Browse Results

Showing 151 through 175 of 602 results

Vayu, die wind

by Tharina Viljoen Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Paragrawe

Tamara begin skoolgaan

by Fanie Viljoen Jacob Kono

Leesboek: Eerste Paragrawe

Toe die groot, blou bus laat was

by Anita Dall Mango Tree

Leesboek: Hardop Lees

Skelm Jakkals kul vir dom Donkie

by Laura Latham Benjamin Mitchley

Leesboek: Langer Paragrawe

Skilpad Soek Sy Huis

by Maya Fowler Katrin Coetzer

Leesboek: Eerste Paragrawe

Vakansies by Ouma

by Fanie Viljoen Catherine Groenewald

Leesboek: Langer Paragrawe

Braillorama Maart 2024

by Christo De Klerk Marie De Klerk Philip Jordaan

Monthly Magazine

Eva's Eye: An Inspector Sejer Mystery

by Karin Fossum

"No one can thoroughly chill the blood the way Karin Fossum can. " --Los Angeles Times Eva Magnus and her daughter are out walking by the river when a man's body floats to the water's surface. Eva goes to call the police, but when she reaches the phone, she dials another number altogether. The police find the body anyway Inspector Sejer and his team quickly determine that the man, Egil, died in a violent attack. But Egil has been missing for months and the trail to his killer is cold. It's as puzzling as another unsolved case on Sejer's desk: the murder of a prostitute, found dead just before Egil went missing. Sejer sets to work piecing together these two impossible cases; it's not long before he realizes that they aren't as separate as they previously seemed. "Fossum crafts remarkably incisive psychological suspense: novels that carry the headlong momentum of thrillers and the acuity and weight of literary fiction. " --Washington Post

Gam Se Tjind (Afrikaans Edition)

by Aubrey Cloete

Die ongekende pyn en gevolge wat misdaad op kinders laat, is absoluut hartverskeurend. Die slagoffers bly in ’n tronksel waarvan die oortreder alleenreg tot die sleutel besit. Soveel mag oor ’n ander siel is verbysterend. Terence Jacobs verteenwoordig miljoene daarbuite wat deur die poorte van die hel getrek word ongeag die uitkoms en treurige gevolge waartoe dit later lei. Hoe onregverdig dat sulke dade enigsins toegelaat word om plaas te vind! Veral binne die ruimte wat veronderstel is om sekuriteit en veiligheid te waarborg. Hoe kry die oortreders van sulke walglike dade dit reg om onverstoord aan te gaan met hul lewens ongeag die onoorkomlike letsels wat hul agterlaat by hul slagoffers?In “Gam se tjind” word die leser op ’n reis van geluk, hartstog, intense pyn en uiteindelik aanvaarding geneem. Die slagoffer vind ‘n manier om die onvermydelike en onomkeerbare te hanteer en ná ‘n paradigma skuif- uiteindelik bevryding vind.

Die Donkerhoek-driehoek: @@@center@@@Speur Tersia Thom 2 TERSIA THOM IN Die Donkerhoek-driehoek

by Martie Preller

Wat sal jy doen as 'n rustige naweekkuier saam met jou beste vriende skielik in 'n ontvoeringsdrama ontaard? As onskuldige mense om jou aangeval word, en die een raaiselagtige ding ná die ander gebeur, maar niemand kan agterkom wat aangaan nie? En as daar boonop 'n aantreklike blondine op die toneel verskyn wat oë het net vir jou kêrel? As jy Tersia Thom is, hou jy jou lyf speurder, begin jy mense dophou en afleidings maak ... en vat jy die blondine aan!

BAAS VAN BABILON

by Ena Murray

’n Blitshuwelik, erfgrond, twee broers – Deon die losbol teenoor die stil, sterk Calvyn met die bitter hart – en ʼn onskuldige meisie wat as nuwe bruid op die plaas nie aanvaar word nie omdat sy nie met “agtergrond” en status kan spog nie. Dis enkele van die elemente van dié komplekse familiedrama. Sal Babilon, spogplaas van die hovaardige De Ridders, vir Salome net ʼn tussenspel wees? Sal sy haar siel behou op hierdie tradisieryke erfgrond waarin die bitterheid, haat en tweespalt soveel diep onstuimige rivierlope uitgekerf het?

