Browse Results

Showing 576 through 600 of 603 results

Amper 'n bruid

by Magdaleen Walters

Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

Elf Dae in New York

by Elizabeth Wasserman

Eendag. me so lank gelede me. was daar 'n meisie wie se pa haar na 'n veraf towerstad gestuur het om saam met haar nare stiefma by haar gemene stiefsuster te gaan kuier. Frances het haar nuwe stiefsussie eintlik nog maar min gesien. Amie studeer in New York aan die beroemde Parsons School of Design en haar internskap by die ontwerper Daniel is die begin van haar modeloopbaan, glo sy. Totdat twaalf van Daniel se couture-rokke voor die glansbekendstelling “ontvoer” word. Op die spoor van leidrade om die rokke te vind, ontdek Frances 'n New York soos dit in geen reisgids beskryf word me. Elf dae, twaalf rokke ... En ʼn ridder op 'n fiets

Elf Dae in Oxford

by Elizabeth Wasserman

Alycia het skaars op Heathrow-lughawe deur doeanekontrole beweeg, of sy kry ’n video-oproep van haar suster, Inez, uit Oxford. “Maak gou, Besem. Dump tannie Aggie en kom direk Oxford toe. Nou. Dadelik!” “Maar my bagasie-” “Stuff jou bagasie. Ek kan sien waar jy is – ek track jou. Stap reguit aan, draai links en volg die bordjies met die bus op. Daar is ’n bus wat oor sewe minute vertrek. Jy moet jou stert roer!” Maar toe hulle op Gloucester Green-busstasie in Oxford aankom, is haar suster nêrens in sig nie. Sy het darem Inez se adres en ’n nuwe kaart-app wat die vriendelike Siya op die bus vir haar op haar foon gelaai het. Waarom sou Inez haar so dringend hier wou hé? En die kaart- app met sy Alice in Wonderland-tema, wat het dit met Oxford, en met háár, te doen? Vreemder en vreemder ... Gou tuimel Alycia, nes Alice, af in ’n konyngat na 'n andersoortige Wonderland. Deur die skrywer van die topverkoper Elf dae in Parys, wenner van 'n ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Elf Dae In Parys

by Elizabeth Wasserman

“Kyk!" sê Luc. "Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem 'Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre." Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied. Emma is me veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig ... en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool. wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie? Fantasie. liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.

Elf Dae Op 'n Eiland

by Elizabeth Wasserman

Danika beweeg soos ʼn zombie saam met die tou mense by die inweegtoonbank en deur sekuriteit. Sy voel heeltemal alleen. Sy vind haar sitplek op die vliegtuig en druk haar oorfone in haar ore. Musiek is haar geselskap. Sy baklei met die vreesagtige gedagtes wat haar wil oorweldig. Dis beter om op positiewe dinge te konsentreer. Sy blaai deur die glanstydskrif in die sakkie teen die rugkant van die sitplek voor haar. Daar is ’n foto van ʼn eiland: groen palmbome teen ’n skelblou see en 'n poeierwit strand. Hoe sal dit voel om jou tone in die warm sand te druk? Die lugwaardin bring ’n skinkbord met ʼn broodjie. ’n vrug en ʼn sap. Pynappel. Haar playlist speel 'n liedjie met ’n reggae-ritme. Sy weier om opgewonde te raak. Sal haar pa haar op die lughawe ontmoet? Wat sê 'n mens as jy jou pa vir die eerste keer in sestien jaar sien? Deur die skrywee van die topverkoper Elf dae in Parys. wenner van ʼn ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Op 'N Stormsee: Ware Verhale Van Suid-Afrikaanse Seereddings

by Tony Weaver Andrew Ingram

Die waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die faktore wat mense in lewensgevaar laat beland en soms tot tragedies lei. Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander mense te red. Hulle sal dikwels in gure weer en in die donker en ysige koue uitvaar en alles in hul vermoë doen om mense veilig terug te bring. Die boek bevat ’n versameling stories oor waagmoedige reddingspogings gevul met drama en gevaar. Van brandende skepe tot haaiaanvalle en sinkende vistreilers – dit is die verhaal van die mens se ewige stryd teen die see.

Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte

by Vicky Wells Geoff Wells Corlia Jones

Ons is dol oor prutpot etes want hulle is maklik, gerieflik en lekker. Nog beter is prutpot etes wat jou help om gewig te verloor en gesond te word en bly. Jy sal vind dat wanneer jy 'n vegetariese or vegan dieet volg, jy 'n baie meer voedingstof-digte voedsel eet terwyl jou kalorieë baie laag gehou word. Dit is nie te sê dat ALLE vegan en vegetariese kos lae-kalorie is nie. Jy sal nogsteeds jou inname van vette en hoër kalorie kosse moet dophou, maar jy sal ook vind dat jy die "versadige" gevoel langer behou omdat jou liggaam meer van die noodsaaklike voedingstowwe opneem. Sommige van die resepte is goed vir detox en hulle is sodanig gemerk. Al die resepte Is vegetaries of vegan en meeste van hulle sal ook help met gewigsverlies. Party van die nagereg resepte is 'n bietjie hoër in kalorieë so gebruik dit spaarsamig.

Lisa se geheim (Romanza)

by Lizelle Von Wielligh

Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.

Liefde in die tyd van Corona (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

E-rotika liefdesverhaal.

Om Weer Te Droom

by Elsa Winckler

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Omdat alles sin maak by jou (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir ’n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin.

Omdat jy jy is (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oë nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap …

Omdat jy my gesoen het (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.

Omdat jy my liefhet

by Elsa Winckler

Livie Mulder moet vir 'n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling nie, maar sy benodig die erfporsie om 'n belangrike droom te verwesenlik. Op die dorp moet die handyman Bart Coetzee haar telkemale uit 'n penarie red. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Hoekom moet hy dan juis só dodelik aantreklik wees? Bart het egter Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal Bart kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir 'n toekoms saam met hom. Satyn ... want die hart het ook begeertes

Ware noord

by Elsa Winckler

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Ivoor (Afrikaans Edition)

by Jaco Wolmarans

’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40. Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help. Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ’n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

Ridder vir Jenny (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Jenny kies ’n houthuisie op Seehondbaai om haar eerste roman te gaan skryf. Sy vorder egter nie juis nadat sy en ’n te aantreklike man se paaie gekruis het nie. Is hy regtig getroud?

Ter wille van Nikola (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Hoe sy ook al daarteen stry, Nikola kan nie teen haar liefde vir Stef Vermeer veg nie. Maar hy is haar bloedbroer, haar pa se ewebeeld. Daar’s groot fout, besef Nikola, en terapie is wat dalk sal help.

Elikser

by Frenette Van Wyk

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese druip van ... betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy die enfleurage leer doen, en sy honde het boonop ’n eie, duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan in haar en Sterling se pad om betyds die elikser vir haar ma te maak ...

Die krokodil in my lyf

by Xiancha Felicity Bell

Leesboek: Hardop Lees

Die Griek se bevryding (Modern Book 1) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

