hulle inderdaad nie geweet nie? Toe moetiemoorde en seksslaafhandelaars genoem word, blyk dit die werklikheid kan veel erger as bespiegelings wees ... Jeanette Stals het ná ligter romans haar hand beproef aan die speurroman. Vermis volg op Katoog, waarin Luna haar verskyning gemaak het. Die volgehoue spanning en aksie in Stals se speurromans hou haar leser gevange van begin tot einde.

Verskuilde liefde

by Christine Le Roux

In Verskuilde liefde is Edmund Wiese weer tuis ná sy broer, Fanie, se dood. Tot sy verbasing is hy ’n oom van ’n tweeling en skuldgevoelens begin weer aan hom knaag. Hy kan sien dat sy skoonsuster sukkel om kop bo water te hou met twee babas. Edmund se loopbaan was sy enigste prioriteit; is veertig te oud om van mening te verander?

Vertel my nou ...! Hartseer en gelukkig

by Nicoleen Swindon Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Woorde

Vertel my Nou ... van Kleure!

by Carla-Mari de Bruyn Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Woorde

Vier briewe vir Jan Ellis

by Steve Hofmeyr

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n onskuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.

Vir altyd

by François Bloemhof

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is? Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.

Vir die voëls

by François Bloemhof

Vorms & Kleure vir Kinders Ingesluit is ses, vyf en agt kante

by Amber Richards Liezl Dreyer

Dankie dat julle vir die jong kinders in julle lewens lees. As ouma en ma, het ek agter gekom ek leer kinders van basiese vorms en kleure. Ek is nie seker hoekom ek net daar gestop het nie, maar dit lyk maar soos 'n algemene verskynsel.

Vreesloos

by Christien Neser

Vreesloos? Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stem- pel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Vrese van 'n jong moeder

by Dr Gilbert Adimora Adri De Necker

Die boek is geskryf vir jong ouers, veral die wat nog nie ervare is in die kuns van moederskap om te help om die angs te verlig wat die geboorte en die sorg van ‘n pasgebore baba volg totdat hulle een jaar oud is. Al lyk dit of die titel op moeders fokus, word vaders nie uitgesluit nie en met ook deur hierdie boek gaan omdat hulle ook betrokke is in die bekommernis en begeleidende slapelose nagte. Babas is veronderstel om ‘n gewensde geskenk van God te wees en ‘n bondel vreugte en geluk aan hulle ouers, maar dikwels is hierdie vreugde afgekap deur angs as gevolg van die tekort aan kennis, ‘ou vrou stories’,mites en kulturele gelowe wat dikwels nie baie akkuraat is nie, en stuur dan die jong ouers van plek tot plek in die soeke na oplossings. Snaaks genoeg, meeste bekommernisse is gewonlik ‘n normale proses wat moet gebeur soos wat die nuutgeborene aanpas by die lewe buite die baarmoeder. Party is klein probleempies wat opgelos kan word deur ‘n Pediater of ‘n goeie Huisdokter dikwels deur berading, en bring ‘n gewensde verligting en ‘n ontspanne omgewing in die huis. ‘n Reis na die verkeerde plek of die verkeerde raad van verkeerde mense, kan nie net permanent die kind beskadig nie , maar kan ook lei tot die ondergang van die pasgeborenne of baba met baie rou in die familie. Die feite in hierdie boek is saamgesit om hierdie jong ouers te help om die kennis te kry wat hulle nodig het om hulle pasgebore babas te kan hanteer, om angstigheid te verlig en om goeie gepasde maatreëls toe te pas wat sal help dat die babas ‘n gesonde begin geniet. Dit is ‘n resultaat van baie jare se oefening in kinder gesondheid in beide publieke en private hospital omgewings. Dit sal baie vrae antwoord wat deur jong moeders aan konsultasie pediaters,ander dokters,verpleegsters of ander gesondheids praktisyne gestel word, en soms kwaksalwers oor die sake wat hulle nie nodig het om oor bekommerd te wees nie of uitgesor

Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde

by Annerie Katrina Kahler

As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.

Refine Search

Showing 551 through 575 of 603 results