Omnibus 21

by Ena Murray

Señor die seerower Toe verpleegsuster Andrea Smit ’n allemintige bedrag in ’n blokraaiselwedstryd wen, het sy nooit kon droom hoe ingrypend dit haar lewe sou verander nie. Sy was aanvanklik vas van plan om met haar beroep voort te gaan, maar toe haar kollegas bly lol om geld te wil leen, raak die hospitaal vir haar te klein. Toe haar swerwerpa kort daarna op haar drumpel verskyn en haar nooi om hom op een van sy avontuurtogte te vergesel, willig sy in – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; dat sy ’n skynverhouding met hom sal aanknoop en sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland ... Die vreemde weë waarop geld, die sug na roem en veral die liefde ’n mens se lewe kan lei, is die tema van hierdie lekkerleesverhaal. Junior in saal 7 Leerlingverpleegster Louwrinda Kemp is siek en sat van haar man-mal kollegas se aanhoudende geterg omdat sy nie ’n vaste kêrel het nie. Sy besluit om hul monde eens en vir altyd te snoer – met ’n foto van Oumatjie se kleinseun wat sy aan hulle voorhou as haar sleep wat in die buiteland studeer. Toe die mooie man op die foto egter kort daarna in lewende lywe voor haar staan as die nuwe professor in verloskunde, weet sy nie hoe om haar uit dié benarde situasie te wikkel nie. Binne ’n dag versprei die nuus soos ’n veldbrand deur die groot stadshospitaal dat die junior in saal 7 ’n verhouding het met die uiters aantreklike professor Len Landman. Hoe Louwrinda ook al die vlamme probeer doodslaan, dit help alles niks. En kort voor lank besef sy dat daar ’n ander soort vuur haar binneste begin brand het ... Junior in saal 7 is ’n speelse hospitaalroman vol heerlike komiese momente. Kaalvoet Katryntjie Katryn Klem sou ná haar pa se dood veel eerder saam met die klein haasbek Poens op Skaars-van-als verhongerde katte en honde wou vet voer, afpootduiwe vertroetel en meerkatte uit slagysters red, maar haar hovaardige voog, Festus Dumas, het ander planne. Met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy by hom in sy deftige stadshuis moet kom bly – want, meen hy, dié kaalvoet mensie wat nie ’n dag ouer as sestien lyk nie, het vaderlike toesig nodig. Sommer vir die grap laat Katryn toe dat Festus dink sy is ’n blote kind. Maar dié grap boemerang sodat sy later glad nie meer kan erken dat sy nie ’n giggelende tiener is nie, maar ’n gekwalifiseerde verpleegster van twintig. Sy moet die rol van kaalvoet Katryn bly speel, en met ’n hart wat pyn van haar onverklaarde liefde, moet sy toekyk hoe die listige Shirley Rossouw haar voog probeer verlei ... Kaalvoet Katryntjie is ’n verhaal wat mens plek-plek laat skater, maar wat die leser ook diep sal laat nadink oor die dinge wat werklik waarde het in die lewe.

Amper Einstein (Afrikaans Edition)

by Christien Neser

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel. Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Keur 11

by Susanna M. Lingua

Plesierengel

by Leon Van Nierop

Elke plesier het sy prys … Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ’n man wat R15 000 per nag vra en soveel genot verskaf aan die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in ’n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. ’n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet? Plesierengel is ’n nuwe, aangepaste weergawe van Leon Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwater-warm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur … Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.

KAMP-HOER: @@@center@@@KAMP- HOER

by Francois Smith

it is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het ... ? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Pad na jou hart

by François Bloemhof

Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

As Liefde Ontwaak (Satyn)

by Elsa Hamersma

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te help nie ... Maar sal Meyer ooit die tragiese dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?

Boer kry 'n Vrou

by Jan Van Staden

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

Elf Dae In Parys

by Elizabeth Wasserman

“Kyk!" sê Luc. "Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem 'Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre." Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied. Emma is me veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig ... en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool. wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie? Fantasie. liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.

DIE POORT: boek 1 – BEWAKERS

by Nelia Engelbrecht

"Die poort is oop." Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar lewers in 'n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. "Jy het haar ook gesien," sê sy. "Hulle het haar kom haal." Sy trek haar ogies nog kleiner "Die stomme baba Hy gaan nou sonder ʼn ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. 'n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. "Ek weet nie wat Tannie ..." 'Jy wéét," val sy my in die rede. "Jy sién. Nes ek." Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 2 – REISIGERS

by Nelia Engelbrecht

Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit? Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 3 – HELERS

by Nelia Engelbrecht

Dan glimlag Leonardo. "Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het. ek sal moot na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is." Hy begin wegstap. "Kom jy, Kali?" roep hy oor sy skouer. "Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lug ha we toe ry nie." Ek soen Zak sag op sy wang. "Ek mis jou al klaar." Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. "Kali, ek is het vir jou en ek sal nie toelaat dat iets ..." Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug ... of iemand tussen ons kom nie." "Niks sal ooit tussen ons kom nie. Zak." is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

DIE POORT: boek 4 – KRYGERS

by Nelia Engelbrecht

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het. het ek mag oor jou." Hy kyk minagtend na Leonardo: “Julle emosies is julle swakheid: julle ondergang." Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. 'n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig Ek knip my oë en die pers verdwyn. "Om vir mekaar om te gee. maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is me 'n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry me.' Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit 'n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewaker-kring vir altyd kan vernietig.

BreinBliksem

by Fanie Viljoen

Liewe leser Hierdie boek kom met ’n waarsku-wing - sien bladsy 1. Neem dit ernstig op. NIE VIR SENSITIEWE LESERS!

Refine Search

Showing 151 through 175 of 602 results