DIS presies wat sy gedoen het. Dag vir dag het Elle hom gewys hoe lief sy hom het. En hy het sonder huiwering sy hart vir haar oopgestel. Apollo was ongelooflik trots op Elle die dag toe sy haar graad behaal en as die topstudent van die regsgroep aangewys is. Hy was in die gehoor om haar toe te juig. Sy hart wou bars van trots toe sy op die verhoog stap terwyl hy met hulle dogter op sy skoot en die nuwe baba in die waai van sy arm gesit het. Hy was oneindig trots op haar besluit om haar drome na te jaag. Omdat sy haar vasberade geaardheid en skerp tong wou inspan om ander te help. Na sy mening is sy die beste regspraktisyn in die stad New York, ’n kampvegter vir vroue in moeilike omstandighede en vir kinders aan wie die een of ander onreg gepleeg is. As iemand destyds ná hulle troue sou sê hy sal in die loop van die volgende dekade vir Elle nog liewer word, sou hy die persoon uitgelag het. Niemand was immers tot groter liefde in staat as juis hy op hulle troudag nie, sou hy kon byvoeg. Maar mettertyd het hy ontdek hoe diep, hoe ruim liefde kan word. Elke jaar, elke kind, elke prestasie en elke mislukking voeg nog ’n tikkie struktuur en oorvloed by sy gevoel vir haar. Op die aand van hulle tiende huweliksherdenking kom Elle van die werk af tuis, uitgeput en omgekrap, waarskynlik omdat die saak waaraan sy tans werk so moeilik is. Sonder ’n woord neem hy haar in sy arms. Sy leun teen hom aan om krag by hom te put. “Ek’s bly jy kon betyds wegkom, Elle.” “Natuurlik. Ek wil vanaand nêrens anders wees nie.” Sy kyk glimlaggend op in sy gesig. “Is die kleingoed klaar versorg?” “Ja, ek dink Alethea lees vir hulle ’n slaaptydstorie. Maar sy’s nie ’n kinderoppasser nie, hoor. Sy het dit uitdruklik vir my gesê voor sy met die tweetjies hier uit is. Dis nou nadat sy tydens aandete by hulle geneul het om hulle groente te eet.” Elle bars uit van die lag. “Ek hoor jou.” “En môre sal David en my ma die kinders vir die naweek kom haal. Hulle gun ons ’n bietjie alleentyd.” “Dis gaaf van hulle.” “In der daad.” Hy streel met sy duim oor haar wang. “Sien jy kans om vanaand uit te gaan?” Hy betrag die dowwe skadu’s onder haar oë. “Of wil jy liewer hier bly?” “Dit sal lekker wees om uit te gaan. Ek spog graag met my wonderlike wederhelf.” “Ek glo nie jy’s gretiger as ek om met my verruklike vrou te gaan spog nie.” “Daaroor kan ons later redekawel.” Sy sug lank en tevrede. “Ons is al oor die tien jaar saam. Dis darem ongelooflik hoe drasties die afgelope dekade van die vorige een verskil.” “Praat jy nou van die een waar ons mekaar begeer het, maar onsself sowaar die voorreg ontneem het om saam te wees?” “Ja. Die joos alleen weet waarvoor ons so bang was, of waarom ons gewag het.” “Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer glo ek ons het gewag totdat ons dapper genoeg kon wees, genoeg kon gee, mekaar op die regte manier kon liefhê. As ek jou gesoen het toe ek twintig was, sou ek net later van alles ’n gemors gemaak het. Ek sou nie die man gewees het wat jou kon ondersteun sodat jy jou doel kon bereik nie.” Sy knik stadig. “Ek twyfel of ek destyds al my drome sou kon najaag.” “Mag ek jou ’n geheim vertel, Elle?” Sy knik. “Ja, sê gerus.” “Ek’s dankbaar vir wat ons het. Ek koester en waardeer dit. Ek geniet my werk. Ek’s trots op joune. Maar jý is my eintlike droom.” Elle glimlag. Haar uitputting verdamp en haar oë swem in die trane. “Ai, Apollo. Jy’s my droom ook.” Sy gaan staan op haar tone en soen hom, en dis weer soos die eerste keer. Elke keer is vir haar soos die heel eerste keer. “Altemit moet ons tog maar by die huis bly,” sê hy. Sy glimlag ondeund. “Ja, ek dink ook dit sal die beste wees.”

Een Nag in Die Paradys

by Maisey Yates

CLARA PARSONS kyk na die grootliks ongeëte koek. Drie lae met blou versiersel wat net ’n paar uur gelede perfek glad was voordat twee mollige handjies hande vol uit die kant gegrawe het. “Dis die mees oordadige koek wat ek nog ooit op ’n eenjarige se verjaardagparty gesien het,” sê Zack, en betrag die krummels wat die kombuisvloer vol lê. “Ek dink nie Colton het die helfte daarvan geëet nie. Hy het meestal daarmee gemors.” “Dis wat ’n kleintjie doen, Zack.” “Hy slaap. Ek dink ons het hom in ’n suikerkoma gesit. In elk geval, mens kry seker net een eerste verjaarsdag. Jy kan dan net so wel laat waai.” Clara kyk weer na die koek. “Dit laat my dink aan ’n ander koek wat ek gebak het en wat nie regtig geëet is nie. ’n Troukoek.” “Ek is steeds baie dankbaar daardie een is nooit gebruik vir die doel waarvoor dit bestem was nie.” “O, ek ook. Want dan het ons nie ons troukoek, of ons troue, gehad nie.” “Of ons seun,” sê Zack. “Alles in ag genome, was dit dus ’n taamlik belangrike ongeëte koek.” Zack kom nader en trek haar teen sy lyf. Dan laat rus hy sy voorkop teen hare. Soos altyd wanneer sy na hom kyk, gaan staan haar hart ’n oomblik. Dit was so van die oomblik dat sy hom ontmoet het. “Heelwat het sedert daardie dag verander,” sê hy en druk ’n soen op haar lippe. “Sommer baie,” stem sy saam. “Weet jy wat het dieselfde gebly?” “Wat?” “Jy is steeds my beste vriendin.” Sy soen hom, hierdie keer inniger en haar borskas swel van liefde. “Jy is ook my beste vriend.”

Een nag se waagstuk (Modern) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

“DIT was ’n pragtige troue,” sê Leah. “En dit het uiteindelik plaasgevind,” voeg Ajax by. “Jy is so sensitief soos ’n stomp voorwerp,” sê Leah terwyl sy breed vir haar man glimlag. Ajax haal sy skouers op en draai na Alex wat ’n pak aanhet, sy das losgeknoop en sy twee maande oue seun in sy arms. “Is ek onsensitief, broertjie?” Alex haal sy skouers op en kyk na sy seun. Liam het vrede daarmee dat sy ouers so pas getroud is. Alex se hart swel van liefde en trots, bly dat sy seun soveel familielede het wat hom liefhet. “Ja, maar dis deel van jou sjarme.” “Moenie hom aanmoedig nie, Alex,” sê Leah. Rachel keer terug, ingehaak by haar pa. Hulle het nou net klaar gedans en Rachel straal behoorlik. Haar lyf is voller as voor die geboorte, haar wange rond. Hy is mal daaroor. “Hoe lekker,” sê Joseph Holt, “om al my kinders en my kleinseun saam op een plek te hê.” Alex se hart klop warm. “Ja, dit is.” “Kan ek my kleinseun vir ’n oomblik steel?” vra Joseph. “Ek verruil jou bruid vir hom.” “Reg so.” Hy oorhandig Liam aan die ouer man, neem Rachel se hand en lei haar op die dansvloer. “Hierdie troue is baie meer jy,” sê hy en kyk na die eenvoudige dekor. Na die helder kleure. Dit spreek van geluk. Net soos sy vrou. “Ja,” sê sy. “Maar saam met jou is ek ook baie meer myself.” Hy soen haar neus. “Ek is bly. Dis wonderlik wat kan gebeur as ’n mens liefde begin verstaan. Wanneer jy woede daarmee vervang.” “Ek is bly jy het, Alex, want jy het soveel liefde om te gee.” “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie,” sê hy, sy vrou in sy arms en sy seun naby. “Dan het ons ’n nuwe doelwit,” sê sy. “Wat is dit?” “Om elke dag selfs meer geluk te vind.” “Saam met jou, Rachel, sal dit nie moeilik wees nie.”

Sing Ons Nou Van Kersfees

by Michael D Young Petro Ebersohn

Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.

Fluistering in die Wind

by Paul Zunckel

Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.

Refine Search

Showing 576 through 600 of 603 results